Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
hy lyk so ... Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 minutes ago
Het die ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -20 minutes ago
13 Oktober vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -25 minutes ago
Net om die draai vir ons… Uitsig Agri Voortrekker -25 minutes ago
Dit lyk of daar mooi bass in… Evergreen river guest farm Voortrekker -29 minutes ago
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Lapskag se Krugerwildtuin kuier toer

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp. 

Ons het toe bespreek en begin by ;

Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)

Berg en dal van 7Mei tot 12de

Skukuza van 12 Mei tot 19de

Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste

Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie

Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.

So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.

Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/05/2024 - 13:11

Met ons vertrek verlede Maandag uit Jeffreys uit was die verkeer 'n bietjie besig gewees en buite Uitenhage het ons agter 'n konvooi beland en het net 60km/h gery vir seker 15 km lank, hulle het gestop en ons kon aanbeweeg. Deur die Karoo het die wind begin waai en het gemaak dat ons weer swaar ry en nie 'n goeie brandstof  gebruik het nie. Maar kon darem lekker daai week saam met die kinders en klein kinders kuier.

Sondag die 5de het ons verder gery tot op Meyerton en oorgeslaap by Klipdraai. Nie n slegte plekkie nie. Warm swembad en baie staan plek en ablusies is mooi skoon. Daar is ook baie speel plek vir kinders en diere vir hulle om te sien.

Ons is toe vroeg Maandag daar weg met 'n Wimpy ontbyt by die Blokhuis pitstop, was heerlik gewees en toe weet ek, nou is dit vakansie tyd. Die verkeer was besig maar nie te vrot nie. So het ons by die Joubert padstal ook gestop en lekker goete gekoop om te eet en te drink waarna ons toe maar weer in die pad geval het.

By Malalane aangekom, ingeboek en net karavaan staan gemaak, so 'n bietjie rond geloop en vir Len gewag wat bykans donker daar aan gekom het. Ons het lekker gesels en geeet en toe lekker tot rus gekom.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/05/2024 - 13:19

Dinsdag oggend vroeg net na koffie is ons daar weg oppad Berg en dal toe.

 

Hier gekom en gemaak soos Chris maak, soek eers staan plek, parkeer karavaan en gaan dan ontvangs toe.Ons staan lekker in die koelte die hele dag maar kon nie teen die draad plek kry nie. Nou kom kuier die bos bokkies maar hier by ons. ( sal nog foto's aflaai en hier kom plaas.) Die weer is lekker warm en ons kon darem al so 2 keer gaan ry, maar nie veel meer as rooibokke gesien nie. By die drink gat wel 'n seekoei en 2 buffels en 'n olifant gesien wat kom water drink het. Teen die rand was daar koedoes en zebras gewees maar moes die verkyker gebruik om hulle te kon sien.

Nou is dit eers rus tyd hier in die kamp, tot later en hoop om dan die foto's by te sit

'

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/05/2024 - 13:47

Nou moet Wessel net by kom (bykom?), dan het ons tuisblyers drie toere om mee te maak. Geniet dit Mnr Lapskag en dankie vir die terugvoer. My hart trek met ‘n lang punt bosveld toe. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/05/2024 - 18:59

Dit is duidelik dat almal wat op toer is dit geniet, maak egter geen fout nie, ek geniet die virtuele toer net so lekker.

Kyk uit vir die fotosyes

Lekker om om so paar forum vriende raak te kamp. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/05/2024 - 19:21

Baie dankie Lapskag. Net om in die wildtuin te wees is 'n groot lekkerte. Met so 'n vakansieprogram sien ek ook uit na julle belewenisse - die veld, diere, verblyf, sommer alles.

Geniet!

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/05/2024 - 20:45

Vir die wat sou belang stel, die brandstof verbruik met die Mahindra XUV 500 was nie te vrot nie. Deur die Karoo met die wind so 9km/l en van Bloem tot in Johannesburg so 9.6km/l en van daar tot hier het ek 10.1km/l gekry. dit is wat die ingeboude rekenaar vir my gegee het. Ek het nou nie fyn boek gehou soos ons ander Snr vriende nie, maar ek dink dit is nie te sleg nie. Dit was met 'n spoed van so 110 km/h gewees.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/05/2024 - 21:52

Dankie vir die fotos, daai bobbejaan lyk effe moedelooslaugh

 

 

0
Pretoria

Geert

Wed, 08/05/2024 - 22:43

Dankie vir die deel van foto's.  Hoe verlang ek nou na KNP....

Geniet dit verder

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 10/05/2024 - 20:54

Ons krag is darem weer aan en nou kan ons weer probeer normaal kamp. Gister was nogal bedrywig gewees. Vroeg oggend kry ek 'n ou omie met 'n pap wiel langs die pad waar hy net op die teer begin ry het. Daar het dames gestop om te help maar soos ekke maar is stop toe ook maar en gou gou is die wiel om geruil. Terwyl ons besig is stop een van parkeraad se mense en is ongelukkig omdat ons buite ons voertuig is, maar hoe dan nou, die wiel gaan nie vanself regkom nie. Hy het ook nie aangebied om te help nie want was te hastig met sy dollar klant wat saam ry. Ons is toe daar weg oppad Afsaal se kant toe.

By Afsaal hak Nellie se voet aan 'n klip en sy koop toe sommer 'n plaas. Het toe op en maak klere skoon van al die stof en sy wil toe net kar toe en wil niks meer weet van die plek nie. Die dames wat ook gehelp met die wiel omruil het ook daar gestop en alles gesien en wou net help. Hulle koop toe maar solank koffie (vir my ook) terwyl ek Nellie terug help kar toe.

So ry ons toe maar verder op die S119 en terug met die S25 (ek dink) en sien 'n paar buffels en reg agter ons loop toe 'n trop olifante met kleintjies. Ek beur toe deur die venster om die kleintjies afte neem toe stop 'n ander jaffel voor my, of was dit agter my, maar in my lyn om fotos te kon neem en daar loop hulle in die bos. Toe praat ek maar in vreemde tale met die idioot, wat se kinders half lyf buite die venster ook nog gesit het.

Kry lekker warm en kon al 'n paar keer gaan swem ook. Groet eers tot later om weer dalk 'n foto of so te plaas.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 10/05/2024 - 21:36

Terwyl ek hier doenig was my die laai van foto's is daar 'n gestamp buite aan die karavaan, spring uit met flits om ratel se kind daar te kry. Kon hom weg jaag met 'n groot gesukkel. Was seker hy of tiepe kat wat deur die nag ook hier buite rond gesnuffel het. Darem geen kos buite gelos nie. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 10/05/2024 - 21:43

Pragtige luiperd. Dankie vir vertellinge....ek geniet dit om dit te lees

0
Worcester

Wildehont

Fri, 10/05/2024 - 22:04

Lekker vertelling en foto’s, baie dankie. Julle was omtrent gelukkig met die luiperd!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/05/2024 - 22:50

Dankie, Lapskag vir die foto's en meer - ek geniet dit om saam te lees..

Wees maar versigtig vir die ratel. Een van die kere wat ons in Tambotie tent-kamp gebly het het die ratel niks in die vullisdrom gekry nie en tot op ons houtdek gekom. Ek het hom probeer verjaag, maar pure verniet. Hy was baie agressief en het dreigend nader gekom terwyl hy vreeslike gromgeluide maak. Eers toe Daan nader staan het hy die wyk geneem. Nog elke keer wat ons by Orpen ingeboek het is ons gewaarsku teen Tambotie se ratel.

Hoop jou vrou het nie seer gekry nie. Wees maar simpatiek en deel vryfies uit waar nodiglaugh

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 11/05/2024 - 06:17

Altyd lekker......................................................om kampstorie saam met foto's te lees en te deel in die vakansie. 

Dankie en geniet die Kruger. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 11/05/2024 - 20:24

Hier is Saterdag se dinge. Was eers stil gewees by die watergat vroeg oggend en toe maar eers terug gekom vir ontbyt. Daarna het ons weer watergat toe gegaan en darem Kameelperd en trop olifante gesien. Daarna het ons die S120 gery wat maar redelik stil was behalwe vir 'n klein troppie buffels. Na ons die meeste opgepak het vanmiddag is ons eersweer watergat toe en na 'n baie lang wag tot net voor toemaak tyd, toe kom drink die een renoster ook water. Daar was groot vreugde in die kar gewees en ons was toe 2 min laat by die hek. More is ons bevooreg om saam die beste van die wildtuin te gaan kuier vir die res van die week saam Len en Anatjie, sien nogal uit om saam hulle te kan kuier.

Renoster se kind

'

Olifant kalfie

'

Buffel kalfie

'

Sommer net oom langnek by die skoonmakers

'

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/05/2024 - 22:09

..............na jou fotos kyk, twyfel ek sterk of ek ooit so 'n kranige Wildtuin kenner is waarna jy dikwels verwys.  Ek het beslis kompetisie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus