Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -44 minutes ago
Pretoria November 2026 Geert -45 minutes ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 12/11/2017 - 06:00

Lekke dag vir julle almal laat daai koffie loop en geniet hom die koffie loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 12/11/2017 - 18:17

Sedert Woensdag kon ek by meeste webtuistes nie inkom nie, waarvan Kampforum een was.   URL not found, sê die ding vir my.  Natuurlik weet onnosele ek toe gladnie wat dit beteken nie.   Vandag, sit ons vir die eerste keer die wi-fi router af en weer aan en daar kom dit reg.   

Julle was ontslae van my vir 'n paar dae, maar nie meer nie.wink

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 12/11/2017 - 20:35

Dit is dood stil hier. Dit het nou net n bietjie gereën, maar weer oopgetrek. Kabouters slaap vas na n vol dag van baljaar, terwyl ek en Lolla rustig op ons kamp stoep sit en gesels, ek het natuurlik n lekker koffietjie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 13/11/2017 - 02:56

Goeie more hier in die vroee oggend ure. Begin nou n gewoonte raak met hierdie staar siekte. Sit maar in die sitkamer en koffie drink.

Freda, dit is lekker om weer van jou te hoor. Dit was maar stil sonder jou insette.

Lyk my Arie was maar stil daar by sy seun se huis.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 13/11/2017 - 06:14

More Dusty, ek het ook jou groet gemis terwyl ek weg was.   Wat die staarsiekte betref, ons moet maar later gaan slaap in die aand.  Daai piepie wat jy kry in die vroeë oggendure is die volgende probleem.  Dit lyk my die geheim is jy moenie wakker word nie, dan sal jy nie staar nie.laugh

Lekker Voortrekker, so julle bly bietjie langer as net die naweek?  Geniet dit.

Ons is veronderstel om Vrydag op te pak maar volgens voorspelling gaan dit van more af die hele week reën.   Ons het die naweek besluit ons pak vandag op.  Dus bietjie werk vandag maar vanaand slaap ek in my huis, sien nogal uit daarna.

Lekker dag vir almal.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 13/11/2017 - 07:52

Nuwe week koffie loop soos stroop die wat kamp gaan groot en geniet die wat oppak sterkte en so gaan ons n week in vol blessings

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Mon, 13/11/2017 - 08:14

More almal.

Dankie. Ek skink in.

Verskriklik lekker gereen hier in Jo'hies gistermiddag.

Mooi dag vir jou.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 13/11/2017 - 11:03

Môre sê

Dankie vir die koffie.

Tyd raak nou lekker min vir die trip af Hartenbos toe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 13/11/2017 - 16:38

Dag sê almal, hoop julle dag was so lekker soos myne, heeldag kampdag.

Freda, welkom terug, ook gewonder waar kruip jy weg.?

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 13/11/2017 - 16:47

Dankie Johann.   Ek het julle nogal gemis hoor!   Julle moet lekker kamp, geniet elke oomblik.  Ons is veilig terug by die huis.   Het eers net die belangrikste goeters uitgepak, nou lekker gestort (in my eie badkamer).   Kyk, dit is lekker om te kamp, maar jou huis bly maar jou huis!

0

Dusty as daai oumans klier jou beetvat pappa dan loop jy so 5 keer n aand My vrou vat my hoeka na die dokter vir die probleem .Ek se Nee wat dok ek het dit nou al so onder die kniee gekry dat die lig vanself aangaan as ek die toilet deur oopmaak  .Dok vra die vrou Is dit so mevrou ? Bull-twang se die vrou Die blikskottel het weer in die yskas gepiepie

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 14/11/2017 - 05:00

Goeie more almal wat hier lees.

Uit gespaar vir nog 'n dag. Sit reeds en tee drink en koffie is besig om te prut.

Dassie, dit is 'n goeie een. Arme yskas.

Kollega wat saam met my ry is vandag begrafnis toe. Sy jare lange vriend se vader is op die ouderdom van 90 jaar oorlede.

Lekker dag vir elkeen en soos wat Dries altyd gesê het, geniet hom

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 14/11/2017 - 05:37

More Dusty en almal wat gaan volg.   Ek "join" jou met vroeg wakker vanoggend Dusty.  Ek het darem 6 ure geslaap.   Dusty, sal dit nie help as jy nou en dan 'n slaappilletjie drink nie?

Ek sien op die YR weervoorspelling daar word meer as 50mm reën vir die Baai voorspel vanaf 6 uur vanoggend tot 6 uur more middag.   Ek wonder of dit so gaan gebeur.  Maar goed ons het gister opgepak.

Waar is Len?   Ek hoop hulle kry ook reën in die Kaap.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus