Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -15 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -15 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -19 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Lapskag se Krugerwildtuin kuier toer

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp. 

Ons het toe bespreek en begin by ;

Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)

Berg en dal van 7Mei tot 12de

Skukuza van 12 Mei tot 19de

Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste

Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie

Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.

So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.

Vaalpark

Johann L

Fri, 24/05/2024 - 15:22

Het mos juis sulke goeie geheue, hulle onthou nog die man met die lap hoedjie.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 26/05/2024 - 14:46

Middag vrinne, as die netwerk mooi saamwerk kan ek ook darem nou die se leeu laai wat egter die bos in die rivier loop was met pap wiel episode. 

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 27/05/2024 - 17:09

Vrydag se ontvangs hier in Krokodil brug was maar varksig gewees, of dit is die verwelkoming komitee of dalk die buurtwag wat op diens was.

'

'

So tussen alles was hulle dan ook besig om uit tebrei met die diens wat vorentoe moet gelewer word.

'

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 27/05/2024 - 17:20

Vrydag aand het ons lekker saam my swaer van Maputo gekuier en lekker gesels. Saterdag oggens was dit net koffie en ouma Nannie se beskuit toe vat ons maar weer die pad saam hulle. By die H5 stop 'n Ingels Tannie baie opgewonde, ons moet indraai en die leeus gaan kyk. Doen toe maar so en was baie sukses vol gewees. Ou vuilbaard was ook daar maar die moegste van almal.

'

'

'

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 27/05/2024 - 17:27

So het ons toe ook dors geword en by Mug en Bean iets koel gaan nuttig, natuurlik n yskoffie vir my want ek bestuur mos. Hier staan ons ook maar net regop vir so 'n fototjie.

'

Oom Ollie was ook dors gewees want dit was 'n bietjie warm.

'

En dan natuurlik was ons baie bevooreg om toe so skaap tjoppie en beeshaas op die kole te gooi voor hulle weer terug gery het Maputo toe. Darem net so n uur se ry na die grenspos se admin. Was vir ons 'n groot voorreg om hulle ook weer te sien.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 27/05/2024 - 17:33

Sondag was ons maar rustig gewees en het net so 'n draai gery. Ons het wel buffels gesien maar het meestal in die lang gras gelê en kon nie mooi foto kry nie. Ons kon darem 'n sekretaris voël kry so op die agterpad.

'

Ons het toe maar die res  van Sondag 'n beesstert potjie kom maak en heerlik daaraan gesmul.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/05/2024 - 19:42

Vir die foto’s en lekker vertel. Ek kuier heerlik saam in my kop. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 27/05/2024 - 19:45

Vandag (Maandag) se mannewalis en katterigheid was toe nie te sleg vir 'n Maandag more nie. So is ons eerste verkeers knoop die skuld van die 3 musketeers wat die pad vol loop.

'

Later was ons opgehou deur oom ollie en sy span en dan daai Ingelse Tannie met haar leeus. Ons het die 3 musketeers later weer gekry naby die water gat, so ek dink hulle was dors en toe 'n rus kans gevat.

'

'

Dan het ons by 'n skoonheids salon ook aan gedoen maar hulle wou nie ouma in neem nie, was kwansuis te vol.

'

Die groot troupand hoop ek

'

Vanoggend se groepie rus somme so oopketels

'

'

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2024 - 21:13

Sjoe julle was gelukkig. Dankie vir die lekker leesstof, en kyk stof.

Krokedil was ook nog altyd baie gunstig wat die katte betref vir ons.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/05/2024 - 17:29

...ek is sommer jaloers op al die wilde gelukkies wat op julle pad kom. Ek hoop om in Julie ook so gelukkig te wees as ons in Onder Sabie staan.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 28/05/2024 - 20:23

Vandag was maar baie stil gewees wat iets spesiaal aan betref, maar die gewone olifante, rooibokke, zebras, wildebeeste, jakkels, aas voël en kameelperde wat so 'n bietjie oog gehou het oor leeu se kind. Ons het die S25 gery vanoggend en was vlou geskud toe ons weer terug op die teer gekom het. Die gruis paaie is op sy beste baie vrot en vol gate, geen plesier om te ry nie.

Ons het darem gisteraand so tydens ete n besoek van 'n nagapie gehad, spring net so woerts warts van een tent paal na die ander en daar vat hy die pad in die boom in. Kon darem so 'n klein rukkie vir die klein rakker kyk en sy vaardigheid te geniet.

Op die besigtigings bord wys die mense gister was hier 3 luiperds in die omtrek en net 1 vandag aan die teenoorgestelde kant van die teerpad. Die kerneels ontwyk my nog ten volle, maar kon op die S25 so 'n breekdeel van 2 sekondes een se lyf sien net voor hy uit die boom verdwyn het.

OP ons pad terug kamp toe draai ons sommer gou in by die drink gat net hier buite kant, die kameelperde loop so water se kant toe in n ry, maar oepsie , op die wal lê die 2 leeu wyfies wat ook hier rond loop. Die kameelperde het hulle so uit die hoogte dop gehou vir 'n rukkie en toe maar besluit om aan tebeweeg en sou seker later terug kom vir 'n bietjie water.

Hier is sommer net 'n foto of 2 vir die wat daar by die huis is en verlang na die wilde tuin.

,

,

,

,

,

,

0
Worcester

Wildehont

Wed, 29/05/2024 - 09:51

Dankie vir die verslag en mooi foto’s vir ons wat hunker om daar te wees. Hoe maak julle met stem, kon julle ook registreer om daar julle nasionale stem uit te bring?

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 29/05/2024 - 20:01

Vandag het ons maar kort stukkies gruis pad gery, heeltemal te vrot om lang stukke te ry. Maar net gou geloer of daar iets hier in die begin is waar al voorheen iets gesien is. Slapende leeu wyfie gekry maar nie veel meer nie. Op die teerpad na OnderSabie het ons die luiperd met so 500m gemis, het reeds weg geloop toe ons kans kry om nader te stop.

Ons het wel 'n trompettertjie gekry wat in die sand speel terwyl al die groot mense verby geloop het. Hy het ook nogal n verkeers knoop gevorm hier langs die pad. Dan natuurlik die slim ou wat dwars gaan stop met sy bussie sodat niemand iets kan sien nie. Ek dink baie het in hul gedagte in vreemde tale met hom gepraat. Ons kon darem ook n hou inkry en 'n foto van die kanpie kry.

Kon darem vandag ook die groen pappegaai duif sien en die hamerkop visvanger / reier. Dan ook vir oom ollie met net een tand. Hier is so 'n foto of 2 vir julle.

Klein slurpie

,

Trompettertjie

,

,

Ou eentand

,

Voëls

,

,

,

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 30/05/2024 - 19:55

Ons voorlaaste aand in die wildtuin. Die dag het maar die gewone wild oor ons pad gebring maar niks uitstaande nie. Lees op die "Sighting Board" van die leeus en luiperd maar kon niks te sien kry nie. Hulle is een te slim vir ons. Dalk more oggend vir die laaste keer probeer voor ons in gaan Komatipoort toe om weer vol te maak en dan Saterdag oggend die pad te vat tot in Parys.

Wat wel vir ons opwindend was om ons huweliks herdenking en moedersdag in die wildtuin te kon geniet. Met dit saam het ons 'n lekker mosselpot gemaak met vars broodjie. Was uit die boonste rakke gewees. Lyk my ek is nou n regte baster Vrystaatse Kapenaar en bou dan sommer 'n mosselpot in die wildtuin. ChrisB sal met my saam stem maar ek dink Len gaan dink ek is van my trollie af. Dalk is altwee reg, ekke maar 'n snaakse karakter.

Vannaand is daar nie fotos om aftelaai en te wys nie, maar lekker ou droë bek.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 30/05/2024 - 20:51

Soos wat dit stil raak hier in Krokodil brug se kamp, so bedrywig raak dit hier buite in die veld. Die gebrul van leeus en dan die benoude gebulk van 'n buffel. Klink vir my na een groot geveg in rigting van die personeel se huise. Sal more probeer uitvind by Kakie wat het gebeur. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 30/05/2024 - 22:53

Jy praat so van leeu en kameelperde so saam by watergat....wil sommer hierdie foto deel....nie myne nie

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 31/05/2024 - 09:32

En so het ons laaste dag aangebreek hier in die wildtuin. Ons is sommer vroeg so met die koffie in die hand hier by die hek uit en hoop vir die beste.

,

 

Hier is van gister se min fotos;

,

,

,

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus