Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -19 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 28/11/2017 - 07:10

Het gister so 20 mm reen gehad in Secunda jongste meisiekind gister 10H00 klaar gemaak met skool so trots op haar maar ook tikkie hardseer vir my lekke dag vir julle almal

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 28/11/2017 - 07:51

Dit is 'n lekker dag in die Baai.   Ons woonbuurt gaan vandag nie water hê nie, daar word "important maintenance" gedoen.

Ja, aan al die mense wie se kinders/kleinkinders nou klaar is met skool, baie geluk.  Dit is nie maklik om sommer dadelik te besef hulle is nou grootmense nie.   Alle sukses aan almal van hulle.

Geniet julle Dinsdag en hou die blink kant bo!

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Tue, 28/11/2017 - 08:31

Lekker gereen deur die nag hier. 25mm.

Lekker koffie drink en geniet jou dag

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/11/2017 - 05:13

Goeie môre !

Lyk vir my ek is eerste uit die vere vanoggend.

 

Lekker dag aan almal.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 29/11/2017 - 05:24

More Len, ons is so gewoond Dusty groet eerste.  Wonder waar is hy vanoggend?

Aan almal wat nog gaan kom koffie drink, mag jul 'n baie lekker dag hê.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 29/11/2017 - 05:27

Goeie more Len, Freda en die res.

Ek is nog hier. wanneer twee van ons saam ry is dit die tyd wat ek op kantoor kom.

Sal tee neem dankie.

Lekker dag vir elkeen

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 29/11/2017 - 06:28

More more.

Het iemand al my WP koffie beker gekry.

Koffie in die plastiek weggooi koppie smaak maar &$€

Geniet julle dag

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 29/11/2017 - 06:46

Goeie more Len!  Dusty, Freda, Harry, Oom Deon en almal wat hier rondsluip (DK ook cheeky)

Dis Woensdag, ek dink daar oet gebraai word vanaand?  Lekker dag vir almal!

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 30/11/2017 - 05:32

Goeie more almal.

Weer lekker reen gehad gisteraand. Vanoggend lekker fris buite. Tee ook lekker vanoggend.

Laaste dag van November. Geniet hom ook

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 30/11/2017 - 06:43

More vanaf ATKV Eiland vandag my moeder 70 jaar oud ons gaan deur ry Phalaborwa toe vir haar kuier vandaar sal sy ons join van vrydag af tot sondag hier by die eiland weer vanoggend redelik koel gister temp gedraai by 39 skink daai koffie die loop hier by my soos stroop

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 30/11/2017 - 06:43

Dit is 'n nuwe dag.   Elke dag het ons die voorreg om nuut te begin.

Voor ek dramaties raak, dit is 'n pragtige dag in die Baai.  Al manier wat julle 'n mooier dag kan hê, is as dit by julle reën.

Ai, die droogte darem.  Gister was ons tuinman hier en nadat hy sy skoonmaakwerk gedoen het, was dit opmerklik hoe baie kaal kolle daar nou in die tuin is.  Nou en dan se reën was net nie genoeg om van die grondbedekkers en plante aan die lewe te hou nie.   Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n sprinkler in die tuin kon aansit nie.

Mag jul almal 'n mooi dag hê, vol geluk en liefde!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 30/11/2017 - 06:49

Goeie more almal.   Sleep nou geniet ATKV en jou Moeder saam met al die familie!

Hier by ons het dit ook lekker baie gereen laas nag.   Ja ek kan nie glo more is 1 Desember nie - Heerlike dag vir almal!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus