DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Baie dankie
Baie dankie liewe Freda. Ek is bly jy verstaan. Hiehiehie. Toe ek vir Anton ontmoed het en daaraan begin dink het om kinders te he het ek vir God gevra om ASB vir my 2 seuntjies te gee voor ek 30 is. En dit het presies net so waar geword. Eks mal oor klein dogtertjies maar eks ook n seuntjie mamma. Ek LOVE hulle! Xxx
Lekke reen
Reen lekke ook in Secunda ja lolla kinders is n blessing ek het drie parremanne waarvan twee reeds getroud is en jongste so pas klaar gemaak het met matriek die lewe is n lied
So....
So van die seuntjie-mammas gepraat. My ouers het ook net twee kinders gehad, ek en my broer wat twee jaar ouer as ek is. In ons hele familie was daar net een niggie en dié het 1500km van ons af gebly. Dus ek het sonder die teenwoordigheid van meisies groot geword en toe ons eersteling oppad was, het ek gehoop op 'n dogtertjie............. en dis toe 'n seuntjie ! Toe die tweede enetjie oppad is, hoop ek weer op 'n dogtertjie..........en toe is dit weer 'n seuntjie ! Met die derde enetjie het ek aanvaar dit gaan weer 'n seuntjie wees..........en toe is dit wraggies 'n dogtertjie ! Wat 'n wonderlike voorreg en ervaring was dit vir my om 'n ou meisietjie in ons huis te hê wat met poppe, pop-waentjies, speelgoed-kombuisie en al sulke goed speel, iets wat ek oor 40 jaar nooit mee te make gehad het nie.
Nou het die skaal geswaai - ek het nou 5 kleinkinders waarvan 4 meisies is en 1 seuntjie !
Kinders en/of kleinkinders, of hulle nou seuntjies of dogtertjies is, dis 'n wonderlike voorreg om deel van hulle grootword te wees !
Vandag ook heeldag gereen…
Vandag ook heeldag gereen. Het in Danville Pta vir n kerk gaan potjiekos maak. Daar was so 235 mense wat moes eet. Het 5 nr 14 potte gemaak. Daar was darem genoeg hande om die potte te maak en op te skep. Ek het gelukkig n kort broek met plakkies aan gehad. Van die mense wat tekkies aan gehad het se tekkies en kouse was papnat. Daar was baie reenwater wat oor die gras onder die gazebos deur gevloei het.
Dit was een groot sukses gewees en baie geniet
Goeie more…
Goeie more.
Rustig vanoggend. Al wat gehoor kan word is die oggendlied van die voels en veraf die geskree van die hadida. Die voël met die hoogtevrees.
Klaar koffie gemaak en gedrink.
Sien die voorspelling praat van sonskyn tot do tien uur se kant.
Lekker dag vir elkeen. Geniet die rusdag
Dit was een groot sukses…
Dit was een groot sukses gewees en baie geniet
5 x nr 14! Dit is baie Pot!
Goeie more. Ek sit nog en gaap en wakker word. Heerlike koffietjie en voeltjies wat sing.
Lekker dag vir almal!
Goeiemore
Ek vertrou almal geniet hierdie Sondag sover en dat dit 'n heerlike rustige dag vir almal gaan wees.
Ek was nou op 'n video-call met my kinders in NZ. Elkeen kry sy beurt om met my te praat, dus 5 gesprekke. Die jongste outjie het vir Ouma gewys hoe tel hy tot by 20 in Maori en kan al groet en vra hoe dit gaan.
Goeie more…
Goeie more.
Uitgespaar vir nog 'n dag. Sit klaar en tee drink. Sien die koffie is ook gemaak.
Lekker week vir almal
Goeie more almal! Ja dit is…
Goeie more almal! Ja dit is 'n nuwe week, maar ook 'n week nader aan die einde van die jaar. Ek het nooit gedink ek sal op 'n punt in my lewe kom waar ek wens vir nog 'n ekstra maand in die jaar nie - so baie om nog te doen en so min tyd!
Lekker dag en week vir almal! ![]()
![]()
Môre aan almal.... …
Môre aan almal....
Heerlike reen gehad oor die naweek. So bly vir die reen. WW jy moet maar geduldig wees... die reen is baie nodig...
Dit gaan rof hier die tyd van die jaar.
Het die voorlopige MOZ storie vir Anton gestuur, so nou hang dit van hom af.....
Mooi dag vir almal.
Goeie môre almal !
Goeie môre !
Reeds kwaai warm hier vandag by ons in Brakkies met ongelukkig geen reën in die vooruitsig die volgende week nie.
Geniet julle dag !
Ek wil net sê dit sous hier…
Ek wil net sê dit sous hier by ons! Ek gaan nou op my balkon sit en die reen aanskou met 'n lekker koffietjie, my magie is lekker vol ![]()
Net so lekker gereen hier by…
Net so lekker gereen hier by ons. Reen nou net saggies. Op n stadium het dit hard afgekom. Geseend met al die reen.
Hier reen dit ook heerlik,…
Hier reen dit ook heerlik, lyk my ons gaan 'n goeie jaar hê die jaar???
Shaun, julle moet jou ma se verjaardag geniet, geniet ook haar teenwoordigheid.
Julle is bevoorreg om nog 'n moeder te hê.
Bietjie laat maar julle moet n awesome week he ek en Berdien ry nou Woensdag vir midweek na ATKV Eiland my ma word 70 donderdag so ons gaan lekke saam haar kamp
Goeie more…
Goeie more.
Tee is lekker en koffie is ook gereed.
Lekker nat buite en nog steeds onweer. Af en toe 'n baie ligte drizzle.
Lekker dag vir elkeen





Arie
Ek verstaan julle het krokkedille daar in die rivier. Jy moet maar dophou hoor, netnou bring die baie reën hulle land toe. Dis maar goed julle kan nie in die tent sit nie, stel jou voor hier kom ta tussen jou en Petra se voete in!