6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -56 minutes ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -2 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -8 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Brits

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ons beplan om 10  to 12 Januarie 2025 'n familie saamtrek by Altyd Goed Landgoed by Brits te hou.

Nou is my vraag aan oa Wessel en enige iemand wat die pad tussen Magaliesburg en Brits ken, in wat se toestand is die pad.

Ek het een van twee keuses, Randfontein, Magalies na Brits, of Roodepoort om na Brits. LG het wel 'n tolhek, maar dan moet ons op 'n Vrydag daai verkeer trotseer.

Laaste wat ons wel Magaliesberg om gery het was dit maar in 'n swak toestand.

Raad sal waardeer word.

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/08/2024 - 08:23

Volgens Waze is daar die keuse van twee roetes.

Brits
Die twee keuses.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 27/08/2024 - 09:44

my kennis is nie van veel waarde hier nie. Al wat ek egter weet is dat Google maps jou vanaf Magalies oor die berg na Buffelspoort, N4, Brits kan stuur. Vir die eerste paar kilometer is/was dit 'n baie goeie en breë grondpad wat na plase lei, maar dan raak dit totaal onrybaar. Baie mense wat vanaf Magalies na Buffelspoort wou ry het in hierdie slaggat getrap - eenmaal selfs buitelanders wat dit te ver gewaag het en dit was omtrent 'n operasie om hulle daar uit te kry.

Hoop jy kry beter antwoordelaugh

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/08/2024 - 11:19

...jy moet nader aan die tyd weer vra asb.

Op die oomblik sal ek 2 opsies voorstel;

1] Ry N1 tot by M5 [Muldersdrift] afrit en draai regs vir Brits 

    Ry vêr tot by 'n sirkel en draai regs 

    Ry paar kilo's en draai links op R512. 

    Ry met R512 al die pad tot in Brits waar jy die Thabazimbi pad [R511] kry na die plaas.

 

2] Ry N1 tot by GORDON road afrit, en draai links.

    Amper dadelik draai regs op M47 Hendrik Potgieter

    Ry tot jy R28/N14 kry en draai regs vir Pretoria.

    Ry tot jy M5 Muldersdrift afrit kry en neem dit

 

Ongelukkig is daar rondom Pecan wood en Broederstroom padwerke, maar heel rybaar. Dit kan dalk klaar wees teen Januarie 2025.  Ek sal patrollie gaan ry in Desember om te kyk. 

Beplan jy om met woonwa te kom???  

    

 

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/08/2024 - 15:06

Julle ek waardeer die terugvoer sover.

Wessel ja ek sleep my Penta en wil nie graag Hartbeespoort om ry nie, daai pad was die laaste keer wat ons dit gery het baie sleg.

Ek weet Roodepoort om is daar 'n mooi pad, maar ek wil nie graag deur daai Vrydag verkeer in Johannesburg sukkel nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/08/2024 - 15:21

....ry soos jy wil tot by Krugersdorp. Dan ry jy die N14 in Pretoria se rigting, en dan soos ek voorgestel het. My 2 roetes gaan nie deur Hartbeespoort/Schoemansville nie. 

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/08/2024 - 17:37

Baie dankie, ek voel ook dat die vakansie verkeer in Johannesburg nie te vreeslik sal wees nie, veral as ons soos jy sê Gordon afklim en dan verder "om" die stad gaan.

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/08/2024 - 17:38

Hierdie ou man voel oor verkeer soos daai lap hoed man oor olifantedevil

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/08/2024 - 17:52

...ek ry ook moeilik om JHB se verkeer. Gelukkig loop die Kavango net so breed as Grompie, dit help baie. Verder help die laphoedjie, en mond so effe oop en droge slukke. laughlaugh

Mens moet net betyds die regte baan neem vir die afritte.

Irene

Grootwind

Tue, 27/08/2024 - 19:38

Johann. ek ry van tyd tot tyd vanaf Irene (Centurion) na van die myne in die Northam, Thabazimbi/Rustenburg en het al vele alternatiewe roetes probeer. Vind steeds dat dit beter en veiliger is om snelweg langs te hou, van jou kant af in Vaalpark klim op die N1 na Jhb, dan om Jhb Pta se kant toe en dan Polokwane se kant toe, net noord van Pta klim jy op die N4 Rustenburg se kant toe. Neem dan die Brits afrit (R511) en verder soos Wessel beduie.  

Irene

Grootwind

Tue, 27/08/2024 - 19:40

En, moenie van jou kant af oor Krugersdorp probeer ry nie, jy word dan gedwing om deur Randfontein en Krugersdorp te ry en kan eers die N14 optel na jy by daai steil afdraande net Noord van Krugersdorp af is

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/08/2024 - 20:19

...............met die gesukkel linksom (weste kant)of regsom (ooste kant) om Johannesburg en nie deur  Johannesburg nie ?

Ook, ons ry dikwels vanaf Klerksdorp oor Randfontein en Krugersdorp (steil afdaende en al) om op die Krugersdorp-snelweg Pretoria toe te kom en indien ons nie in Pretoria aangaan nie, ry ons regsom Pretoria (ooste kant) en nie deur Pretoria nie.

Maklik man !

Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/08/2024 - 05:16

....soos Grootwind voorstel is tans die beste roete omdat daar nerens padwerke is nie. Selfs die N4 tussen Pretoria en Brits is nou heelpad dubbelbane. 

Moet net nie R511 van die N14 af na Brits neem nie, loop by Diepsloot verby en dit raak nou deur die Hennops pride gedeelte

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus