DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Ek kan weer groet...
Sedert Woensdag kon ek by meeste webtuistes nie inkom nie, waarvan Kampforum een was. URL not found, sê die ding vir my. Natuurlik weet onnosele ek toe gladnie wat dit beteken nie. Vandag, sit ons vir die eerste keer die wi-fi router af en weer aan en daar kom dit reg.
Julle was ontslae van my vir 'n paar dae, maar nie meer nie.![]()
Dit is dood stil hier. Dit…
Dit is dood stil hier. Dit het nou net n bietjie gereën, maar weer oopgetrek. Kabouters slaap vas na n vol dag van baljaar, terwyl ek en Lolla rustig op ons kamp stoep sit en gesels, ek het natuurlik n lekker koffietjie.
Goeie more hier in die vroee…
Goeie more hier in die vroee oggend ure. Begin nou n gewoonte raak met hierdie staar siekte. Sit maar in die sitkamer en koffie drink.
Freda, dit is lekker om weer van jou te hoor. Dit was maar stil sonder jou insette.
Lyk my Arie was maar stil daar by sy seun se huis.
More almal. Ek sit met my…
More almal. Ek sit met my koffie en luister hoe die leeus brul, ongelooflik.
Lekker dag vir almal!
Anton, jy mag nie sulke…
Anton, jy mag nie sulke fotos hier plaas nie. Hoe moet ek nou voel.
Geniet dit terwyl jy kan
More mense!
More Dusty, ek het ook jou groet gemis terwyl ek weg was. Wat die staarsiekte betref, ons moet maar later gaan slaap in die aand. Daai piepie wat jy kry in die vroeë oggendure is die volgende probleem. Dit lyk my die geheim is jy moenie wakker word nie, dan sal jy nie staar nie.![]()
Lekker Voortrekker, so julle bly bietjie langer as net die naweek? Geniet dit.
Ons is veronderstel om Vrydag op te pak maar volgens voorspelling gaan dit van more af die hele week reën. Ons het die naweek besluit ons pak vandag op. Dus bietjie werk vandag maar vanaand slaap ek in my huis, sien nogal uit daarna.
Lekker dag vir almal.
So gaan dit
Nuwe week koffie loop soos stroop die wat kamp gaan groot en geniet die wat oppak sterkte en so gaan ons n week in vol blessings
Dankie Johann. Ek het…
Dankie Johann. Ek het julle nogal gemis hoor! Julle moet lekker kamp, geniet elke oomblik. Ons is veilig terug by die huis. Het eers net die belangrikste goeters uitgepak, nou lekker gestort (in my eie badkamer). Kyk, dit is lekker om te kamp, maar jou huis bly maar jou huis!
Freda, ek gaan nie gedurende…
Freda, ek gaan nie gedurende die nag toilet toe nie. Wanneer ek so wakker word dan het ek so ongeveer 2 ure geslaap.
nag opstaan
Dusty as daai oumans klier jou beetvat pappa dan loop jy so 5 keer n aand My vrou vat my hoeka na die dokter vir die probleem .Ek se Nee wat dok ek het dit nou al so onder die kniee gekry dat die lig vanself aangaan as ek die toilet deur oopmaak .Dok vra die vrou Is dit so mevrou ? Bull-twang se die vrou Die blikskottel het weer in die yskas gepiepie
Goeie more almal wat hier…
Goeie more almal wat hier lees.
Uit gespaar vir nog 'n dag. Sit reeds en tee drink en koffie is besig om te prut.
Dassie, dit is 'n goeie een. Arme yskas.
Kollega wat saam met my ry is vandag begrafnis toe. Sy jare lange vriend se vader is op die ouderdom van 90 jaar oorlede.
Lekker dag vir elkeen en soos wat Dries altyd gesê het, geniet hom
Goeie more. Vanoggend drink…
Goeie more. Vanoggend drink ek koffie op ky stoep. Die enigste brul wat ek laas nag gehoor het was Lolla se snork.
Lekker dag vir almal!
Goeiemore
More Dusty en almal wat gaan volg. Ek "join" jou met vroeg wakker vanoggend Dusty. Ek het darem 6 ure geslaap. Dusty, sal dit nie help as jy nou en dan 'n slaappilletjie drink nie?
Ek sien op die YR weervoorspelling daar word meer as 50mm reën vir die Baai voorspel vanaf 6 uur vanoggend tot 6 uur more middag. Ek wonder of dit so gaan gebeur. Maar goed ons het gister opgepak.
Waar is Len? Ek hoop hulle kry ook reën in die Kaap.






More julle
Lekke dag vir julle almal laat daai koffie loop en geniet hom die koffie loop soos stroop vanoggend