Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2024 - 20:49

ChrisS, jammer dat jou pogings nie met sukses bekroon is nie.

Wat moet 'n ou nou doen  -  moet die sleepvoertuig en sleepding  ALBEI óf LED óf gewone gloeilampies hê ?  My outydse kombinasie het deurgaans gewone gloeilampies en alles werk perfek.

Hoe meer dae hoe meer dinge !

0
Worcester

Wildehont

Thu, 31/10/2024 - 21:01

Dit werk al vandat ek by Ford die trailer patch control op die foto’s wat ek gister geplaas het gekoop het. Ek het dit ook nou netjies gemonteer sodat ek dit makliker kan gebruik.
 

Dis net die Prado/Kavango kombinasie wat nie wou werk verlede Saterdag nie. Ek weet egter nie of ek weer daarmee sal sleep nie. Die Ranger sleep te lekker (en meer ekonomies). Dit het ook meer plek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/11/2024 - 04:55

Jy het tog in die verlede met Prado gesleep, en toe het alles perfek gewerk. Wat het verander intussen?? Die LED ligte op die wa, of nie.

Onthou die 4 "w" met probleemoplossing; what, when, who, where

Ek kan nie onthou of daar 5 is, en wat die 5de  "w" is nie.

Onthou om na gronddraad op Prado te kyk.

 

0
Irene

Grootwind

Fri, 01/11/2024 - 08:22

Chris S, as iets voorheen gewerk het en nou nie meer nie, veral wat ligte aanbetref, is dit 9/10 keer 'n grondpunt wat erens nie meer lekker kontak maak nie. Veral as mens gereeld by die see kamp is korosie insl. wit roes 'n bl$^&em om op te spoor. Weet nie hoeveel elektronika die Prado op sy ligstelsel het nie, maar in baie gevalle is die prop op die voertuig nie net bloot direk gekoppel aan die voertuig bedrading nie maar werk deur 'n sg. swart boksie (elektronika). Maklik ook om skade aan te rig as mense net begin karring aan die bedrading, soos my meganiese (afgetrede) kollegas dit so mooi stel: "electronics works with smoke...if the smoke comes out it no longer works"!. Al wat ek kan voorstel is dat mens dmv 'n proses van eliminasie die spul deurwerk...hou in gedagte dat 'n aardpunt nie altyd sigbaar is nie en mens moet maar bietjie soek...maak almal los en spuit met contact cleaner en draai weer ordentlik vas (onthou ook die hoof aard draad tussen enjin en bakwerk (weet dit maak nie sin nie maar snaakse goed gebeur tussen ligte en aard punte). Maak sommer ook die voertuig se prop oop en gee 'n goeie spuit met contact cleaner, en kyk dat 'n enkele dun draaidjie nie aan ander punte raak nie, maklik om te mis as mens nie mooi kyk nie. Wat die toetser aanbetref, ek het myne (lyk dieselfde as die foto wat  hier geplaas was) jare terug by Roadque in Tshwanetoria gekoop. Ek het egter nog nooit probleme aan die voertuigkant gehad nie so nooit nodig gehad om die ding by die voertuig in te prop nie, het wel 'n ruk terug "snaakse" probleme met die Fleetline se ligte gehad en die toetser het sy geld verdien tydens fout opsporing. Snaaks dat joune nie 'n handleiding het nie, myne het gekom met 'n Chinese idee van 'n handleiding in  goeie Chinglish geskryf. Dit gesê, die toetser is nie die oplossing tot alle probleme nie, dit het sy nut maar daarmee saam sal mens ook maar 'n multimeter en lang stukke twinflex beiderhand hou (die twinflex help as 'n verlenging sodat mens alleen kan werk). My toetser  word hoofsaaklik gebruik om vinnig te kyk of alle gloeilampies oppie wa nog reg is (en ja die goed het die neiging om skielik nie meer te werk nie na die wa vir 'n lang ruk gestaan het). Sterkte, dis maar frusterend om so 'n fout te soek.

Ek het 'n pdf kopie gescan van die handleiding...laat weet my wat jou epos adres is dan stuur ek vir jou

0
Irene

Grootwind

Fri, 01/11/2024 - 09:31

Lyk my Wessel jy is sleutelbord gestremd vandag! Jy kry die antwoord by daai wonderlike biblioteek in die wolke....beter bekend as die Internet!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 01/11/2024 - 09:46

My Engelse internet-data is op vir die dag, maar ek kan help met die vyf Afrikaanse woorde: Wie, wat, waar, wanneer en hoe - voeg sommer waarom ook bysmiley

0
Worcester

Wildehont

Fri, 01/11/2024 - 11:20

Vir die breedvoerige raad. Ek sal môre weer toets. 
 

Grootwind, ek stuur my e-pos adres vir die handleiding. Baie dankie byvoorbaat. 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 02/11/2024 - 13:09

Ek het nou weer die Kavango se ligte getoets met die Ranger en alle moontlike kombinasies aan en af werk soos dit moet. Dit ten spyte daarvan dat die toetser as die Kavango direk daarin geprop is wys van die Kavango se ligte werk nie. Ek het my e-pos adres vir Grootwind gestuur, en sal kyk of ek iets verkeerd doen volgens die handleiding. 

Die Kavango se draad is teen ‘n snaakse hoek want die bakkie staan baie skeef.

B

Ek het toe die afgedopte deel om die Ranger se sok afgeskuur en geverf.
 

B

0
Worcester

Wildehont

Sun, 10/11/2024 - 20:29

Maar ek het nog nie weer tyd gehad om fout te soek nie. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 17/11/2024 - 14:05

Ek het weer die toetser getoets nadat ek die handleiding wat GW vir my gestuur het geraadpleeg het. Mens moet die knoppie langs die kant indruk om beide voertuie te toets. Ek het van die toestel af verstaan mens druk dit net vir die sleepwa. 
 

Die Ranger toon geen liggies sonder die trailer patch control ingeprop nie. Daarmee gaan al die liggies op die toetser wat moet aangaan aan. Op die Kavango gaan almal nie aan nie, dit ten spyte daarvaan dat al die Kavango se ligte reg werk in alle moontlike kombinasies as dit by die Ranger ingeprop is. 
 

Die Prado toon geen liggies nie, en dis vandag te warm en te Sondag om die aard te probeer soek. Die draadklos verdwyn agter die plaat wat die een brandstoftenk beskerm in. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/12/2024 - 06:25

Die ou vir wie ek die Everest geleen het in Maart verlede jaar het uiteindelik gister vir my ‘n bedrag oorbetaal waarop ons ooreengekom het hy dit voor kan koop. Dit sluit net enkelvoudige rente in, so ek verloor op die transaksie want ek het uit my verband geleen om die Ranger te koop. Maar ek is verlig want as hy nie die geld kon kry nie en die kar 50000km later vir my terug gegee het nadat hy dit net twee keer laat diens het, sou ek seker nog R40000 verloor het. 
 

Ek plaas die nuus hier, want nou skuld ek bietjie meer as ‘n jaar nadat ek die Ranger gekoop het nog net R95000 daarop. As ek dit nou net oor my hart kon kry om die Prado (wat klaar betaal is) te verkoop, kon ek vir die eerste keer in amper 20 jaar skuldvry gewees het. Ook maar lekker stupid ekke.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 19/12/2024 - 07:21

Hoekom hou jy vas aan die Prado - noudat dit deesdae klink of die Ranger jou voorkeur-voertuig is vir sleep (en waarskynlik ook vir alledaagse gebruik)? Sentiment?

Ek's bly vir jou onthalwe dat die Everest-sage wil klink of dit uiteindelik in 'n rigting gaan.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/12/2024 - 08:08

Gaan ry met ‘n Prado 120 (met die 4l V6) dan sal julle weet hoekom ek dit nie wil verkoop nie laugh

 

Ek het boonop die voertuig van sierrooster tot uitlaatpyp laat deurgaan, voorkomende onderhoud laat doen en die warm aansluit probleem wat dit van tyd tot tyd gehad het toe ek dit gekoop het opgelos, en lugsak vering laat insit saam met nuwe kronkelvere agter. Ek het dus volle vertroue daarin en het al onder andere Dwarswegstrand, Kgalagdi en Krugerwildtuin toe gesleep daarmee.
 

Sou daar iets fout gaan met die Ranger het ek ‘n rugsteun sleepvoertuig. Ek dink bv gister; sê nou ‘n minibus taxi jaag oor ‘n rooi lig in my vas vandag, ‘n week voor ons Dwarswegstrand toe ry terwyl al die paneelkloppers toe is. Dan moet ek die vakansie kanselleer of ‘n peperduur sleepvoertuig huur. Dit gebeur ook taamlik gereeld dat Salomien items moet vervoer wat nie in haar Fiesta pas nie. Dan is die Prado daar. 
 

Maar eintlik is dit omdat die Prado so vrek lekker ry, en vir wat ek daarvoor gaan kry as ek dit verkoop kan ek ten beste ‘n ou Everest koop soos die een wat ek nou uiteindelik verkoop het. Oor hoogstens twee jaar is die Ranger afbetaal en kan ek die paaiement wegsit vir ‘n deposito op ‘n aftree ryding. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 19/12/2024 - 08:13

Die ou vir wie ek die Everest geleen het in Maart verlede jaar het uiteindelik gister vir my ‘n bedrag oorbetaal waarop ons ooreengekom het hy dit voor kan koop.

So bly vir jou part. Ek wou jou juis gister weer gevra het. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 19/12/2024 - 09:36

Wildehont, jy het jouself oortuig, met genoeg " geldige" redes.

Nou voel Oom neef bekommerd oor te min geskikte rygoed op die werf. Nissan 1400 bakkie is vir waneer Giepie moet dorp toe gaan, met ń kort inkopielys. Landroverbakkie vir waneer sement etc moet aangery word. Om sake te vererger is albei al senior burgers in hulle jare. So vir bystand beteken hulle maar net dorp toe en terug. Die nuutste is die Land Cruiser, wat ook al tiener is. Die gebruik ouma, of is dit Ouma?? vir haar 1 keer per maand inkopies, of ons vir saam iets doen, hetsy kamp of kuier,  sowat 10k per jaar. Oor nog tien jaar sal die ou diesel lekker ingeloop wees.  Dalk nog 1 stel bande.

Miskien moet daar ernstig gedink word om ń lekker v8 Discovery te kry, tweedehands natuurlik. Hulle ry darem vrek lekker.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/12/2024 - 09:58

.....my vriend my vriend. Ek het nog die nuwe draadborsel van toe my gat so gejeuk het. Nie gebruik, dus kan ek dit koerier vir jou. moet tog net nie Discovery agter V8 brul aan, koop nie.crying

Soek dan veel eerder vir 'n lekker V8 Land Cruiser, moontlik beter waarde en kwaliteit vir geld.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/12/2024 - 10:19

...ek het verlede week kans gehad om met so 'n wa te ry. Weliswaar net in die dorp, maar dit was lekker. Gewillig en met lekker diep stem.

Ek sou seker ook soos Chris S besluit het, as dit my keuse moes wees. Lekker swaar op sous vir 'n dorpskar, maar handige rugsteun vakansie voertuig.

Ek het intussen my aanbod aan Herman hierbo, heroorweeg. ek moet tog maar eers die borsel hou laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus