Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Rona November 2026 Johann L -11 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago

April 2024 Saamgesels

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Môre sê almal.

Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!

Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.

Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 29/04/2024 - 09:45

Wat ek doen is, draai die foto reg dmv die gallery se edit funksie, as dit in die gallery reg is, laai dit reg op die forum.

My tablet het nie meer 'n sim kaart nie, dus kan ek nie meer mense dmv whats app help nie, maar julle is baie welkom om met die e-pos op my profiel vir my fotos te stuur wat julle mee sukkel en ek sal dit reg laai.

Ek probeer ook natuurlik om mense te help deur self fotos te laai (enige persoon wat sukkel), by gesê ek gebruik net die tablet vir die forum, nie die laptop of die foon nie. Dalk is die rekenaars en fone moeiliker?

Ek help graag!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 10:21

Ek sal maar in toekoms Neef Herman en Wildehont se raad volg om horisontale fotos te neem....lyk of dit n makliker oplossing gaan wees vir regop fotos laai. Dankie Johann L vir hulp aanbieding

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 29/04/2024 - 10:42

Gou twee fotos geneem, een met die foon regop, en een dwars gedraai.

Foto
Foon regop
Foto
Foon dwars

Ek verstaan glad nie waarom sommige fotos verkeerd laai nie, maar as julle sukkel, stuur dit gerus vir my, ek help regtig met plesier.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 11:57

Gou twee fotos geneem, een met die foon regop, en een dwars gedraai.

My toets....

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 12:17

....ongeag regop of plat, daai wa pas NET onder jou afdak in. As jy die wiel grootte verander, gaan jy hak.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 14:12

Ja Wessel....hy is bietjie laag, maar afdak is teen grensmuur en ek het tubing teen die kante gesit wat bo die muur uitsteek sodat middag son nie op karavaan skyn nie. Wou gevolglik nie te hoog gaan nie, want dan sal dit lelik lyk vir bure

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/04/2024 - 21:00

geniet die geleentheid om by kinders en kleinkinders te kuier!

Hoop julle het ook verder 'n voorspoedige pad en 'n heerlike wildtuin vakansie.

Miskien moet jy maar 'n draad hiervoor skep en ons op die hoogte hou van julle doen-en-late?

 

 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/04/2024 - 21:14

... met Rona. Lapskag moet sy eie wildtuintoer-draad begin en ons op hoogte hou  van sy en Nellie se toer doen en late. En laat waai met daai daaglikse (of hoofstens 2-daaglikse) terugvoering. Glo my - dit is nie so moeilik nie.

En Len het ons goed op hoogte van al sy voorbereiding asook sy eerste terugvoering vandag. Rk hoop dit geskied ook gereeld.

En hierdie versoek van my geld vir alle forumlede. Geert is een van die wat getrou is in daardie verband. Dankie Geert.

Ek kyk uit vir daardie gereelde Strydom-verslag wat eersdaags behoort te begin.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 05:58

Ek hoop om die skrapers in aksie te kry, of die resultaat te ervaar, Julie maand.

Daai padskraper lyk soos die wat Pick & Pay aan pensioenarise verkoop op special Woensdaelaugh

Die skrywe klink soos 'n gatkruipery van politieke partye; 

"we humbly request" en dan ewe "our valued guests" .

Sanparke is baie bang vir Len, en weet hy is binnekort daar. laughdevil 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/05/2024 - 06:22

Ek sien nou die video van die toetse op die gepantserde BMW X3. Ongelooflik wat se beskerming aangebring kan word. Aanvalsgewere, handwapens, pikke en swaar hamers kon nie eers die glas deurdring nie.

Koste beloop ongeveer R880 000, die aankoopprys van kar uitgesluit. Drie maande om transformasie te doen, maar dan het dit BMW goedkeuring en sertifisering.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 01/05/2024 - 11:17

Jou stelling hier bo: ons probeer om darem nie elke dag 'n koppie suiker van die bure te "leen" tydens kampering niesurprise. Is dit genoeg rede om sê dat ek dink dis 'n flater?laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/05/2024 - 20:22

.................dis beslis 'n flater. Ons spandeer nou wel 'n fortuin aan brandstof, maar ons kamp soos konings, ver van 'n boemelaar- of hawelose- se lewensstyl.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 05/05/2024 - 10:20

Hello Chris. As jy ń passer vat, en een punt druk op Hermanus vas, en die ander punt op die verste punt waar julle in Kruger gedraai het. En dan swaai jy die passer na die Namibiē toer se Noordelikste punt, glo ek Kruger was dalk verder? Ek het nou nie op ń padkaart gaan kyk nie.

Kan ek skat dat julle met die twee toere sowat              10 000km gery het? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 05/05/2024 - 11:56

... jou skatting is in die kol. Tydens die twee trips (wildtuin toe en Namibië toe) het ons 'n totaal van 9 993 km gery. Die wildtuintrip het 4 880 km beloop en met die Namibië-trip het ons 5 113 km gery.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 05/05/2024 - 14:59

Dis nie waarmee jy ry nie, maar hoe ver jy daarmee ry. Dan is daar forumlede wat met ‘n Hilux ry en boonop amper 10 000km toer in ‘n anderhalf maand…

Salomien moes gistermiddag na die kinders se sport by Mikro  in Kuilsrvier en ‘n stop by Joey’s vir 10kg se dun boerewors in Paternoster gaan foto’s neem. Ek en die kinders is saam vir die uitstappie van net minder as 500km.
 

Terwyl ons oppad is verby Hopefield sê ek vir haar; die duur brandstof perk mens in. Haar klient gister het R2000 ekstra betaal vir die daar kom, so dit was nie te seer nie. Maar so 9 jaar gelede het ons sommer na kerk op ‘n Sondag Hermanus toe gery vir middagete. Nou sal ons nie meer droom daarvan om dit te doen nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 05/05/2024 - 15:51

Toe ek dié sien het ek gedink ons is in vir 'n baie filosofiese benadering van 'n aard... gelukkig toe nou nie so erg nielaugh. Dit is wel 'n realiteit dat brandstofpryse mens kortwiek nou se dae, maar met bietjie beplanning kom mens nog die draaie om. Miskien kan ons nie meer so gereeld rondrits as voorheen nie, maar dan beplan ons miskien langer vakansies (soos wat Len nou doen). Ek weet dat dit nie moontlik is vir mense wat nog werk en/of aan skoolvakansies gebonde is nie en daarvoor het ek nie 'n antwoord nie, net baie simpatie aangesien  mens met kinders meer keer nodig het om uit te stap. Dan miskien maar kort naby-wegbreke?

Soveel te meer rede dat ons Botswana-planne vir volgende jaar moet begin rigting kry - brandstof is goedkoper daarlaugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus