Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Kan julle glo dat…
Kan julle glo dat loadshedding net so verdwyn het? Ons landbou vereniging kry daagliks ń opdatering, en vanaf die 21 ste Mei elke oggend se opdatering " no loadshedding planned". Wonder wat aangaan. Klink na ń verkiesings scam. Maar hoe dit beplan én uitgevoer kan word..... moet jy wragties ń slim, en dalk skelm klomp by mekaar sit.
Nou voel ek sommer weer heel gerus oor ons regering, hulle kan ń haas uit die hoed pluk. ![]()
Ja Neef . Ek en my vrou…
Ja Neef . Ek en my vrou praat juis gisteraand dieselfde ding dat loadshedding eweskielik net so weg is!
Môre Anton, ek sien daai…
Môre Anton, ek sien daai girls hou jou baie besig hoor. Hoe gaan dit met die Voortrekker familie.
Nuus bespreking
Gisteraand op die nuus ook bespreek. Blykbaar word daar 'n moerse klomp diesel teen 'n geweldige koste verbrand.
As die elektriese minister eers begin praat en sy ogies draai in sy kop rond, soos 'n v6 Hilux wat pompe soek, moet jy weet dat die grootste klomp bollie kwytgeraak word.
Natuurlik is dit 'n foefie.
Wonder wat gebeur na 29 Mei
Wonder ook wat is planne na 29Mei. Loadshedding self was nog nooit nodig nie.....regering het "ander" planne
Selfs soos die E-tol wat "afgeskaf" is.....as dit die lang termyn beplanning is, hoekom verwyder hulle nie al die borde nie? Al wat hulle doen is om rooi kruise op borde te plak. Vir wat? Sou E-tol terug kom is dit seker makliker om rooi stickers af te trek as om borde weer te plant? Wonder maar net.....
Geld verbrand
Ek hoop net nie hulle rig skade aan die netwerk aan in die proses van die krag aanhou tot 29 Mei nie. Hulle is vir seker besig om opwekkingskapasiteit aan te vul met die Ankerlig 1327MW (in Atlantis buite Kaapstad) en Gourikwa 740MW (in Mosselbaai) open cycle gas turbine opwekkers. Dis basies groot diesel kragopwekkers wat in 2007 gebou is om tydens piek tye (06:00 - 08:00 en 17:00 tot 20:00) opwekking aan te vul. ESKOM het in 2004 reeds geweet daar kom poef, en het besluit op die stelsels omdat dit ongeveer 3 jaar vat om te bou in vergelyking met ‘n steenkool kragstasie wat 8 tot 10 jaar veronderstel is om te vat.
ESKOM gee aanlyn al die tegniese inligting oor die twee opwekkers, behalwe die brandstofverbruik. Hulle sê wel dat Ankerlig ‘n totale bergingskapasiteit het vir 16.2 miljoen liter diesel en Gourikwa 10.8 miljoen liter. Dis omtrent R626 miljoen se diesel teen pomp pryse. Ek weet dat toe die raffinadery naby Tafelbaai nog Chevron was, het hulle gesê Ankerlig gebruik meer diesel in 24 uur as wat hulle kan maak in 24 uur. Die kanse is goed dat daar baie dae is wat hulle naby aan die R626 miljoen se diesel verbrand om die ligte aan te hou. Dink net wat daardie klomp geld kon vermag as dit reg aangewend was.
Lappies dit gaan goed met…
Lappies dit gaan goed met die dogtertjies. Hulle raak ouliker by die dag en vol smiles en winde.
Die twee hou ons lekker besig, maar gelukkig slaap hulle nou 4 - 5 ure deur in die nag.
Oudste seun benader nou sy tiener stadium
en sy boetie is kort op sy hakke ![]()
Vesel, wi-fi, wie is beter?
het nou die einde van my geduld bereik wat wi fi diensverskaffers aanbetref. Tans het ons 2 klein "routers" in die huis, ek en vroulief het elk hul eie wat direk op ons laptops inprop. Dit werk goed maar begin duur raak. Die idee is om iets vir die huis te kry waarop almal kan inlog en die ander drie losstaande routers vir mobiele gebruik te hou (net verander na pay as you go). Nou die vraag, sal 'n keuse moet maak tussen LTE (wi fi) of andersins 'n vesel lyn, nie veel van 'n prysverskil nie maar lg. word gesien as effens vinniger maar benodig fisiese installasie. Vlgs my sel verskaffers stel hulle voor (dis nou die mense op die vloer) om nie Vodacom of MTN te gebruik nie maar eerders iemand soos Afrihost, Web Africa of Telkom, of Openserve. Maar nou die ding, Hello Peter beoordeel almal maar baie negatief...Ek sal ook nie graag Telkom wil gebruik nie, in die verlede gevind hulle is vinnig om jou te laat teken, maar dit neem letterlik jare om enigiets weer te kanselleer. Ook nie goeie goed van Rain gehoor nie...Lyk my die besluite is:
1. Vesel vs. LTE
2. Watter diens verskaffer (prys vs. spoed vs. reputasie)
3. En dalk, as die gedoente vinnig genoeg is, kan ek ontslae raak van DsTV met sy alewige herhalings en iets soos Netflix lifestream!
Kan julle help? (deel bietjie julle ervarings)
Persoonlik sal ek vir Vesel…
Persoonlik sal ek vir Vesel gaan.
Ek dink net jy gaan 'n baie beter up en download spoed kry as met LTE (50mbps+ vs so 20-25 max )
Ek is nou al 9 jaar by Telkom/ Openserve en het nog nooit probleme gehad nie buiten so 2/3 keer wat kabels afgesny was deur ander diensverskaffers wat slote gegrou het en na 'n moerse reënbui toe al die bokse onder water was.
Ek het 'n 50/50 lyn en het 2 extra routers gekoppel op my hoof router. 1 in ons kamer en 1 in die kantoor aan die anderkant van die huis met die hoof router in die middel. 4+ selfone, 3 rekenaars, CCTV, 2 DSTV decoders en 2 kinders wat stroom op Youtube, Disney en Netflix, en nog nooit gesukkel met "buffering" nie.
Ek betaal nou so R600 'n maand en het Telkom as ISP
netflix stream
s die gedoente vinnig genoeg is, kan ek ontslae raak van DsTV met sy alewige herhalings en iets soos Netflix lifestream!
Ek weet nie of dit met alle verskaffers is nie, maar met baie het jy nie n blits vinnige lyn nodig om Netflix, YouTube sonder hakkel te kyk nie. Die lyne word blykbaar nie beinvloed nie.....kan selfs met n 2 meg lyn sonder probleme kyk.
Moet bynoem....ons het Netflix, maar volgens my is kykgenot daarop ook maar bitter min.....maar pakette is darem nie te duur nie....vanaf R99/maand. Ons kyk meer YouTube
Hier is my 2c komende van…
Hier is my 2c komende van iemand in die kommunikasie bedryf.
Eerste prys is vesel. Mees stabiel en probleemvry
Gebruik verkieslik die selfde diensverskaffer om die vesel en Internet diensverskaffer te wees. Die rede daarvoor is sou jy `n probleem ontwikkel deel jy met een verskaffer en sou dit 2 verskillends wees blameer die een gewoonlik die ander een en dit vat lank om die fout te herstel. Die pakkette is gewoonlik `n klein bietjie duurder maar die voordele is meer
Hier is die probleem met LTE. "Oversubscription" Alle diensverskaffers doen dit en gewoonlik is dit tot 200%. Dit beteken as jy `n 10mbs lyn het en voor betaal gaan jy selde en ek sal so ver gaan om te sê jy gaan dit nooit kry nie. Die diensverskaffers maak staat dat almal nie gelyk aanlyn gaan wees nie. Radio spektrum is duur en dit is hoe hulle dit negeer. Vesel inteendeel is `n vaste diens wat kapasiteit aanbetref en word makliker bestuur en aangepas. Dit is hoekom diensverskaffers soms jou lynspoed vermeerder sonder enige ekstra kostes.
As jy `n groot huis het soos daai mansions in Irene is `n Wi-Fi booster/repeater soms nodig vir goeie dekking deur die hele huis en selfs buite by die ontspannings areas.
Hou die klein Wi-Fi routers sou jy reis en data nodig kry. Wetgewing is besig om te verander dat aangekoopte data nooit gaan verval nie (Tans verval pre-paid data na 3 maande) Dis ook `n goeie back-up wanneer daar `n fout op die vesel is.
Groetnis
My opinie
Is weer dat Vodacom moblie uncapped (LTE) teen 'n skrale R399.00 per maand 'n wenner is.
Ons was lank by Vodacom fibre (Vumatel) en het laaste ruk erg gesukkel, sedert ons op hul mobile LTE is nog nooit weer gesukkel en ons vat dit saam waar ons ook al gaan.
My vrou kyk baie Netflix, Showmax en YouTube en sy is baie tevrede.
Netflix is R99.00, Showmax R89.00 en YouTube gratis.
Die spoed van Vodacom LTE is oor genoeg en die Fair Usage is 600 gig, weet nie of ons ooit halfpad sal kom nie. En jy kan 36 devices gelyk koppel.
Waaifaai
Sien nou laat eers dat neef ń lekker krater van homself gemaak het vanoggend met sy loadshedding stelling. Sorry mense, ons kyk nie meet tv nie, en ek was salig onbewus dat dit on diepte op die nuuskanale bespreek was, net mooi gisteraand.
Omdat ons in die gopse bly, sonder cellfoon sein by die huis, kom ons wifi met toringkies hier oor die berge aan. Ons kyk Netflix, Britbox as ons lus het, verder is dit ek en ouma se fone wat sonder sukkel werk. Gesels met die kinders in Engeland, en kyk vir hulle op die skermpies, niks is stadig nie. As ek moet dink aan ń paar jaar gelede se telefoon oproepe wat so paar sekondes vertraging had. Was bitter om ń gesprek te voer.
Het ons eie wifi toringkie hier, so ent berg op, met ń sonpaneel en twee skottels op. Een vir ontvang en een vir stuur. So klink my ons is nog in die parrafien gebied hier, maar dit werk. Anders kon ek nooit so lekker gesels nie.
BTW. Slowstrike se credentials is just about on par met Wessel en Grootwind. So luister maar wat hy te sê het.
Apartheid se skuld
Ai tog, ek sien vanoggend in Maroela media dat selfs Ramaphosa apartheid blameer vir die swak ekonomie.
Of hy en ANC is so desperaat om stemme te wen voor die verkiesing, of hy is net so stiksienig [gebrek aan moed om beter woord te gebruik], soos die ander kabinetslede. Moontlik beide.
Soos 'n getroue wetenskaplike dit sal stel, ek postuleer dat hy na die verkiesing gaan bedank. Al die tekens en bespiegelinge is daar, nuwe ANC president is blykbaar Mantashe, ook apartheid se skuld.
Apartheid
Ramaphosa apartheid blameer vir die swak ekonomie.
Ook gesien....nie verder gelees nie....möərmeter
As met apartheid ekonomie so goed was...hoekom stel hy nie weer apartheid in nie? Stuur blankes almal Kaap toe! O nee vergeet....wie gaan hul dan besteel, beskuldig van swak bestuur van alles waaraan hul raak, staats instansies wat almal banktot is. En op wie se rue gaan die parasiete dan ry?
Dis soos in die kampeer tereine waar jy die kos moet wegsteek. Mense het hulle gevoer...nou wil hulle nie meer self kos soek nie....en as jy nie meer gee nie, word hulle n probleem en wil dit by jou kom steel, al moet hy jou aanval.
Dieselfde by ANC....hulle leer nie mense om te werk vir hul geld nie. Ontvang net....en die dag as hy nie meer kry nie, soek hulle nie werk nie...raak liewer opstandig en toitoi, want hy soek alles mahala soos hy geleer is van kleins af
Skuldige?
Seker ook nou apartheid se skuld dat die forum so skielik stil is.![]()
My dogter het vir my so jaar of wat gelede 'n opvou hangkas vir die Penta gegee, dit het lekker gewerk maar, as mens gaste saam vat, sou hulle mos uit 'n tas moes lewe.
So het ek gesien dat onlangs, min klere hang aan die hang gedeelte en het besluit ek moet dit verander. By Gibon karavane in Vanderbijl gaan bedel ek afval stukke 3 laag hout. Kry genoeg om drie gerieflike rakke in te bou .
Dit is nou sommer gou verander met so paar plastiek 20mm T-stukkee om die rakke op te lê.
Johann....
...enige fotografiese bewse van die klerekas verandering.
My beterhelfte bly kla oor die totale gebrek aan hangplek in die Kavango. Langbroeke en bloese word gestryk en dan moet dit hang, nie opgefrommel word in 'n piepklein hokkie nie.
Soms is dit 'n pyn in die blaker om netjies te wees.
O gaats, nou onthou ek, ek moet nog hare sny voor ons begin kamp.





Stephan
Daardie gesiggie (hondjie s'n) is sooo cute! Hy lyk baie gelukkig en dit is fantasties dat hy 'n nuwe liefdevolle huis gekry het. Ek dink hy is vir julle ook 'n groot vreugde. Lekker speel