Goed om te hoor
Ek verwys nou nie na die geyser probleem nie, dis sleg. Ek glo dit gaan maklik opgelos word. Ek eis as ek dink dat my wa se geyser dalk eendag kan oppak. Ek het nie die deurloop soort nie, maar een wat (wonderlik) werk met 220V as dit beskikbaar is en gas as dit nie is nie.
Ek is bly om te hoor dat die skaal geswaai het na die liefde kant toe vir jou Kavango. Ons geniet ons wa, dit werk vir ons behoeftes en het nog maar min probleme gegee.
Oopsny van Kavango
Ek het so rukkie met Willie Grobelaar van ECHO gesels. Hy het my sterk afgeraai om nie die deurklim opening na die voorste bed te laat oopsny nie. Hy is bewus van die besigheid wat dit doen, maar die wa is nie daarvoor ontwerp en gebou nie.
My Kavango sal dus struktureel onveranderd gehou word.
Ek sou ook nie
Die Kavango se veselglas dop is ‘n eenheid. Dit het net gate in (met versterking rondom) vir die deure, dak en tent se klap. Wessel weet natuurlik al die feite. As mens gaan sny daaraan gaan jy definitief die struktuur verswak.
Geiser probleem
Ek het vanoggend die Kavango gaan haal. Die probleem was toe nie die geiser of sy filter wat verstop was nie. Tussen die pomp en die wasbakkraan was die pyp omtrent verstop. Die pyp is uitgehaal en skoongemaak, en warmwater vloei in oorvloed.
Dit lyk nie of die tenk 'n lekker groot dreineer opening het nie. Ek laat loop altyd die tenk leeg, maar blaas nie die pype ook leeg nie. Ek was ongelukkig nie by om te sien wat uit die pyp gekom het nie.
Die prop vir wa se ligte is ook vervang wat lekker stewig indruk by die trokkie se prop. Nou hoef ek nie maskeerband om te draai nie.
Hou toe my jonk en manhaftig, was en poleer toe sommer die wa. Dis verstommend hoe vaal die dak word van buite in die son, stof en dou staan terwyl mens kampeer.
Daar vang die ouderdom my, val amper van die leer af, skoon lighoofdig. Goeie verskoning om piesang, nartjie en suikerlekkers te eet.
Wa was is gevaarlik
Ek vermy dit sover moontlik. Ek spuit sommer net af met die hoëdruk spuit, veral na ‘n besoek aan die kus.
Ek is bly die warm water loop weer vrylik.
A nee a!! Om jou voertuie …
A nee a!! Om jou voertuie (karavaan ingesluit) te was of gras te sny is om iemand anders van 'n potensiële inkomste te ontneem - skaam jou.😇 Dit is my tuin-ingenieur se takie om my voertuie (en karavaan) te was en die tuindienste is verantwoordelik vir die instandhouding van my grasperke.
Nou toe nou............
"Om jou voertuie (karavaan ingesluit) te was of gras te sny is om iemand anders van 'n potensiële inkomste te ontneem"
ChrisB, ons is nie almal só finansieël sterk nie, veral nie as jy reeds 16 jaar met pensioen afgetree is nie.
Pensioen
Toe ek met pension gegaan het, het ek geredeneer.
Met pensioen, nou kan ek mos alles self doen - tyd is my kant
Toe vang ouderdom my - raak gevaarlik om sekere take te doen
Kry toe iemand om dit te doen - toe vang finansies my
Nou moet ek alles self doen en die risiko vat![]()
Chris S....
....het jy al dit ooweeg om jou wa se skokbrekers te vervang. ?? Wat seg jou vriend Pierre daaromtrent.
Dit is nogal jammer dat mens self moet boekhou van afstand gebruik. Skielik wonder ek, die tye wat 'n woonwa staan, en sy wiele hang nie in die lug nie, of die gewig is nie tenminste van die onderstel af nie, wat die effek [negatief] op skokbrekers is.
Skuus ek chip in Wessel…
Skuus ek chip in Wessel. Skokbrekers in rus, is gladnie onder enige spanning nie. As dit halfpad ingedruk is, is dit net so in rus as heeltemal in of uit.
Gasgevulde skokbrekers is effe anders, maar die basiese struktuur is dieselfde. Jou wa sal nie gasgevulde skokbrekers het nie, dit word gebruik in hoë verrigtings suspensies ie Dacar voertuie of motorfietse.
As jou skokbreker se seels nog reg is, maw nie olie lek nie, behoort dit nog die job te doen. Jy sal dadelik sien as dit begin stof opgaar op die skokbreker, dan lek dit olie.
![]()
![]()
![]()
Herman...
....jy hoef nooit ekskuus te vra om saam te gesels nie. Onthou as dit by sulke goete kom, is ek eintlik 'n totale groentjie. Ek waardeer insette want dan kan ek ophou bekommer/dink oor dinge.
Ek vermoed dat ek nou gasgevulde skokbrekers opgesit het, onthou jy ek het genoem dit is/was Monroe's.
Ek het na ons Meimaand toer vervang, want band het sulke trappies begin maak. Die tegnikus kon die ou skokbrekers sommer kaalhande inmekaar druk.
Ek gaan akkoord met Oom Neef
As die skokbrekers nie sweet nie sweet ek ook nie. My Kavango het nog die outydse soliede as. Ek weet nie of dit ‘n verskil maak nie, maar die vorige stel bande (waarmee ek dit gekoop het) het egalig afgeloop en ver verby vyf jare diens gelewer. Afstand sal ek nou nie kan sê nie. Die skokbrekers het ek dit mee gekoop. Ek kan nie onthou dat ek al skokbrekers op enige voertuig vervang het nie. Vere wel.
Exclusive
My 19-jarige Exclusive het nie afsonderlike skokbrekers nie, maar wel daardie opgewende rubber in die as (spesifieke naam nou vergeet) wat vir jare en 85 000 km goeie diens lewer. Ek onthou my destyde 1969 Sprite GT karavaantjie was van die eerstes wat hiermee uitgekom het en 55 jaar later word dit nog in karavane ingebou.
Dis seker maar 'n boswa ding om skokbrekers te installeer wat die ruwer paaie sal kan hanteer.
Soliede as skokbrekers
Môre Chris S
volgens my persoonlike tegnikus, wat sy eie boswa besigheid het, hou skokbrekers op 'n soliede as met bladvere langer as teenoor onafhanklike spiraal veerstelsel.
Feit of flater, ek sal nie weet nie. Die meganiese sterk manne moet kom saamgesels.
Daar moet 'n baie geldige rede/motivering wees waarom baie boswa vervaardigers steeds soliede as met bladvere verkies.
Waterpype se koppelstukke
Wessel, hoe lyk jou Kavango se plumbing? Ek weet ons geysers verskil, want jy het ‘n deurloop een. Ek hou van die een wat ons het, wat op gas of elektrisiteit kan werk. Ons het nog nooit te min warm water gehad nie, en ons is vier mense.
Ek wonder sommer oor hoe jou wa se pypwerk lyk, en of dit ook die pneumatic koppelstukke gebruik. Die voordeel daarvan is dat dit druk goed kan hanteer, en dis seker hoekom hulle dit op my wa gebruik het. Solank die pomp aan is, is die hele stelsel onder druk. Dit het ‘n voordeel - geen drukskakelaars op krane nie, maar ook ‘n nadeel - as ‘n pyp kraak spuit die water uit totdat die pomp afgeskakel word. Uit my ondervinding is dit gewoonlik die een naaste aan die geyser waar die warm water uitkom wat kraak. Dit sê vir my die pypies is nie ontwerp om hitte te hanteer nie. Die koppelstukke hou egter goed (nou al 16 jaar op my wa) solank mens dit nie mishandel soos ek voorheen het nie.
Extreme se koppelstukke
Chris S, ek het maar gou spesiaal gaan kyk, net om te verseker ek jok nie.
Koppelstukke rondom die pomp, en lasplekke lyk na koper en roevryestaal komponente. Die wat so 'n gemasjineerde konsentriese riffels om die pypstukkie het. Die hoë druk pyp is net daaroor gedruk en met "jubilee" klampe vas/dig getrek.
Ek sal gaan loer of ek nog van die goete het, en foto neem. Ek het mos my wa se pypwerk terug na "stock standard" laat verander.
Waterpyp koppelinge
Chris, ek hoop die foto gee genoeg definisie.
Regs kan jy sien dat daar sommer ruim van Teflon type gebruik gemaak was. Ek dink dat daardie koppelstukke ook wasters inkry.
Ek het nog net 1 keer 'n lek op 'n las gehad.
Wat ek in die foto sien, is…
Wat ek in die foto sien, is compression fittings wat in normale plumbing gebruik word. Genoem " Conex" daar is veronderstel om ń geelkoper "ring of Olive" op die pyp te wees wat krimp as jy dit vasdraai. Geen Ptfe nodig nie.
Die twee " hose tail" konneksies vir buigbare pyp het ń fibre washer wat die konneksie dig maak. Jubilee clamps maak die flexible hose aan die vas.





filter op geiser
Middag Chris S, ek gaan jou hier antwoord op jou inset "hier kom 'n ding".
Alles het perfek gewerk nadat ek die 3 skokbrekers en remme laat herstel het. Wa sleep soos 'n droom en die linkerband se skeef afloop het nie vererger nie.
Die 1ste aand in Tsendze wil die geiser nie werk nie. Dit kom aan, met so 'n piepie straaltjie en dan koud. so het ons toe maar vakansie feurgekom deur by opwasplekke te gaan skottelgoed was. blykbaar is daar 'n filter voor my wa se geiser wat verstop/vuil raak, of kalk vang. Ek weet nie waar dit sit en hoe om skoon te maak nie. Ek wil nog na my woonwa bouer/vriend/ tegnikus gaan dat hy my wys waar die filter is.
Ek bly maar nuuskierig en kyk graag na alternatiewe, maar die Kavango het steeds sekere voordele, selfs bo 'n Gecko.