En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.
Swart vrydag ???
Geert, hoe werk dit met Sanparke. Ek ken nie die begrip in Sanparke konteks nie.
Ek is onder die indruk dat mens slegs een tipe afslag kan kry. Hetsy die 40% in sekere tye, maar nie oumens afslag boonop ook nie.
Vleisvreter
Diegene wat van tyd tot tyd op die CPC-forum deelgeneem het, sal waarskynlik vir Proffie onthou, oftewel Pottie Potgieter van Malelane. Ek het 2021 persoonlik met Pottie kennis gemaak by Eiland Spa en vanjaar was hy my onmiddelike buurman by Eiland. Ek het op my vakansie-terugvoering (Ons 4-maande toer) melding gemaak van die uitstekende kerrie-mengsel wat my kampbuurvrou aan ons gegee het. Wel, dit was Pottie se vrou, Heila.
Pottie het eendag so terloops aan my genoem dat hy net vleis eet, maar ek het gedink dat hy sommer gekskeer. Totdat ek later uitgevind het dat dit inderdaad die geval is. Toe ek hom eendag daaroor uitvra, het hy ‘n bietjie sy “Carnivore Diet” uitgewei. Ek het maar grootoog daarna geluister en kon nie help om ‘n groot mate van skeptisisme te ervaar nie. Hy eet net dierlike produkte wat insluit vleis, eiers en o.a. botter. Voorkeur word gegee aan vleis van herkouers, maar vark, hoender en seekos is ook toelaatbaar. Met die uitsondering van koffie, word slegs water gedrink. Geen plantaardige voedselprodukte word gebruik nie – dit sluit vrugte, groente en graanprodukte in. M.a.w. geen styselprodukte word o.a. gebruik nie.
Nou kyk – jy kan my in ‘n wip vang met brood, aartappels en ook rys. Ek “vrek”, by wyse van spreke, daaroor. ‘n Vars tamatie is ook koningskos. So ook vrugte soos spanspek, mango en geelperskes – asook vele ander. Pottie het vir my “You Tube” videos van Dr Ken Berry, ‘n Amerikaanse internis, aangestuur. Ek het ‘n hele klompie daarvan gekyk, maar kon nie help was om skepties daaroor te wees nie. Die enigste ding wat my aangestaan het is die feit dat jy kan eet totdat jy versadig voel (nie oorvreet nie) – wat natuurlik in groot teenstelling is met ander diëte waar jy soveel van dié en soveel van daai mag eet - en nooit voel jy werklik versadig nie. Sodra jy klaar geëet het begin jy al dink aan jou volgende maaltyd.
Pottie het sy Tipe 2 diabetes heeltemal afgeskud. Hy’t etlike kilogramme gewig verloor en gebruik ook glad nie meer cholestorol-medikasie nie.
Ek het vir meer as 2 maande oor die “Carnivore Diet” getob. Die grootste rede wat my afgesit het is die waarskynlike “afgesaagdheid” om slegs vleis en ander dierlike produkte te eet. En natuurlik my geliefde ou Skotse drankie en ‘n lekker glasie wyn vrywillig (eintlik onder dwang) op te gee.. Maar 2 weke gelede het ek besluit om dit ‘n “go” te gee – hoofsaaklik om te sien of ek my Tipe 2 diabetes kan “reverse”. En glo my, ek is vinnig op pad daarheen. My bloedsuikervlekke het dramaties afgekom – sodanig dat ek voorsien om eerdaags my chroniese diabetes-medikasie weg te gooi. Ek het sedertdien 4,5 kg gewig verloor.
Ek het my cholestorol verlede week laat toets en alles (LDL, HDL ens.) is binne die optimum vlakke. Ek beoog om dit na ‘n maand weer te laat toets, want sommiges (dokters ingesluit) waarsku jou dat jou cholestorol-vlakke gaan styg met hierdie dieët.
Ek moet sê – ek mis my ou sondonnertjie. Mensig – ‘n lekker whisky en/of ‘n glasie goeie wyn is darem maar lekker. Maar Dr Berry vra dat jy ‘n minimum van 30 dae dié dieët moet beproef (dus vasbyt), maar verkieslik 90 dae. Hy (ook Pottie wat dit al bykans 2 jaar doen) reken dat jy nie na jou ou eetgewoontes sal wil terugkeer nie.
My ontbyt, eintlik middagete omdat ek eers rondom 13:00 eet, (ek doen ook "intermittent fasting"), is heerlike spek en eiers wat my só versadig laat voel dat dit baie dae my enigste maaltyd is. Tussenin, sou ek so voel, peusel ek aan 'n stukkie biltong of kaas.
Gisteraand het ek vir ons 'n lekker "Seafood Chowder" gemaak met o.a. 'n blikkie pienk salm, "shrimps" en mossels. Die orige is my ontbyt/middagete vandag en vir vanaand is "Valley Kreef" (ala Delico) op die spyskaart. Ralie eet saam, maar sy eet steeds haar stukkie brood en slaaie.
Vleis dieet
jislaaik Chris, ek gaan dit ook probeer. Ek moet ook brood, rys, soet patats en pampoen uitsny. Ongelukkig sal ek ook vrugte moet los.
Ek het myself reeds ook beperk tot slegs 2 glase rooiwyn, en 2 biere per week. Om dit te los, sal dus nie te moeilik wees nie. Ek vrek oor koffie, maar sal moet leer om water skoon
te drink.
Ongelukkig is Marie 'n groente vraat, en ek MOET ook daarvan eet.
Terloops, wat is jou bloedgroep?? Ek is mos 'n konserwatiwe wit Hilux eienaar, en O- so negatief
'n Baie positiewe mens
Ek is maar een van daai kommin mense - sommer net A-positief. Só kommin dat ek met 'n verbeeldinglose wit Hilux ry.
Chris
Dra asb. my boodskap van baie sterkte oor aan Ralie met haar opname môre in die hospitaal. Ek vertrou dat daar 'n maklike uitkoms vir haar probleem sal wees.
En aan die "Vleisvreter", ook sterkte, want dit klink vir my na 'n heel nuwe leefstyl-aanpassing. Ek kan my nie daaroor uitlaat nie en wonder net oor al die ander vitamine en minerale wat mens ook benodig - 'n handvol pille daagliks?
Gaan jou nie eens vertel van die lekker stukkie bloubessietert saam met tee vanmiddag nie, dit sal darem te gemeen wees...![]()
Atkinson dieet
Hele klompie jare gelede het Yvonne die Atkins dieet gevolg wat hoog in proteiene is. Nie dat sy enigsins gewig moes verloor nie, maar vir ander redes??? Dit is darem nie radical net vleis en eiers nie, het groente laag aan koolhidrate in.
Hier by ons het ń baie bekende sportwetenskaplike ook so tipe dieet aanbeveel. Hy was gestenig deur kundiges wat dit as onverskillig van hom beskryf het.
Al die gesond leef nou, gaan wragtig nie goeie kwaliteit jare byvoeg hier laat in die lewe nie. 2 biere en 2 glase wyn per week, Wessel...nee my aarde laat die laaste dekade tel. Eendag in die ouetehuis gaan jy niks kry nie. Oros met ń strooitjie of kleuter drinkbekertjie ![]()
Herman...
...shit man, jy het y oortuig!!!! Daai kleuterbekertjie met die mondstuk het woeste beelde opgeroep.
Die strepie Oros wat so skuins uit die mond loop
Ek moes seker noem dis die Windhoek Draught [500ml] blikkies en oupa glase. Hou sjeker sjo halwe bottel op'n skink slag ![]()
Daai sportwetenskaplike moes later erken sy dieet het nie gehelp met sy suiker probleem nie. dis nou as jy van Dr Tim Noakes praat.
Einste hy Wessel. Praat…
Einste hy Wessel.
Praat nou hier met Von oor dieete ens. Toe wonder ek nou oor die ou seevaarders en hulle " Skeerbuik" is dit "Scurvy" in die Landstaal? Elk geval dit is agv vit C tekort. Eskimos eet glo van die derminhoud van gejagde diere om die aan te vul. Ons eet gelukkig lemoene en pietersielie.
Wonder of Chris B gaan Skeerbuik kry? Sal maar wag en seker hoor so na paar maande.
Wonder hoe lyk ń lyf met skeerbuik? Val die tande dalk uit?
Chris B
Mooi man.
Ek gaan dit ook volg. Maar ek is lief vir my groente.
Februarie maand los ek die voggies n hele maand. Dan kan ek se ek is in beheer van voggies. Februarie is die korste maand ook....
Dis net nie lekker as jy droog is en jou virende praat )(&*^% as hulle n dop in het.....
Ek praat maar nie nou baie.
Wildehont ierwers jou draad van kerrie. OOOO ek is mal oor kerrie. Ek het ook in daardie kerk getrou met n Bonnievaler.....
Geert. Mamma was bang dit reen in Rawsonville, so ons het nie gaan kamp. HOPELIK sal ek die awning kan afneem.
Oktober saamgesels
Ek het die afgelope 10 da by Silwerstrand oord by Robertson gekamp. Die oord behoort aan dieselfde famielie as Montague. Ek moet noem nadat ek by altwee oorde gekamp het verkies ek Robertson. Alles is in plek net soos by Montague maar die kamp het n lekkerder atmosfeer met die dat n mens op die rivier kamp. Oor die naweek was die kamp vol maar alles was 100%. Chris ek lees so julle siening van eetgewoontes, maar ek wil graag noem dat ek wonder of dit nie laat is om sulke drastiese dinge te doen nie. Jy moenie nou jou handrem optrek nie. Geniet maar die res van jou lewe. Maurts
Aanvullings
Ja - ek gebruik aanvulling - o.a. die volgende:
Magnesium; Vitamien B-kompleks, Chromium, Elektroliete, Omega 3 en Jodium.
Aanvullings
Môre almal, nadat ek Chris B se inset gelees het, besef ek hoe gelukkig ons hier in Brits is. Net deur die vuil mynstof in te asem kry ons gratis Chroom, Vanadium, Mangaan, Platinum in. Die kwarts[sand] fabriek dra so bietjie Silikon by.
Wat ons inkry deur gesuiwerde damwater te drink, verskyn ook op periodieke tabel, die elemente Stronsium en Holmium.
Jaarliks oppad Kruger toe, verby Middelburg en Witbank, kry ons die verlangde kwota Uraan ingeasem.
Die inpak op ons uitlaatstelsel moet nog in diepte ondersoek word. Ek vermoed dit mag dalk die voorkoms van 'n dun geplateerde lagie roesvryestaal voorkoms hê. Ongelukkig verstop ons "partikel filter" ook soms, en dan moet die kasterolie ingeneem word.
NS: Bostaande metalurgiese elementêre aanbieding is tans onwetenskaplik, nie geverifieer omdat 'n geskikte gatsometer wat lae vlakke [dpm] kan meet, onbekombaar is.![]()
Maurits...
...goed om van die Sandbaaiers te hoor.
Ek het uiteraard nog nooit by Silwerstrand gekamp nie. Ek vermoed dat ons dieselfde voel oor Montagu se woonwapark. Ek het vasgedruk gevoel daar. Andersins kon ons nie kla oor die netjiese oord nie.
Dankie ...
... vir die goeie wense vir Ralie. Ons vertrou haar rugprobleme sal aangespreek word. Dit is waarskynliker as 'n oplossing vir haar dementia.





Dankie Geert
Vir die resep. Eenvoudig is baie keer die lekkerste. Ek eet elke week kerrie maar maak dit uit my kop.