Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Rona November 2026 Johann L -8 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

April 2024 Saamgesels

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Môre sê almal.

Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!

Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.

Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/04/2024 - 20:38

Ongelukkig meng my vrou se werk in met die planne. Sy neem Vrydagmiddag in Worcester foto’s, Saterdagoggend in Villiersdorp en Saterdmiddag in Paternoster. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/04/2024 - 20:41

ly die wynbedryf skade a.g.v. die aangrensende oord, of word dit juis bevorder hier

Dis maar ‘n ekstra bron van inkomste vir die boer. Die oeste is juis af vanjaar (nie net letterlik hierdie tyd van die jaar nie, maar in volume ook). 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/04/2024 - 20:44

Ek dink tussen die Prado en sy Ranger is Chris se gemoed maar sleg verdeeld.

Die Ranger gaan bly. Dis jonger, het minder km op, is meer ekonomies, sleep baie lekker en is meer prakties. Ek weet ek moet eintlik die Prado verkoop, en ek sal maar eersdaags probeer. Ek sal dit met ‘n baie swaar hart laat gaan, maar dit is die sinvolle ding om te doen. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 16/04/2024 - 07:41

Ek gaan dadelik vir my so 'n sakkie pre-mix koop en dit in die Wildtuin probeer.  Lyk vir my dis 'n produk van CAB-Foods, fabriek hier om die draai van my.

Ons het ongelukkig nie n CAB Foods in Gauteng nie, so myne het ek ook vanaf die Kaap bestel via hulle aanlyn winkel. Daar is verskeidenheid broodjies beskikbaar....ek wil die naweek hul bier en uie brood maak. Hulle het n groot verskeidenheid pre-mixes wat lekker handig is om saam te neem op kampeer....tot nagereg

So n broodjie in die kole oondjie is ook n lekker atmosfeer tydens kampeer. Soms maak ek broodjie in die Weber...werk net so goed. Delish foods maak ook die heerlikste brood pre-mixes....dis by ons verkrygbaar by Outdoor Warehouse en Tentco. Vir pannekoek en plaat koekies geniet ons Boskampkos sin

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 16/04/2024 - 07:48

Ons plaaslike winkel het geskuif uit die middedorp na die mall toe. Toe sien ek vir die eerste keer waarvoor staan CAB - cooking and baking. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 16/04/2024 - 09:40

moontlike kamp uit komende naweek naby Rawsonville. Hier onder is ‘n foto van die 

Dit kyk baie gesellig daar. Dit wil voorkom of dit soos by Wagonsdrift is waar ons onlangs was....lapa/kuier/ontspanning plek in die middel en kampeerders in sirkel om dit.  Dit kuier lekker so

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/04/2024 - 10:21

Môre almal

Wie van julle het al die blixem elektriese kontak skoonmaker gebruik. Het julle dit ook op Brad Harison proppe gebruik.

Ek sien dat mens gewaarsku word om nie op sagte plastiek/rubber en "perishables" te spuit nie. Natuurlik weer eers die blik gelees nadat ek dir gespuit het.

Het met klam lap skoongevee en daarna met Spanjaard gespuit.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/04/2024 - 11:01

Wessel nee nog nie, maar gebruik ek wel die decreasing vloeistof met groot sukses.

Q20 werk vir my goed vir elektriese kontakte..

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/04/2024 - 21:23

Hierdie "wonderlike vooruitsig" ervaar ek ook op die oomblik  -  oor 17 dae !

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 18/04/2024 - 21:47

Die foto - mens kry sommer die gevoel van daar wees. Geknetter van die vuurtjie en die naggeluide - ai, price less!! Lekker droom...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 19/04/2024 - 09:46

Hierdie "wonderlike vooruitsig" ervaar ek ook op die oomblik  -  oor 17 dae !

Ons is nog nie so gelukkig nie, maar dis al minder as twee maande voor ons die lang pad aanpak Krugerwildtuin toe. Oor twee maande is ons DV goed oppad Shingwedzi toe om hopelik ‘n lekker staanplek te kry vir ons sewe aande daar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/04/2024 - 12:05

Ek het vanoggend gaan ekstra [spaar] proppe koop. #Ek wil nie êrens kampeer en 'n BH prop gee probleme nie. 

So word ek gewaardku dat verskillende make ["brands"] nie opmekaar pas nie. Ry maar weet huistoe en gaan haal my spesiale verlengstuk. Dit het 'n rooi prop wat by wa indruk, en dan vertak dit na 2 proppe, 'n rooie en gryse. 

So kom ek toe agter dat die "brands" Lumeno, KST en Avon almal op mekaar pas, solank as wat die kleure passend is. 

Wel, nou sal ek seker nooit 'n gebreekte prop tref nie, want ek het mos ekstra in die toolbox.laugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 19/04/2024 - 12:40

Anton het dit mooi beskryf toe hy gesê het die proppe is rassisties. Een kleur pas nie op ‘n ander nie. Daar is ook beskrywings vir die onderskeie kleure bv 12V, sonkrag ens. Dit voorkom dat mens nie per ongeluk die verkeerde proppe by mekaar inprop nie. Ek hou myne almal grys, want ek wil hê hulle moet op mekaar kan pas. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/04/2024 - 13:06

...een kleur oral is die maklikste. Ongelukkig het die vorige eienaar van my Kavango sommige proppe gaan rooi maak.. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/04/2024 - 15:29

Toe die Leeuballetjies gaan kry. Slagter verduidelik. Dit is ń peppadew met roomkaas gevul toegedraai met ń dun topside steak repie en ń netvet hulsel.

Vanaand ń proeflopie doen.

Leeu

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/04/2024 - 16:05

...erger as Israeli aanval op Iran se kernaanlegte.!!!!

Jis mater, as mens daai balletjies met jou mampoer gaan afsluk, kan dit tot splyting van atome, ingewande en plotselinge gasvorming lei.devil

Laat weet tog of julle proeflopie oorleef het

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/04/2024 - 17:12

Daar is juis 2 xtra pakkies in die vrieskas. Spesiaal vir die geleentheid Wessel. Jy praat waar, ek sal vir ons ń netjiese ietsie saambring. Jy sal nie glo hoe mooi verouder ń 5 jaar druiwestooksel nie.  Én, ek het wat ń ruk in ń sherry vaatjie gelê het, kleur soos goeie cognac, en net so sag

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/04/2024 - 19:46

hoe laat braai jy? Ek wag in spanning om te hoor hoe daardie "happies" gesmaak het. Kan net dink dat dit heerlik is! Oor die beplande drinkgoedjies wat jy wil saamneem vir 'n kuier met Wessel gaan ek myself liefs nie nou uitlaat nie....laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus