Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 09:22

Ai mense, gaan dit met julle ook so stadig.? Ek het verlede jaar Junie aansoek gedoen vir hernuwing van my handwapen. Ek het dit nounet gaan haal by polisiestasie. 'n Volle 10 maande geneem!!!

Ten minste kan ek nou met geruste hart dit saamneem as ek oppad is, net betyds vir ons toer

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 22/04/2025 - 09:33

Wessel, jou vraag hierbo verwys. Om by die betrokke staanplek uit te kom, ry soos volg : In die paadjie verby die swembad, draai in die eerste paadjie links.  Daar is 'n ablusie aan jou regterkant. Min of meer suid-oos van die ablusie (die ablusie se agterkant) het ek regs ingedraai tot by hierdie staanplek.  Soos my gewoonte, het ek suid opgeslaan (dan het jy altyd koelte onder die stoeptent) en daar was bome rondom ons.

Dis nie teen die grensdraad soos baie mense verkies nie, maar ons het lekker daar gestaan.

Hier is 'n foto uit 'n ander hoek.

.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 22/04/2025 - 10:37

Die Karoo Nasionale Park is omtrent gewild die afgelope tyd onder ons forumlede. Dink ek toe vanoggend aan Servaas en as ek reg onthou klok hy ook vandag by hierdie park in. Dan is dit boonop 'n baie spesiale aftreetoer! 

Kan iemand wat sy kontakbesonderhede het miskien vir hom laat weet dat ons uitsien na so 'n saamgeselsdraad? Ek is seker hy sal tydjies vind om sy toer te deel (sonder om sy geliefde af te skeep).

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 11:04

...Servaas het so 'n gesprek begin, getiteld "Tweede aftree"

Kom ons kyk of hy daar gereeld gaan gesels, ek glo so. Indien nie, sal ek hom bel, en aanpor.

Sy reisprogram word ook daar gegee.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 22/04/2025 - 11:36

Die geheue....ai! "Tweede aftree" het skoon by my uitgewaai. Oumense het dit sommer vergeetagtigheid genoem. Wel, ek hoop dat Servaas sal onthou hiervan en ons nie sal vergeet nielaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 22/04/2025 - 20:20

Dit is asof almal nou gaan toer!! Ek sukkel om by te bly met die maters wat so een na die ander pad vat...

Jan pak in, Wessel het al klaar sy wa gewas, Grootwind maak sandsokkies, Mauritz sit erens in Prins Albert, Chris lê leeg in Gariep. Goeie Hout se radios is al getoets. Daar is nog maters....

Ek gaan die 5de ook pad vat. Rona kom nie weg nie.

 

 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 20:39

Dit is nou goed opgeson=m.  Ek het gese ek begin nou verbal diaree kry. Jammer julle.

Kinders se al klaar dis al wat ons gesels.  Maar ons was deur n moeilike tyd.  Navigator se nier en stene, verlede jaar haar K...

Jip ons gaan GROOT.

Neef hou ons op hoogte.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 23/04/2025 - 07:57

Dit sous behoorlik hier in Irene van vroegoggend af met 'n gepaardgaande temperatuur verlaging. Vlgs YR sal die reën tot laatnag more aanhou...daarna volg sekerlik die sneeu koue van Lesotho se kant af....Sulke dae wat ek bly is ons kamp nie op die oomblik nie....  Sterkte aan die Bouchers en ander wat op die pad is in hierdie weer.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/04/2025 - 08:10

....ook. Volgens YR gaan dit by ons ook tot môreaand reën. 

Die weer is deurmekaar en onvoorspelbaar die jaar. Reentyd by ons is gewoonlik nou al verby. Ek hoop op 'n droë Mei in Kruger.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 23/04/2025 - 09:25

Ai Neef, moet jy dit ook nog invryf! ("Rona kom nie weg nie"). Ons sê maar net my beurt sal kom....Augustus kruip nader. Met almal wat nou op strepe padvat het ek ook bietjie tred verloor. Ek lees wel lekker saam, hoop almal ry veilig en geniet wat hulle beplan. Dink Jan is volgende...

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 23/04/2025 - 09:58

Ons Scotties tyd kom ook nader....vertrek DV 14 Junie Scotties toe en kom eers weer terug diep in Julie,  volgende jaar sal ons die tyd bietjie opgradeer, wil dan vir die hele Junie en Julie langs die see gaan staan, saligheid op note vir 'n hele 2 maande!. So saam met die beplanning van die sandsokkies het ek darem gister die Fleetline die eerste keer sedert laas Julie begin wakker maak, krag gekoppel en die yskas vir 'n dag laat loop asook die battery op laai gekoppel, binneligte getoets. Komende naweek lyk ongelukkig ook maar nat en onplesierig, maar die week daarop lyk goed genoeg om te beginne met 'n lang lys van dinge om te doen, soos steadies diens, nuwe bande te koop (huidiges is nou 7 jaar oud so seker tyd vir nuwes), en...en....

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 23/04/2025 - 10:30

sou nie omgee om dit te kon opraap nielaugh

Hoe vorder jou wildtuin vakansieplanne? In 'n stadium, as ek reg onthou, het jy gedink om jou tyd daar moontlik aan te pas.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/04/2025 - 10:42

Geert, ek moet rerig bitter graag in Kruger wil wees, om weer in Onder Sabie te gaan staan. Dan veel eerder in Balule, Malelane, of Skukuza, laasgenoemde ook onder dwanglaugh

Smaak verskil mos, en O.S sit nie lekker op my palet nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 23/04/2025 - 11:57

Ek wens die Pretorianers wat vertel van die reën kon dit 'n bietjie langer daar hou. Hier het dit pas begin uitsak asof dit met emmers neerkom. Mens is altyd dankbaar vir water, maar vanoggend probeer ek vensters was vir huurders wat Dinsdag begin intrek (klein blokkiesvensters met honderde hoekiescrying)

Wat wildtuinkampe betref is ons nie kieskeurig nie. Ons kamp bitter eenvoudig. Ek het liefs maar nie aan die gesprek deelgeneem waar allerhande kombuis/braai "gereedskap" bespreek is nie. Solank die kleedkamers netjies is is ons gelukkig. Ons spandeer baie min tyd binne die kampe want dit is vir ons die hoogtepunt om diere te soek en die veld en mooi bome te waardeer. Enigste ononderhandelbare is my wasmasjien.......(wat nie saamgaan Botswana toe niesad)

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 23/04/2025 - 14:26

Gisteraand praat ons of ons nie maar die karavaan moet verkoop nie want ons voel ons het die laaste jaar hom te min gebruik. 

Vanoggend wa uitgetrek, gewas, elke band 'n skop gegee, onder in geloer, pale getêl wat moet saam, Elmarie het binne opgedollie en nou moet ons net eet en drinkgoed laai. 

Skielik is gisteraand se gesprek vergeet en word nuwe idees rondgegooi. Dink ons het goed geslaap. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 23/04/2025 - 15:19

ai, nee! Ek sit hoeka en wonder of julle by Heuwelsig gaan omdraai, of is daar net dalkies 'n plan waarvan ons nog nie weet nie, en nou dít - karavaan verkoop. Kyk, ek verstaan heeltemal dat mens dit kan oorweeg wanneer gesondheid nie meer goed is nie, maar behalwe dat jy al stokoud is het ons jou nog nie hoor kla niewink grappie. Ek reken ons val so min of meer in dieselfde kategorie - julle het 'n huis gekoop en ons het gebou. Intussen het (party van) ons in een of ander toestand verval waarvoor ek nog 'n naam soek, maar dis sommer 'n onding wat met wortel en tak uitgeroei moet word. Goeie nuus om te hoor dat die nuwe dag tog positiewe insig gebring het. Daan moet kom help om my bussie te was.....

0
Sandbaai

maurits

Wed, 23/04/2025 - 18:00

Jan het jy vandag se boodskap wat ek gestuur het gesien. Jy moet net onthou Toyota verkoopmanne is die eerlikste wat jy kry. Maurits

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus