6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -37 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Laeveld slow go

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Volgende dinsdag die 23 Januarie vertrek  ek uit petrol dorp so 03H00 noem dit maar n slow go niks jaag toer en tot so 20 km voor die JG Strydom tonnel aan jou linker kant waar ek vir  twee dae by Oppie plaas innie bos gaan kamp alleen met my Howling moon dome tent kamp Berdien werk ongelukkig kon nie afkry nie na hulle personnel verminder is innie planning kantoor van haar. Sien uit na die skoon lug die stap innie bos die bokke wat kom suip by water en daai silver jakkels wat skree en roep innie nag sien baie uit daarna dan gaan ek die 25 Januarie vir my ma in Phalaborwa kuier en sien hoe dit gaan na haar dubbel mistektomie hoop woord is reg gespel. mooi loop

Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/01/2024 - 12:25

...niks jou jaag nie, "slow go", moet jy dalk eerder so bietjie later vertrek. Half vyf klink beter, want dan kan jy sien wat in pad gegooi is, of nie.

Wat wil jy sukkel met dome tent, jy het mos 'n goed toegeruste trokkie, met daktent en alles wat 'n rowwe ou se hart begeer.

Ek hoop dat dit alles wel is met jou ma, en dat sy volkome sal herstel. 

Secunda

Sleep nou

Wed, 17/01/2024 - 13:57

Wessel, Berdien ry met die Ranger werk toe en terug ons gaan binnekort die bakkie gebruik vir n 5 dae toer sal dan video clip en fotos neem en deel so ek slaan die dome tent op hy is gelukkig vinnig om op te slaan , Hennie en oom neef Herman ek gaan dit geniet 

Vaalpark

Johann L

Thu, 18/01/2024 - 15:28

Shaun, jy moet die "stadig gaan"  geniet, mens moet soms so stadig die lewe vat en besin, nadenk en sommer kop skoon maak.👍

Glo en vertrou dat jou ma, 'n yster van 'n vrou, wel is.🙏

Secunda

Sleep nou

Fri, 19/01/2024 - 08:41

Ek het die rus nodig laaste 6 maande veral Desember 2023 bitter besig by werk gewees ek vertrou my ma is wel en gesond sal self sien as ek daar is 

Vaalpark

Johann L

Mon, 29/01/2024 - 10:10

Môre Shaun bly jy het dit geniet, ons wag vir die fotos met die storieyes

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus