Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -14 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -22 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 day ago

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin. 

Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word. 

Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar. laugh 

Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 20:54

Dit was baie koud maar ons was braaf.  Gebraai en gaan slaap.

Vroeg op geslaan en gery.  Ons het probeer so 7 uur ry.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 20:58

jy kamp soi langs die swembad en daar is n gemeenskaplilke braai naby n klein kombuisie.

maar ons mag nie daar wees want kontrakteurs gebruik dit.  FOUTJIE.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 20:59

Iemand het my gewwarsku dat die pad soontoe nie lekker is.  Waarheid.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:03

Die pad soontoe was baie mooi.  Scheoemanskloof was n belewenis.  Groen en die klip OLD JOE kon ek sien.

Baie padwerke.  Ek het oop die stadion van ver afgesien.  Mooi stadion.  |Pombela.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:17

Ek gaan volgende keer meer selektief wees.

Almal wil n huisie by die see he.

Maar by Colesberg oppad terug het goed weggeraak.

So ek sal volgende keer meer navraag doen.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:25

Ek vermoed ons paaie is op die afdraende pad.  Ek het Fleetline baie jammer gekry en gevoel hulle is nie gebou vir ons paaie se toestand.  Fleetline is in 2003 gebore.

Lange ente is dit net n gehop van Fleetline.  Ek is nie n ingeneur.  Maar as ek n gat herstel, sal ek seker maak dit loop gelyk met bestaande pad.  

Toe ons terug kom, sleep ons van N1 na Parys.  N 19 km PHD.  Pot hole Ditcher.

 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:30

Baie mooi plek.  So 15 kilos uit Parys.

Bietjie grondpad na die plek, maar ek het stadign gehou.

Alle staanplekke is onderdak.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:33

Die volgende stop was by Colesberg.

Nou ek het n ekstra 40 meter verlengingskoord opgerol in n ronde voorwerp wat gemaak is om sulke goe op te rol.  

Kontrak werkers.  Dit was gesteel.  Dit het ek egter eers gister toe ons afpak.

So SLUIT ALLES.  Heng ek is kwaad vir myself.  

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:34

Dit was ook baie koud maar lekker.

N skoon OK en ons kon lekker sosaties by CHARGO koop.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 24/05/2025 - 21:37

SAY NO MORE.

het die laaste aand daar oorgeslaap.

Ai dis darem mooi daar.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/05/2025 - 07:17

.... dankie vir terugvoer, nou weet ek ook om daai oorslaapplek by Colesberg te vermy. 

Sal eerder steeds Gariep Forever of Waschbank gebruik.. 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/05/2025 - 08:57

KNP is soos volg:

Kampe:

Krokodilbrug, is n baie mooi kamp en ou gat.  Ablusie bolkke puik.  Lekker koelte gehad.  Ons het gestaan by die hek.  

Lower Sabie - Verkeerde staanplek gehad, want ek was in die son en dit was baie warm.  Ons was wou langs mekaar te staan so ons opsies was maar min.  Ek het geswem so warm was dit.  Die toeriste het seker gedink ek is mal, maar soos julle weet is ek water bedinges.  Mooi uitkyk restaurant.

SATARA - N staanplek gedeel en onder koelte.  Maar daar het n lelike wind gewaai wat alles stofferig gemaak.  Oulike winkeltjie.  Ek is verbaas or die slaghuis wat daar is.  Dit is ook waar ek vir Wessel raak gekamp het.

Skukuza - ek dink ons het die lekkerste staanplekke gehad want daar was lekker koelte.  Lekker groot winkel en hulle brekkies is ook heerlik.Ons was by die trein restaurant ook.  

Berg en dal - Mooiste kamp.  Lekker geswen en almal wou ons staan plekke he.  Toe ons afslaan kom kampers en sit hulle stoele daar.

 

 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/05/2025 - 09:00

Netheid - Ek is teleur gesteld in die mens.  By uitkyk punte kon jy sien daar is mense wat net nie n papier kan hou en later weg gooi.  Maar oor algemeen is die kampe mooi skoon ens.

Piekniek areas:  MMMM die safari het gewerk en lekker brekkies gemaak.  Ek het gelewe vir daardie pieknike areas.  Kon my kudu wors rolletjie toe weer eet.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/05/2025 - 09:06

Paaie was in n goeie toestand.  Net hier en daar n sinkplaat gewees, maar ek is geleer om jou bande af te blaas en dit het gewerk.

FOUT    Ek het n groot foutjie gemaak wat amper groot skade kon veroorsaak.  Ek het nie baie na my bradnstof gekyk en neem toe dag n lang trippie geneem en dan na Tokwane piekniek te gaan.  Toe kom ek agter die diesel raak minder. En ek neem n verkeerde pad..Gelukkig ry ek altyd 10 liter diesel saam vir noodgeval.  Toe was ek bang en gooi die 10 liter diesel in.  Ons is toe veilig.  Maar sal nie weer so n foutje maak.

 

 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/05/2025 - 09:12

Ek plaas so lank n paar fotos maar ons was daarop uit op die klein goeters afte neem.  

As ons afdraai by n dam dan sit ons daar en wag en sien.KNP

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus