Herman...
...het ook daaraan gedink, maar die regering het die veto-reg gebruik. Hoe brand/skroei bestand is hardboard? Die skerm gaan naby aan branders verby, as dit vol oop is, en 'n pot op het.
Ek het net na stemming plaasgevind het, gou die takie gaan insit by woonwa-vriend. Kan later die week gaan haal, en sal dan 'n foto neem.
Hier is my skerm waarna ek…
Hier is my skerm waarna ek verwys het. Is dalk effe hoog vir Wessel se doeleindes maar maklik om 'n laer ene te maak, laat net die alu plaat sny. Die skerm is geensins "flimsy" nie, en roes uiteraard nie (behalwe die sagtestaal skarniere, maar die word binnekort met vlekvrye staal vervang). Hoop dit help (neem net 'n Saterdag oggend om te maak!)

Netjies
Netjiese skerm. Ek sien op die foto daar word ook baie met klip gebou. Mooi muur daar agter.
Meeste estetiese bouwerk doen ek met klip. Het 3 maniere van bou. Een lyk soos droog gepak, my gunsteling, of word gejoint, soos baksteen, of dan ge- dress, waar die klip in shape gekap word.
Belangrik by klip bou is dat die klip altyd in " angle of repose" neergesit word, anders pla dit die oog.
Wessel, nou het jou draad my bydrae tot Kavango raad gekry. Verder het ek niks om te deel nie.![]()
Dankie Herman, my erf het…
Dankie Herman, my erf het sulke klipmure reg rondom. Staan hier bekend as "Irene klip" wat in die omgewing voorkom. As mens deur Irene ry (terloops Slim Jan Smuts se outydse sink muur huis is net in die pad af) sien mens dat meeste erwe met sulke klipmure spog...hier is heelwat bouers wie se spesialiteit dit is om met die klip te bou.
windskerm om stoofplate
Middag vriende en almal wat in Kaap bly ook
Ek het vanoggend my windskerms gaan haal. Ek dink dit kan goed werk. Eers foto van stoofplate sonder die skerms. Op 2de foto is die skerms bygesit.
Nee ah, Wessel! Ek het dan…
Nee ah, Wessel! Ek het dan al die moeite gedoen om vir jou te wys hoe 'n storm bestande skerm daar moet uitsien? Lyk my Skelmbos het nagelaat om julle fisika studente te leer hoe om SKERMS te maak ![]()
Grootwind...
dis die verskil tussen fisika- en elektriese ingenieurswese- afgetredenes, ek wil net 'n pappotjie gaar kry, NIE 'n hele skaap spitbraai nie.![]()
Boonop moet ek die sleepbeperking van ou Grompie respekteer.
Nou gaan neef ń tipiese…
Nou gaan neef ń tipiese Wessel aanmerking maak. " is jy nie bekommerd oor die plastiek skarniere nie" hahaha
Anders lyk dit netjies.
Of jy kon die joppie eerste…
Of jy kon die joppie eerste keer reg gedoen het! Sorrie, vergeet dis wat enjineers geleer word, dink in die fisika klas leer hulle om die joppie oor en oor te doen tot dit reg is
(moenie stres nie, ekke terg net!). Terloops in daai snaakse reeks Big Bang Theory is almal PhD fisici, behalwe een ou wat 'n M enjineer is, sy fisici kollegas verwys na hom as hulle "semi-geskoolde kollega"! (sien ek kan ook vir myself lag!)...Geniet daai skerm.
Herman, Grootwind
Geagte vriende [?], ek wil u net meedeel dat ek aanvanklik die projek op kontrak en tender basis wou uitsit. Aangesien ek 'n eerbare landsburger is, en nie onderdeur die plastiese kamptafel korrupsie wil pleeg nie, kon ek geen tender toestaan nie.
Dit het my genoodsaak om iemand wat wel met Allie kan werk, te nader. Die ou het tussen sy bouprojekte, 'n tydjie afgeknyp om uit sy afvalmateriaal die skermpies te maak. Dit het my nie 'n arm en 'n been gekos nie, seker maar net die plastiese skaniere.
Vir my wat nie eers 'n poprivet gun besit nie, was dit 'n groot guns.
Stukkie masking tape.
Bly dat jy nie ons vriendskap bevraagteken nie Wessel.
.
Kan ek voorstel dat jy dalk n klein rolletjie maskeerband in die toolboksie gooi. Dit is nou vir net ingeval die skarniere wel, miskien,moontlik, moeilikheid gee. Dan plak jy op die agterkant jou masking tape vas, en siedaar, jy kook verder. En...jy sal Marie baie beïndruk met die McGyver plan ![]()
.
Baie netjies Wessel, nou…
Baie netjies Wessel, nou moet jy net die os op sit vir die spitbraai (okay die os stert)![]()
Reeds ingepak...
....alles wat kan plak en vasmaak, spooksnot, maskeerband, kabelbinders, binddraad, hegpleister, jy noem dit.
Ek het mos sommer die verdomde kragprop, vir die wa se kragprop, se 1 oor aan bakkie se kant afgebreek. Dus het ek die hele gedoente ,, nadat ek ingeprop het, in 'n halwe rol maskeerband toegedraai, en van Aldam oord tot by die huis, so gesleep.
Kyk, ou Grootbek, ag ek bedoel Grootwind
[tikfout] kan maar spot met wetenskaplikes, by Necsa het ons 'n reputasie gehad dat ons alles regplak met maskeerband. Die goed is so taai, jy kon 'n neutron daarmee vasvang.
Nou het ek al alles gehoor,…
Nou het ek al alles gehoor, jy besit nie eers 'n poprivetter nie
Nee nog nie....
...Grootwind.
Ek het darem 'n boor, 'n multimeter en 'n CTEC-batterylaaier. Ek is dus gladnie toegerus om enige meganiese vervaardigingstaak te doen nie. O, ek het darem 'n soldeerbout ook.
Ek het spanners, paar skroewedraaiers, 2 tange, klein bobbejaan spanner en 2 shifting spanners wat ek saam ry. Ek hoop dat in 'n noodgeval iemand wat daarmee kan werk, by my sal stop langs die pad.
So verskil ons mos
Kavango voorkamer
Môre Chris S
Ek het so 'n splinternuwe ekstra voorstoep/tent saam met my wa gekry. Die stel-pale ook. Nog nooit gebruik nie, want ek ontsien die moeite om dit aan te velgro en nog pale staan te maak.
Ek dink die groot voordeel is die ekstra koelte, die afsny van stuifreen en meer leefspasie, veral voor om die uittrek kombuis.
Die nadeel waaraan ek kan dink, is die toue van die normale middelpaal wat in mens se pad kan wees. Mens sal dalk daai toue redelik regaf grond toe moet inslaan, om minste hakplek te verseker.
Gelukkig het ek dit nie in Jongensfontein opgesit nie, anders het ek seker nounog oor die see gewapper
Moenie vir Salomien sê nie
Ek het so 'n splinternuwe ekstra voorstoep/tent saam met my wa gekry. Die stel-pale ook. Nog nooit gebruik nie, want ek ontsien die moeite om dit aan te velgro en nog pale staan te maak.
As Salomien daarvan uitvind sal ek dit by jou moet koop. Omdat Ludwig vir ons afdak ‘n raamwerk prakseer het bring ek my ankertoue redelik vertikaal af, met die pen maar so voet van die paal se basis af. Sou ek ‘n ekstra afdak wil vassit aan die bestaande een, sal eg egter ook ‘n raamwerk moet kry. Hoe anders gaan dit bly staan?
En omdat ons lang mense is soek ek nie iets wat hang waaronder ek heeltyd moet buk nie. My een kampeervriend het ‘n Tourer SW en slaan altyd hulle tent se dak asook die verlenging op. Waar die twee bymekaar kom is so aluminium balk, waarteen ek al meermale my kop gestamp het.





Duct tape skarniere.
Hardboard met duct tape vir skarniere Wessel.