DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

More vrinne
Het gister so 20 mm reen gehad in Secunda jongste meisiekind gister 10H00 klaar gemaak met skool so trots op haar maar ook tikkie hardseer vir my lekke dag vir julle almal
Goeie more mense, tee was…
Goeie more mense, tee was lekker dankie, julle moet 'n lekker laaste Dinsdag van November geniet?
Goeiemore
Dit is 'n lekker dag in die Baai. Ons woonbuurt gaan vandag nie water hê nie, daar word "important maintenance" gedoen.
Ja, aan al die mense wie se kinders/kleinkinders nou klaar is met skool, baie geluk. Dit is nie maklik om sommer dadelik te besef hulle is nou grootmense nie. Alle sukses aan almal van hulle.
Geniet julle Dinsdag en hou die blink kant bo!
Goeie middag! Jammer ek is…
Goeie middag! Jammer ek is so skaars. Moes Polokwane toe kom vir werk vandag.
![]()
Goeie more Len, Freda en die…
Goeie more Len, Freda en die res.
Ek is nog hier. wanneer twee van ons saam ry is dit die tyd wat ek op kantoor kom.
Sal tee neem dankie.
Lekker dag vir elkeen
More more…
More more.
Het iemand al my WP koffie beker gekry.
Koffie in die plastiek weggooi koppie smaak maar &$€
Geniet julle dag
Goeie more Len! Dusty,…
Goeie more Len! Dusty, Freda, Harry, Oom Deon en almal wat hier rondsluip (DK ook
)
Dis Woensdag, ek dink daar oet gebraai word vanaand? Lekker dag vir almal!
More mede "Afrikaanse" forum…
More mede "Afrikaanse" forum lede?
Dankie tee was lekker, geniet julle week breek dag voluit.
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Weer lekker reen gehad gisteraand. Vanoggend lekker fris buite. Tee ook lekker vanoggend.
Laaste dag van November. Geniet hom ook
Môre almal. Lekker dag. Nog…
Môre almal. Lekker dag. Nog net 2weke dan sluit ons vir n hele maand.
More hier vanaf
More vanaf ATKV Eiland vandag my moeder 70 jaar oud ons gaan deur ry Phalaborwa toe vir haar kuier vandaar sal sy ons join van vrydag af tot sondag hier by die eiland weer vanoggend redelik koel gister temp gedraai by 39 skink daai koffie die loop hier by my soos stroop
More sê
Dit is 'n nuwe dag. Elke dag het ons die voorreg om nuut te begin.
Voor ek dramaties raak, dit is 'n pragtige dag in die Baai. Al manier wat julle 'n mooier dag kan hê, is as dit by julle reën.
Ai, die droogte darem. Gister was ons tuinman hier en nadat hy sy skoonmaakwerk gedoen het, was dit opmerklik hoe baie kaal kolle daar nou in die tuin is. Nou en dan se reën was net nie genoeg om van die grondbedekkers en plante aan die lewe te hou nie. Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n sprinkler in die tuin kon aansit nie.
Mag jul almal 'n mooi dag hê, vol geluk en liefde!
Shaun, geniet dit daar by…
Shaun, geniet dit daar by Eiland en veral jou ma se verjaarsdag. Kuier lekker saam met haar.
Goeie more almal. Sleep…
Goeie more almal. Sleep nou geniet ATKV en jou Moeder saam met al die familie!
Hier by ons het dit ook lekker baie gereen laas nag. Ja ek kan nie glo more is 1 Desember nie - Heerlike dag vir almal!





Môre almal. N mooi dag vir…
Môre almal. N mooi dag vir almal. Die jaar loop nou vinnig uit en die mense se verlofvkom nou vinnig nader.