Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -4 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -5 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -6 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/02/2024 - 13:12

...het ook daaraan gedink, maar die regering het die veto-reg gebruik. Hoe brand/skroei bestand is hardboard? Die skerm gaan naby aan branders verby, as dit vol oop is, en 'n pot op het.

Ek het net na stemming plaasgevind het, gou die takie gaan insit by woonwa-vriend. Kan later die week gaan haal, en sal dan 'n foto neem.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 05/02/2024 - 14:22

Hier is my skerm waarna ek verwys het. Is dalk effe hoog vir Wessel se doeleindes maar maklik om 'n laer ene te maak, laat net die alu plaat sny. Die skerm is geensins "flimsy" nie, en roes uiteraard nie (behalwe die sagtestaal skarniere, maar die word binnekort met vlekvrye staal vervang). Hoop dit help (neem net 'n Saterdag oggend om te maak!)

Windskerm

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 05/02/2024 - 15:27

Netjiese skerm. Ek sien op die foto daar word ook baie met klip gebou. Mooi muur daar agter.

Meeste estetiese  bouwerk doen ek met klip. Het 3 maniere van bou. Een lyk soos droog gepak, my gunsteling, of word gejoint, soos baksteen, of dan ge- dress, waar die klip in shape gekap word.

Belangrik by klip bou is dat die klip altyd in " angle of repose" neergesit word, anders pla dit die oog.

Wessel, nou het jou draad my bydrae tot Kavango raad gekry. Verder het ek niks om te deel nie.smiley

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 05/02/2024 - 17:07

Dankie Herman, my erf het sulke klipmure reg rondom. Staan hier bekend as "Irene klip" wat in die omgewing voorkom. As mens deur Irene ry (terloops Slim Jan Smuts se outydse sink muur huis is net in die pad af) sien mens dat meeste erwe met sulke klipmure spog...hier is heelwat bouers wie se spesialiteit dit is om met die klip te bou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 14:16

Middag vriende en almal wat in Kaap bly ook

Ek het vanoggend my windskerms gaan haal. Ek dink dit kan goed werk. Eers foto van stoofplate sonder die skerms. Op 2de foto is die skerms bygesit.

plate 1

plate 2

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 19/02/2024 - 14:45

Nee ah, Wessel! Ek het dan al die moeite gedoen om vir jou te wys hoe 'n storm bestande skerm daar moet uitsien? Lyk my Skelmbos het nagelaat om julle fisika studente te leer hoe om SKERMS te maak devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 15:19

dis die verskil tussen fisika- en elektriese ingenieurswese- afgetredenes, ek wil net 'n pappotjie gaar kry, NIE 'n hele skaap spitbraai nie.laugh

Boonop moet ek die sleepbeperking van ou Grompie respekteer. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 19/02/2024 - 15:38

Nou gaan neef ń tipiese Wessel aanmerking maak. " is jy nie bekommerd oor die plastiek skarniere nie" hahaha devil Anders lyk dit netjies.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 15:50

... ek sal maar dophou wat die skaniere gaan maak. Ek het darem binddraad in die trokkie, as dit sal smelt.  

Dan gaan vra ek maar my geld terug laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 19/02/2024 - 16:14

Of jy kon die joppie eerste keer reg gedoen het! Sorrie, vergeet dis wat enjineers geleer word, dink in die fisika klas leer hulle om die joppie oor en oor te doen tot dit reg is laugh (moenie stres nie, ekke terg net!). Terloops in daai snaakse reeks Big Bang Theory is almal PhD fisici, behalwe een ou wat 'n M enjineer is, sy fisici kollegas verwys na hom as hulle "semi-geskoolde kollega"! (sien ek kan ook vir myself lag!)...Geniet daai skerm.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 17:10

Geagte vriende [?], ek wil u net meedeel dat ek aanvanklik die projek op kontrak en tender basis wou uitsit. Aangesien ek 'n eerbare landsburger is, en nie onderdeur die plastiese kamptafel korrupsie wil pleeg nie, kon ek geen tender toestaan nie.

Dit het my genoodsaak om iemand wat wel met Allie kan werk, te nader. Die ou het tussen sy bouprojekte, 'n tydjie afgeknyp om uit sy afvalmateriaal die skermpies te maak. Dit het my nie 'n arm en 'n been gekos nie, seker maar net die plastiese skaniere.laugh Vir my wat nie eers 'n poprivet gun besit nie, was dit 'n groot guns.    

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 19/02/2024 - 17:47

Bly dat jy nie ons vriendskap bevraagteken nie Wessel.yes.

Kan ek voorstel dat jy dalk n klein rolletjie maskeerband in die toolboksie gooi. Dit is nou vir net ingeval die skarniere wel, miskien,moontlik, moeilikheid gee. Dan plak jy op die agterkant jou masking tape vas, en siedaar, jy kook verder.  En...jy sal Marie baie beïndruk met die McGyver plan laughcool. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 19:34

....alles wat kan plak en vasmaak, spooksnot, maskeerband, kabelbinders, binddraad, hegpleister, jy noem dit.

Ek het mos sommer die verdomde kragprop,  vir die wa se kragprop, se 1 oor aan bakkie se kant afgebreek. Dus het ek die hele gedoente ,, nadat ek ingeprop het, in 'n halwe rol maskeerband toegedraai, en van Aldam oord tot by die huis, so gesleep. 

Kyk, ou Grootbek, ag ek bedoel Grootwindlaugh[tikfout] kan maar spot met wetenskaplikes, by Necsa het ons 'n reputasie gehad dat ons alles regplak met maskeerband. Die goed is so taai, jy kon 'n neutron daarmee vasvang.devil 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/02/2024 - 21:15

...Grootwind.

Ek het darem 'n boor, 'n multimeter en 'n CTEC-batterylaaier. Ek is dus gladnie toegerus om enige meganiese vervaardigingstaak te doen nie. O, ek het darem 'n soldeerbout ook.

Ek het spanners, paar skroewedraaiers, 2 tange, klein bobbejaan spanner en 2 shifting spanners wat ek saam ry. Ek hoop dat in 'n noodgeval iemand wat daarmee kan werk, by my sal stop langs die pad.

So verskil ons mossmiley 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/02/2024 - 08:26

Môre Chris S

Ek het so 'n splinternuwe ekstra voorstoep/tent saam met my wa gekry. Die stel-pale ook. Nog nooit gebruik nie, want ek ontsien die moeite om dit aan te velgro en nog pale staan te maak. 

Ek dink die groot voordeel is die ekstra koelte, die afsny van stuifreen en meer leefspasie, veral voor om die uittrek kombuis.

Die nadeel waaraan ek kan dink, is die toue van die normale middelpaal wat in mens se pad kan wees. Mens sal dalk daai toue redelik regaf grond toe moet inslaan, om minste hakplek te verseker. 

Gelukkig het ek dit nie in Jongensfontein opgesit nie, anders het ek seker nounog oor die see gewapperlaugh  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/02/2024 - 09:01

Ek het so 'n splinternuwe ekstra voorstoep/tent saam met my wa gekry. Die stel-pale ook. Nog nooit gebruik nie, want ek ontsien die moeite om dit aan te velgro en nog pale staan te maak. 

As Salomien daarvan uitvind sal ek dit by jou moet koop. Omdat Ludwig vir ons afdak ‘n raamwerk prakseer het bring ek my ankertoue redelik vertikaal af, met die pen maar so voet van die paal se basis af. Sou ek ‘n ekstra afdak wil vassit aan die bestaande een, sal eg egter ook ‘n raamwerk moet kry. Hoe anders gaan dit bly staan?  
 

En omdat ons lang mense is soek ek nie iets wat hang waaronder ek heeltyd moet buk nie. My een kampeervriend het ‘n Tourer SW en slaan altyd hulle tent se dak asook die verlenging op. Waar die twee bymekaar kom is so aluminium balk, waarteen ek al meermale my kop gestamp het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus