Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/01/2025 - 16:16

Ek is seker die Bouchers se mobiele vakansiehuis staan nou al netjies en haaks op staanplek 9. As ek reg onthou is dit waar hulle bespreek is. Nou wag ons vir ‘n foto wat dit bewys.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 17/01/2025 - 18:36

... ons is op No 11, waar ons al op 6 Okt bespreek het. Ons staan - maar nie sonder 'n bietjie drama nie. Toe ons net na 14:00 hier aankom, staan daar 'n motorhome op No 11. Die Duitser is deel van die Tuinroete Motorhome-klub wat sedert gister tot Sondag hier is met 'n totaal van 30 voertuie. Hy was veronderstel om op No 1 te staan, maar by die hek is daar verkeerdelik 'n blou ruitplakker aan hom voorsien wat No 11 aandui.

By die kantoor gekom is daar aan my gesê dat hy sal na sy korrekte staanplek (No 1) moet skuif. Hy was bitter vies vir die fout van die hekbeampte en het aangedring dat ek na No 1 moet gaan. Gelukkig het die bestuurder tussenbeide getree en voet by stuk gehou dat hy moet skuif. No 1 is skuins agter No 11. Ek het dus nou 'n stuurse buurman hier agter my.

Ons het dié staanplek uitgekies omdat die Ou Lady lekker onder 'n boom kan inpas. Melkhoutbome is maar berug vir hul morsery. Dus sal ek môre die silwerseil oor die wa en stoeptent trek. Ek's nou te moeg daarvoor en lus om uit te span met 'n Skotse drankie.

Ek sal môre foto's plaas.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/01/2025 - 19:05

Dit het lekker skadu. Dis jammer van die misverstand wat die hekwag veroorsaak het. ‘n Bedonnerde Duitser is ‘n moeilike ding. Hy het egter lekker skadu op 1 ook, en gelukkig het die oord hulle fout reggestel. Ek hoop nie die klub fuif te veel nie. Gelukkig raas die see lekker.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 17/01/2025 - 19:45

Ek dink nie hekwag is alleen skuldig nie. As kampeerder weet jy seker vooraf watter staanplek jy uitgekies het? Sou hekwag anders vir jou sê wat jy bespreek het, sal normale persoon dubbel check of alles pluis is of nie. Klink my meer of die ou kans gevat het met n lekkerder staanplek wat na sy kant toe gekom het.  Net soos ChrisB agter sou kom as hulle byvoorbeeld staanplek 1 vir hom sou gee....hy weet mos wat hy bespreek het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/01/2025 - 19:51

Geert is korrek, die ou het dalk so ietsie betaal om twee "ene" op sy skuifie te kry. 

Neewat, hy is nog net tot Sondag daar, en Chris is vir ongeveer 10 aande bespreek. Ek sou ook aangedring het op my regmatige bespreekte plek.

Gelukkig was die bestuurder daar om gesag af te dwing. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 18/01/2025 - 08:11

Hier's die foto-bewys van ons staan op No 11. 'n semi-bewolkte dag word voorspel met 'n maksimum van 24° en 'n effense suidewind. Die niksdoen het begin.

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/01/2025 - 08:57

....maak die staanplek!!!! Ek vermoed die son sak sodanig dat julle sekerlik heerlik middag en namiddag koelte het. 

Die nr 11 word aangeteken vir latere verwysing. Of is dit die hakkelende twee nr 1 staanpleklaugh  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 18/01/2025 - 09:24

Lekker Chris !!

Lyk my die boom is so groot jou buurman staan ook onder dit. Nogals naby aan julle, hoop hy snork nie te rof nie.

Is jou niksdoen idee om onder ń strandsambreel met ń " check me check you" donker bril die lywe deur te kyk? devilJy moet die niksdoen geniet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/01/2025 - 09:44

....ek dink julle moet 'n patrollie ry en so etenstyd daar by nr 11 inklok. Ek verstaan daai man het vis en vleis te braaie na smaak!!!

Dit lyk mos of 'n tweeman dome-tent nog agter die wa kan inpas vir 'n aandwink Daai Nissantjie het mos nou elektroniese ontsteking,  en sal die entjie gougou kafdraf. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/01/2025 - 07:52

.....ek het jou totaal verkeerd gelees van jou foto's af. Ek het rooflees so bietjie op 'n ander forum en lees toe 'n inset raak. Aan die naam en beskrywing van blyplek en binnelandse toere, kan dit moontlik jy wees.

Indien dit wel jy is, dan respekteer ek jou ouderdom en positiewe uitkyk op die lewe, en lus om nog kampering te geniet.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 19/01/2025 - 10:24

... met hierdie sêding wag agter op een van die motorhomes hier by Dwarswegstrand staan.

Dwarswegstrand

Ek sal dit as volg vertaal om agter op die Ou Lady te laat aanbring: Aftrede is nie die einde van die pad nie. Dit is die begin van 'n baie lekker lewe.

Dit is hoe ek dit ervaar ten spyte van 'n gesondheids "hick-up" so hier en daar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 19/01/2025 - 10:33

... sit ek nou en niksdoen in die skadu van 'n melkhoutboom. Dit is 'n pragtige dag hier by Dwarswegstrand. Hier trek 'n ligte briesie van die see se kant af en YR reken die temperatuur gaan styg tot 23°. Ons wag net vir die gety om 'n bietjie te sak voordat ons 'n lekker stap op die strand gaan doen.

Vanaand skroei ons 'n Weskus-snoek op die kole en daarmee gepaard gaan die tradisionele patats. Terloops - gisteraand se FLM sirloin was tops. Sag en smaaklik saam met krummelpap en sheba gewees.

0
Sandbaai

maurits

Sun, 19/01/2025 - 11:40

Wessel miskien het jy die foto wat laas op Police File verskyn het gesien! Ja, die jare stap aan maar ek probeer hard om nog dinge te doen. Ons gaan middel Februarie nog 2 weke kamp en dan weer Mei en Junie bietjie toer na die Noorde. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/01/2025 - 12:07

....onthou, as alles volgens plan verloop is ons saam in Berg&Dal. 

Sal my oge oophou vir daai CAM Hiluxlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/01/2025 - 13:37

.....is jou duitse buurman al weg?? 

Indien nie, moet jy maar vir die ou kansvatter 'n klein stukkie snoek en patat aanbiedlaugh

As daai klomp motor homes hulle ry gekry het, kan die rustigheid seker neerdaal oor DWS.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/01/2025 - 15:21

Ons wag net vir die gety om 'n bietjie te sak voordat ons 'n lekker stap op die strand gaan doen.

Laat weet bietjie of daar nog so baie blou brandnetels is. Terwyl ons daar was het hulle sommer sulke strepe gelê op die hoogwater merk.

Is jou niksdoen idee om onder ń strandsambreel met ń " check me check you" donker bril die lywe deur te kyk?

 Dis die verkeerde seisoen daarvoor. Ek sal verbaas wees as daar twintig mense op die strand is op ‘n mooi dag tans. Ek praat nie van stappers nie - baaiers. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 19/01/2025 - 15:52

... is daar sommer BAIE bloublasies. Maar die eerste gedeelte is daar niks te sien nie. Ons het so 2 km in die rigting van Glentana gestap - m.a.w so 4 km in totaal. Watter prestasie vir 'n ou wat hou van niksdoen. So hier en daar mense op die strand gesien, maar slegs een baaier. Lywe - van daai soort waarna ou mans graag kyk - was daar geen teken nie.

Die laaste van die motorhomes het ongeveer 11:00 vertrek (die moeilike Duitser ook). My buurman (ook lid van die klub) op No 10 het vanoggend, nadat die Duitser iets aan hom gesê het, grappenderwys vir laasgenoemde gevra of hy al beleef het hoe word 'n Duitser opgedonner.

Die park is stil. Hier het al 'n paar karavane weer ingetrek, maar hier is tans baie oop staanplekke. Die wêreld het nou bewolk geraak, maar ek geniet dit - alhoewel mammie nie heeltemal ingenome is daarmee nie. Selfs nou vir haar 'n truitjie gaan aantrek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/01/2025 - 07:58

Iemand het my vertel van Vadersgawe buite Ceres. Dit lyk na ‘n baie netjiese plek, maar dis vrek duur. Selfs as mens ‘n groep van bv vier gesinne is, is dit steeds styf. Ek glo nie ons sal dit sommer besoek nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 08:01

YR.no se voorspelling vir vandag is semi-bewolkte weer met 'n maksimum van 23° vandag. Hier waai tans 'n ligte suidebriesie - dus komende reg vanuit die see se rigting. Maar dit is lekker buite waar ek tans met my tweede beker koffie sit en Netwerk24 lees. Daar word wel 'n paar druppels reën later vanoggend en vanaand vanaf 21:00 voorspel.  Die grootste waarskuwing is egter vir 'n baie sterk suidoostewind wat ons dalk môre (veral na die aand se kant toe) kan terroriseer. 

Dit is reeds ons derde oggend hier in Dwarswegstrand en die Hilux staan nog net so soos wat ek dit Vrydag na die opslanery parkeer het. Dit is vir my 'n teken dat ek tot dusver suksesvol is met my voorneme van niksdoen.

Ek is vasbeslote om my dag te geniet - dalk nog weer met 'n strandstappie. Jy wat dalk hier lees - geniet joune ook.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus