Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

April 2024 Saamgesels

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Môre sê almal.

Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!

Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.

Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 05/05/2024 - 16:38

Dan is daar forumlede wat met ‘n Hilux ry en boonop amper 10 000km toer in ‘n anderhalf maand…

Hierdie was darem 'n uitsonderlike situasie omdat ons ver kinders tans hier is. Maar ek verseker almal dat my ry-, naweek- en vakansieplanne nou vir 'n lang ruk tot 'n halt sal kom. Dit was lekker, maar o donkie dit kos baie geld. Die brandstof was 'n groot uitgawe, maar die akkommodasiekoste was nog rowwer. 

As pensioenaris werk ek op 'n maandelikse begroting. O.a. begroot ek vir brandstofuitgawes sowel as vakansies en wegbreke. Ek het 'n taamlike opgeboude reserwe vir beide items gehad, maar dit is nou totaal en al uitgeput. Daar sal nou vir 'n lang tyd gespaar moet word alvorens ek kan dink daaraan om weer 'n wegbreek te doen. Ek voorsien dat dit nie voor 2025 weer sal gebeur nie en dan beslis ietsie goedkoper - waarskynlik nader aan die huis en beslis kampeer.

My seun skimp om volgende jaar saam met hulle wildtuin en Eiland Spa toe te gaan. My skoonseun wil my oortuig om eerder vir hulle in Roemenië te gaan kuier en 'n padtoer tot in Noorweë te onderneem. Maar ek reken dat beide opsies net by "wishful thinking" sal bly.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus