6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -27 minutes ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 26/06/2024 - 11:00

Gooi ń lekker verjaarsdag party. Ek hoop die bosmekenieks het bietjie ondervinding en torque wrenches. Die vasdraai in aluminium blokke of silinderkoppe, is ń ernstige saak.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 26/06/2024 - 11:19

Ek weet alte goed dat dit 'n moerske frustrasie moet wees om sulke probleme te ervaar. Ek vertrou julle voertuigprobleme word gou opgelos. Wat ookal die "outcome" vandag - geniet mammie se verjaarsdagvieringe, al is dit dalk eers vanaand. Ek was al 'n paar keer bevoorreg om in die wildtuin te verjaar - 2 keer in Punda en 1 keer in Krokodilbrug. En as alles volgens plan verloop vier ek dit volgende jaar in Malelane-kamp.

Vaalpark

Johann L

Wed, 26/06/2024 - 13:29

Baie geluk met Salomien se verjaardag.

Glo dit gaan van nou af net beter gaan met die drama, ons grootste drama met 'n kamp het toe later ons lekkerste kamp ooit uit gedraai. Hoop dieselfde vir julle.

Worcester

Wildehont

Wed, 26/06/2024 - 13:41

Tussen my, ons kennis van De Doorns en die drie vakmanne van die kamp het ons dit reggekry. Alles loop soos dit moet, sal vanmiddag ‘n toets wildrit doen. 
 

A

Vaalpark

Johann L

Wed, 26/06/2024 - 13:46

Daarsy Chris en nou is die trokkie weer reg en kan julle na die res van 'n heerlike wildtuin vakansie uitsien. Sien die reen het ook saam gespeel.

Baie bly dat alles nou uit gesorteer isyes

Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/06/2024 - 13:47

....knak nou 'n paar koues saam met al jou vriende bymekaar onder die enjinkap. 

Ek is so bly vir jou part, nou kan julle begin ontspan en die wildtuin geniet. Onthou, ek wil hoor hoe is nr 28 in Tsendze.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/06/2024 - 13:55

............baie geluk aan jou en jou helpers, en dankie aan die hekpersoneel wat jou op hoogte gehou het en die koerierdiens asook die gaste wat die onderdeel saamgebring het Shingwedzi toe.  Ek glo die eindresultaat was 'n lekker verjaarsdaggeskenk vir Salomien.

Nou vir die lekker verdere kuier in die Wildtuin.

Pretoria

Geert

Wed, 26/06/2024 - 14:29

Mooi so, welgedaan. Geniet res van KNP trip! Dis die voordeel as jy van engins weet. Ek weet niks.....sal maar hoop op versekering moet sit en sal seker maar moet hoes

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 26/06/2024 - 16:48

Ek is soos Geert. My voertuig sou noodwendig maar ingesleep moes word na die agente toe.

Mag die Ford vele probleemvrye jare se diens vorentoe lewer.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/06/2024 - 17:18

....van voertuie regmaak. Grompie sal ook op platbed na die agente moet gaan, as dit my sou oorkom.

Ek kan hoor en sien as daar fout is, maar dis dit. Ek lig my laphoedjie uit respek vir jou, Chris S

Irene

Grootwind

Wed, 26/06/2024 - 17:30

Onse ou omies moes maar leer deur te bloei! By gebrek aan 'n kis vol geld (iets wat stiudnte nioe gehad het nie) moes ons maar 'n Hayes selfdoen werkswinkel handleiding vir 'n spesifieke voertuig model te koop en "volg dan die prentjies". My Datsun 1600 in die laat 1976 se enjin so oorgedoen...was beter daarna as wat Datsun hom gebou het (met 'n handvol "onnodige" skroefies an wassers wat oorgebly het!) Deesdae kan mens die nodige handleidings sommer van die Internet aflaai.

Irene

Grootwind

Wed, 26/06/2024 - 17:32

Chris, hou net die "serpentine" band dop vir die eerste ruk om seker te maak die ding loop soos hy moet met die sg. pulleys en dreig nie om af te klim nie. Daarna is die Kaap mos Hollands!

Vaalpark

Johann L

Wed, 26/06/2024 - 20:34

Wat het die Ranger toe gemaak tydens toets / wildrit?

Worcester

Wildehont

Thu, 27/06/2024 - 06:35

Ons het gistermiddag vir oulaas die pragtige Mphongolo pad gaan ry, en die Ranger is weer klopdisselboom. Ek is baie dankbaar dat die regte onderdele hier aangekom het, en dat ons dit suksesvol kon vervang. Ook vir almal se aandeel daarin om die onderdele hier te kry en in te sit. 
 

Insleep sou tyd- en geldmors gewees het, want ek sou seker nou nog in Phalaborwa sit en wag het vir die agent om die onderdele te kry. Alhoewel die wag hier frustrered was, was ons darem nog in die wildtuin en by mekaar. Ek is wel baie hartseer oor drie dae se verlore wildritte, maar toe ons gister weer kon ry was ek opnuut dankbaar vir die geleentheid. 
 

Nou moet ons oppak. Dit het weer van vroeg af gereën maar is tans stil. Gisteraand het ons vir die eersre keer koud gekry, maar ons het Salomien se verjaardag lekker gevier. Ek gaan die nat kantseile en silwer seil en vuil grondseile opvou en sommer op die kappie se dakrak vasmaak. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/06/2024 - 07:56

....om 'n trokkie te hê wat mens toelaat om te pak en modderige seile sommer bo-op te vervoer.

Dalk moet jy die kantseile na die wind span, dan spaar jy diesellaugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2024 - 09:16

Baie bly die herstelwerk was 'n sukses.  Geniet die skuif na Tsendze en ek hoop die reën gee julle kans om julleself lekker daar in te rig.

Voorspoed lê nou voor !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2024 - 19:44

..............want daar is nie juis selfoonsein in Tsendze nie.  Miskien hoor ons wel so 'n ietsie as hulle Mopani toe ry.

Foeitog, ek sien die weervoorspelling vir die laeveld in Phalaborwa se omgewing wys reën vir die volgende paar dae. Dus die sonpanele gaan nie die nodige laaiwerk doen nie.

Wat nog ?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/06/2024 - 07:47

...gestuur vir die Smalle. Ek kon verlede jaar vanaf Tsendze bel, dalk kry Chris die boodskap.

Soos Len sê, dalk stuur hy iets vanaf Mopanie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus