Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Donker Lag 'n slag Voortrekker -19 minutes ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -26 minutes ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -21 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -21 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

Eerste Desember kamp

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons het so klompie jaar gelede ‘n 2007 Jurgens Exclusive gekoop - een van SWAMBO se voorwaardes was dat ons gedurende die jaar kan kamp, MAAR glad nie in Desember nie.  

Alhoewel ons die karavaan al ‘n hele paar jaar besit, het ons maar min gekamp.

So tot dusver was die bietjie kampering wat ons gedoen het gedurende die jaar, behalwe Desember 2024 - wat nou is.  

Omdat ons gereeld gedurende die jaar in George was vir besigheid en ook weer begin Februarie in Kaapstad en George moet wees, het SWAMBO voorgestel dat ons in Pretoria moet bly vir Desember met die moontlikheid van kamp.  Dit het die deur oopgemaak en ek het onmiddelik begin om vir haar moontlike kampplekke gewys.  Ons het toe op Bass Lake Lodge besluit weens die volgende redes: 1) Die positiewe resensies op CaravanParks, Kampforum en Google; 2) die min (34) staanplekke (met die hoop om ChrisB se voorbeeld van soveel as moontlik “niksdoen” te doen); 3) daar is ‘n restaurant op die perseel as ons meer van die niksdoen ding wil doen; en 4) my rede - ek het vir haar ‘n pampering sessie by Bass Lake se spa vir haar verjaarsdag gereel as ‘n verrassing vir haar

Lyttelton

Trev

Sat, 28/12/2024 - 19:45

Ons het gister, 27 Desember, by Bass Lake Lodge Caravan Park aangekom.  Eerstens, ons het glad nie nodig gehad om uit ons voertuig te klim nie, want Ella het ons in die pad voor die Ontvangskantoor ontvang en verwelkom, asook aanwysings na ons staanplek (no 34) gegee.

By die staanplek aangekom, onmiddellik opgemerk dat die gras mooi groen is en die staanplek besonders ruim is.  Was bietjie bekommerd oor die afwesigheid van bome aan die suidwestekant (die rigting wat ons tent so wees) en ook die feit dat ek die tent extension by die huis gelos het, maar sover is dit nie ‘n probleem nie.

Het bietjie pyn gehad met die movers en die nuwe LifePo4 wat nie met mekaar wou gesels nie - ek vermoed die Apollo 10 charge nie die battery vol nie - maar net toe hulp (een van Bass Lake se werkers) opdaag, besluit die movers en die battery dat hulle mekaar nou redelik ken en kon ek die wa op sy plek kry.

Terwyl ons besig was het nog ‘n werker opgedaag met 2 glass lekker koue vrugtesap wat op daardie stadium in die hitte baie welkom was.  

Ella het ook later ‘n draai by ons gemaak om ons verder te verwelkom en meer van die aktiwiteite by Bass Lake te verwelkom.

Die res van die dag was dit kamp opslaan en uitpak, met ‘n vinnige stap verkenning van die kampplek na aandete.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/12/2024 - 19:46

...baie welkom by die forum. ek hoop om gereeld lekker insette met fotos van jou te lees hier.

Vir die oningeligtes, waarvoor staan SWAMBO??

0
Lyttelton

Trev

Sat, 28/12/2024 - 19:57

Word vanoggend wakker en dit klink of dit reen - maar was net genoeg om my te kry om die vents toe te maak - want net nadat ek dit toegemaak het - hou dit met op met reen.

Daarna, dan is dit bewolk, dan kokend warm, dan stoffies dit, dan waai die wind so bietjie.   Toe dit nou lyk of die weer besluit het wat dit wil doen, het ons so rukkie lank in die swembad gaan le en daarna by die wa gaan sit. Eintlik het ek in die wa gaan le met die air con aan - want toe is dit verskriklik warm.

Het later so vleisie op die kole gegooi - heerlike lamstjops van Mondanette in Irene (Grootwind se wereld), en Woolies hoenderkebabs en Wagyu wors.  Was dit tesame met knoffelbrood en ‘n nie-alkoholiese rooiwyn (druiwesap wat op dieselfde manier as rooiwyn gemaak word in eikehout vate maar tot voor die fermenteer) - die naam is Inah Superior Products, nou ‘n lekkerlip maal 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/12/2024 - 20:07

ek kan nooit saampraat oor sleepvoertuie, batterye en so meer nie, maar hierdie een het ek tevore gehoor (lw. slegs gehoor want dit geld nie in ons huishouding nie) SWAMBO: afkorting vir She Who Always Must Be Obeyed. Hoop ek het dit reglaugh

0
Lyttelton

Trev

Sat, 28/12/2024 - 20:33

@Rhona, 11 uit 10 vir jou - jy is reg wat SWAMBO voor staan. Alhoewel ons mans ons vrouens so laat glo😂

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/12/2024 - 20:34

Ek het nou sommer jou storie baie geniet. Ken bitter min binnelandse oorde, so ook nie Bass Lake Lodge nie. Volgens jou beskrywing van die plek en die diens daar klink dit na 'n lekker wegbreek oord.

Volpunte vir jou!! Daardie spa-bederf wat jy vir jou vrou beplan gaan 'n wenner wees. Jy gaan seker ook saam met haar? Jare gelede (25 om presies te wees) het ek ook 'n kursus in massering by 'n kollege in George gedoen vir 2 jaar - Swedish en Hot Stone. Ongelukkig het ek nooit 'n besigheid daarvan gemaak nie want toe het ons in die filmbedryf begin werk (wat ek baie geniet het). Ek dwaal af....

Ek is bly om te sien jy praat van Dag 1. Dit beteken hier kom 'n lekker vakansieverslaglaugh. Chris wat "niksdoen" bemeester het hou ons baie besig met vertellinge tydens vakansies - so hoor ons graag meer van julle kom-en-gaan.

0
Lyttelton

Trev

Sat, 28/12/2024 - 20:35

Hier is n paar fotos van Bass Lake - hou in gedagte dat fotos neem inmeng met die doelwit van “niksdoen” 😄

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/12/2024 - 21:38

Dit lyk baie lekker daar - so groen en met mooie bos, sjoe! Die geriewe is net so netjies. Vertel asb. meer oor wat mens daar kan doen en sien. Ek het 'n idee dis na aan Pretoria. Is dit ook 'n wildplaas? Is die oord baie vol? Ai, ek wens om nou ook iewers anders te kan kuierlaugh

Dankie vir die foto's - sien uit na meer.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 06:41

....dankie vir die verduideliking van SWAMBO. 

Ek het ook jare gelede dit op 'n ander forum raakgelees, en vergeet. Seker maar omdat ek dit as effe kras beskou.

Ek is egter ook skuldig met verwysings na my vrou, as beterhelfte, in plaas van wederhelfte.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 06:46

...jy skryf so lekker, met fotos en al. Jy moet rerig meer gereeld deelneem met insette op die form.

Wat is jou gunsteling tipe vakansie-kampering?? See, binnelands, plekke soos Bass lake, of wildtuine soos Kruger, Pilansberg of Dinokeng.

0
Lyttelton

Trev

Sun, 29/12/2024 - 07:23

Die aktiwiteite by Bass Lake sluit in koue water swembad (2 x kiddies en 1 groot swembad), 2 damme vir visvang, swaaie, springmat, stap, voëls kyk, en dan natuurlik net stil sit en die natuur waardeer.  Hier is ook ‘n lodge met restaurant (ons het gister koek en koffie daar geniet) en ‘n spa as mens SWAMBO (of is dit beterhelfte of wederhelfte) en jouself wil bederf.  

Bass Lake op sig self is nie ‘n wildsplaas nie, maar daar is ‘n paar bokke, zebras - en dan vanoggend het ons ‘n leeu of 2 gehoor - daar is ‘n wildsplaas net agter die koppie.  Het ook gisteraand ‘n paar jakkalse gehoor.

Die plek is so 40 kilometer buite Pretoria op die Moloto pad (teerpad) en dan so +- 2km grondpad, wat mens maar stadig moet ry as jy ‘n padkaravaan het soos ons.

0
Lyttelton

Trev

Sun, 29/12/2024 - 07:25

Baie dankie almal vir die verwelkoming - ek lees nou al vir ‘n paar jaar - maar soos reeds genoem - het ons maar min gekamp - alhoewel ons die Exclusive al vir ‘n paar jaar het.

So ons is maar leke wanneer dit by kampering kom

0
Lyttelton

Trev

Mon, 30/12/2024 - 08:52

Dag 3, maar eers moet ek vertel van nag van dag 2.  Dag 2 (of is dit nou aand 2) het begin met so ‘n lekker sagte reenbui, maar later deur die nag toe storm dit vir so ‘n uur of 2 en het vir van die kampeerders skade veroorsaak - soveel so dat van die kampeerders so teen 1vm se kant opgepak en huis toe gery het.  

Een van die tent dakpale het gebuig as gevolg van water wat opgedam het op die tentdak - gelukkig het ek ekstra pale ingesit en kon dit dus vervang.

Dan dag 3 - dag van soveel as niksdoen wat mens moontlik kan doen.  Dis nou nadat ons die tentpaal vervang het. Gelees, nuwe kampvriende ontmoet, en net die bosveld vanuit ons gemakstoele besigtig. O, amper vergeet ek dat ek die wit troon vir ‘n uitstappie moes neem om dit te wys hoe lyk Bass Lake se “porta potti” kamer.

Later die middag toe laat ons maanhaar vriend van hom hoor en hy doen dit toe weer later die aand - meer amper so ‘n gebrom as ‘n volwaardige gebrul.  Ons gevolgtrekking, nadat ons die probleemstelling bepaal het en “desktop research” gedoen het oor hoekom die gebrom en nie gebrul, was dat die leeu super trevrede was met sy vangste vir die dag.

Daarna was dit ‘n potjie op die kole vir aandete.  Nag 3 was ‘n baie rustig nag met ‘n paar druppels reen wat geval het, maar nie so erg soos nag 2 nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 30/12/2024 - 17:05

Weet nie watse voorgevoel Trev gehad het nie, maar dit was slim gedink.

Bly dat julle die storm deurstaan het en nog lekker verder kamp. Na dese kan jy ook sê dat julle gesoute kampeerders islaugh

0
Lyttelton

Trev

Tue, 31/12/2024 - 07:15

Kry vroegoggend ‘n oproep van takealot drywer dat hy by ons huis se hek is met die lithium battery laaier wat ek bestel het.  Ons seuns het dit toe later na ons toe gebring - die laaier wys toe dat die battery maar op ongeveer 30% - die laaier werk op ‘n app wat jy op jou selfoon kan monitor. 

Dit het so ongeveer 2 ure gevat vir die battery om vol te laai.

Die seuns het toe vir die dag by ons gekuier en saam met ons die niksdoen geniet - hulle is toe later huis toe want die hondekinders moes kos kry.

Sover geniet ons nog Bass Lake - die rustigheid, die vriendelike diens, en die skoon en netjiese badkamers maak die kampeerdery baie aangenaam. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 31/12/2024 - 07:44

...ek lei af dat die Li-tipe battery 'n aparte stelsel is. As dit gekoppel was aan die wa se normale laaistelsel, sou dit beslis nader aan 80% vol gewees het.

Ek hoop die battery is die LiFePO4 tipe.

Ek stem saam met jou genoemde faktore wat kampeer lekker maak. 

Nou kort nog 'n foto van jou kamp opstelling??

0
Lyttelton

Trev

Tue, 31/12/2024 - 08:22

Wessel, Die battery is ‘n LifePO4.  

Die battery was oorspronklik gekoppel aan die wa se normale stelsel, dus was dit verbasend dat die battery so laag was, veral met die feit dat die batter slegs vir die movers gebruik word.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 31/12/2024 - 09:11

Oeps, dit klink nie lekker nie. Dit beteken twee dinge;

1] of die normale wa-stelsel kan "gladnie" so 'n battery laai nie

2] of die wa se stelsel werk gladnie. Laai dit 'n gewone loodsuur battery??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus