Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
Pienaar dam
Dit was baie koud maar ons was braaf. Gebraai en gaan slaap.
Vroeg op geslaan en gery. Ons het probeer so 7 uur ry.
Krokoldil brug
Die pad soontoe was baie mooi. Scheoemanskloof was n belewenis. Groen en die klip OLD JOE kon ek sien.
Baie padwerke. Ek het oop die stadion van ver afgesien. Mooi stadion. |Pombela.
Kontrak werker
Ek gaan volgende keer meer selektief wees.
Almal wil n huisie by die see he.
Maar by Colesberg oppad terug het goed weggeraak.
So ek sal volgende keer meer navraag doen.
Paaie
Ek vermoed ons paaie is op die afdraende pad. Ek het Fleetline baie jammer gekry en gevoel hulle is nie gebou vir ons paaie se toestand. Fleetline is in 2003 gebore.
Lange ente is dit net n gehop van Fleetline. Ek is nie n ingeneur. Maar as ek n gat herstel, sal ek seker maak dit loop gelyk met bestaande pad.
Toe ons terug kom, sleep ons van N1 na Parys. N 19 km PHD. Pot hole Ditcher.
Weltevrede
Baie mooi plek. So 15 kilos uit Parys.
Bietjie grondpad na die plek, maar ek het stadign gehou.
Alle staanplekke is onderdak.
Colesberg
Die volgende stop was by Colesberg.
Nou ek het n ekstra 40 meter verlengingskoord opgerol in n ronde voorwerp wat gemaak is om sulke goe op te rol.
Kontrak werkers. Dit was gesteel. Dit het ek egter eers gister toe ons afpak.
So SLUIT ALLES. Heng ek is kwaad vir myself.
Dankie GH,..............
........jy is vergewe van jou stilte instruksies. Dit was nou 'n ordentlike terugvoer tot dusver.
Goeie hout...
.... dankie vir terugvoer, nou weet ek ook om daai oorslaapplek by Colesberg te vermy.
Sal eerder steeds Gariep Forever of Waschbank gebruik..
More almal.
KNP is soos volg:
Kampe:
Krokodilbrug, is n baie mooi kamp en ou gat. Ablusie bolkke puik. Lekker koelte gehad. Ons het gestaan by die hek.
Lower Sabie - Verkeerde staanplek gehad, want ek was in die son en dit was baie warm. Ons was wou langs mekaar te staan so ons opsies was maar min. Ek het geswem so warm was dit. Die toeriste het seker gedink ek is mal, maar soos julle weet is ek water bedinges. Mooi uitkyk restaurant.
SATARA - N staanplek gedeel en onder koelte. Maar daar het n lelike wind gewaai wat alles stofferig gemaak. Oulike winkeltjie. Ek is verbaas or die slaghuis wat daar is. Dit is ook waar ek vir Wessel raak gekamp het.
Skukuza - ek dink ons het die lekkerste staanplekke gehad want daar was lekker koelte. Lekker groot winkel en hulle brekkies is ook heerlik.Ons was by die trein restaurant ook.
Berg en dal - Mooiste kamp. Lekker geswen en almal wou ons staan plekke he. Toe ons afslaan kom kampers en sit hulle stoele daar.
Hallo Almal
Netheid - Ek is teleur gesteld in die mens. By uitkyk punte kon jy sien daar is mense wat net nie n papier kan hou en later weg gooi. Maar oor algemeen is die kampe mooi skoon ens.
Piekniek areas: MMMM die safari het gewerk en lekker brekkies gemaak. Ek het gelewe vir daardie pieknike areas. Kon my kudu wors rolletjie toe weer eet.
Paaie
Paaie was in n goeie toestand. Net hier en daar n sinkplaat gewees, maar ek is geleer om jou bande af te blaas en dit het gewerk.
FOUT Ek het n groot foutjie gemaak wat amper groot skade kon veroorsaak. Ek het nie baie na my bradnstof gekyk en neem toe dag n lang trippie geneem en dan na Tokwane piekniek te gaan. Toe kom ek agter die diesel raak minder. En ek neem n verkeerde pad..Gelukkig ry ek altyd 10 liter diesel saam vir noodgeval. Toe was ek bang en gooi die 10 liter diesel in. Ons is toe veilig. Maar sal nie weer so n foutje maak.
Hallo Almal
Ek plaas so lank n paar fotos maar ons was daarop uit op die klein goeters afte neem.
As ons afdraai by n dam dan sit ons daar en wag en sien.






Pienaar dam