Ons beplan om 10 to 12 Januarie 2025 'n familie saamtrek by Altyd Goed Landgoed by Brits te hou.
Nou is my vraag aan oa Wessel en enige iemand wat die pad tussen Magaliesburg en Brits ken, in wat se toestand is die pad.
Ek het een van twee keuses, Randfontein, Magalies na Brits, of Roodepoort om na Brits. LG het wel 'n tolhek, maar dan moet ons op 'n Vrydag daai verkeer trotseer.
Laaste wat ons wel Magaliesberg om gery het was dit maar in 'n swak toestand.
Raad sal waardeer word.
Johann,
my kennis is nie van veel waarde hier nie. Al wat ek egter weet is dat Google maps jou vanaf Magalies oor die berg na Buffelspoort, N4, Brits kan stuur. Vir die eerste paar kilometer is/was dit 'n baie goeie en breë grondpad wat na plase lei, maar dan raak dit totaal onrybaar. Baie mense wat vanaf Magalies na Buffelspoort wou ry het in hierdie slaggat getrap - eenmaal selfs buitelanders wat dit te ver gewaag het en dit was omtrent 'n operasie om hulle daar uit te kry.
Hoop jy kry beter antwoorde![]()
Johann....
...jy moet nader aan die tyd weer vra asb.
Op die oomblik sal ek 2 opsies voorstel;
1] Ry N1 tot by M5 [Muldersdrift] afrit en draai regs vir Brits
Ry vêr tot by 'n sirkel en draai regs
Ry paar kilo's en draai links op R512.
Ry met R512 al die pad tot in Brits waar jy die Thabazimbi pad [R511] kry na die plaas.
2] Ry N1 tot by GORDON road afrit, en draai links.
Amper dadelik draai regs op M47 Hendrik Potgieter
Ry tot jy R28/N14 kry en draai regs vir Pretoria.
Ry tot jy M5 Muldersdrift afrit kry en neem dit
Ongelukkig is daar rondom Pecan wood en Broederstroom padwerke, maar heel rybaar. Dit kan dalk klaar wees teen Januarie 2025. Ek sal patrollie gaan ry in Desember om te kyk.
Beplan jy om met woonwa te kom???
Dankie.
Julle ek waardeer die terugvoer sover.
Wessel ja ek sleep my Penta en wil nie graag Hartbeespoort om ry nie, daai pad was die laaste keer wat ons dit gery het baie sleg.
Ek weet Roodepoort om is daar 'n mooi pad, maar ek wil nie graag deur daai Vrydag verkeer in Johannesburg sukkel nie.
Johann....
....ry soos jy wil tot by Krugersdorp. Dan ry jy die N14 in Pretoria se rigting, en dan soos ek voorgestel het. My 2 roetes gaan nie deur Hartbeespoort/Schoemansville nie.
Johann....
...ek ry ook moeilik om JHB se verkeer. Gelukkig loop die Kavango net so breed as Grompie, dit help baie. Verder help die laphoedjie, en mond so effe oop en droge slukke. ![]()
![]()
Mens moet net betyds die regte baan neem vir die afritte.
Johann. ek ry van tyd tot…
Johann. ek ry van tyd tot tyd vanaf Irene (Centurion) na van die myne in die Northam, Thabazimbi/Rustenburg en het al vele alternatiewe roetes probeer. Vind steeds dat dit beter en veiliger is om snelweg langs te hou, van jou kant af in Vaalpark klim op die N1 na Jhb, dan om Jhb Pta se kant toe en dan Polokwane se kant toe, net noord van Pta klim jy op die N4 Rustenburg se kant toe. Neem dan die Brits afrit (R511) en verder soos Wessel beduie.
En, moenie van jou kant af…
En, moenie van jou kant af oor Krugersdorp probeer ry nie, jy word dan gedwing om deur Randfontein en Krugersdorp te ry en kan eers die N14 optel na jy by daai steil afdraande net Noord van Krugersdorp af is
Nou wat is dit................
...............met die gesukkel linksom (weste kant)of regsom (ooste kant) om Johannesburg en nie deur Johannesburg nie ?
Ook, ons ry dikwels vanaf Klerksdorp oor Randfontein en Krugersdorp (steil afdaende en al) om op die Krugersdorp-snelweg Pretoria toe te kom en indien ons nie in Pretoria aangaan nie, ry ons regsom Pretoria (ooste kant) en nie deur Pretoria nie.
Maklik man !
Johann....
....soos Grootwind voorstel is tans die beste roete omdat daar nerens padwerke is nie. Selfs die N4 tussen Pretoria en Brits is nou heelpad dubbelbane.
Moet net nie R511 van die N14 af na Brits neem nie, loop by Diepsloot verby en dit raak nou deur die Hennops pride gedeelte





Roetes
Volgens Waze is daar die keuse van twee roetes.