En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.
Sterkte Bouchers
Ek wens julle beide sterkte toe. Ek hoop die tannie kry verligting vir haar rugprobleme.
Mens (ek in elk geval) verwag min of meer dat ‘n man se gesondheid vroeër sal faal as sy vrou s’n. Hier is egter twee voorbeelde in die Loaders en Bouchers waar die man die vrou ondersteun in haar gesondheids uitdagings.
Dit moet bitter moeilik wees om jou maat van soveel jaar saam met wie vragte sout geëet is te sien swaarkry. Dit is sekerlik ook ‘n voorreg om haar van diens te kan wees in sulke moeilike tye, maar ek kan dink dat dit ongelooflik swaar moet wees op ‘n mens. Baie sterkte daarmee Mnr Boucher.
So gesels van kos
My dogter het chef en hotel wese geswot. Maar ek het meer geleer.
Toe julle almal van kerrie praat, toe maak ek vannaand n butter chicken kerrie. In verlede die pakkies gekoop en aan gemaak. Ek is na n Moslem tannie in ons straat en sy het my gehelp.
Butter chicken met garam masala , ens hemels. En dan maak ek Papadamas daarby.
Heerlik mense.
Goeie hout...
...vir ons ouens wat nie kerrie eet nie, EN keurige afrikaans besig, waarvan praat jy vriend???
Daai speserye en taal is mos die goete waarteen die vorige regering ons gewaarsku het, of nie![]()
![]()
Wat's fout Wessel?
Is die ou nooit kerrie gevoer van kindsbeen af nie? O my maggies - in daardie opsig sou ek 'n baie goeie Indiër uitgemaak het. Ek weet nie of kerrie sy oorsprong by laasgenoemde mense gehad het nie - maar dat hulle meesters is met kerrie is nie altemit nie.
Goeie Hout - ek weet nie of jy soms daar kom nie (en of die "antie" steeds haar stalletjie daar het nie), maar in die Cape Gate winkelsentrum (daar op Len se voorstoep) is 'n vrou wat "spices" verkoop. As ek reg onthou is dit naby die mees suidelike ingang na die "mall". Haar sogenaamde "Honeymoon" kerriemengsel is uit die boeke uit. Genoemde mengsel het al selfs sy inslag in my dogter se huishouding in Roemenië gevind.
Dis nog nie eens brekfistyd nie, maar my mond water sommer nou as ek aan 'n lekker kerrie dink.
Dankie ...
... aan diegene wat goeie wense aan die "government" gestuur het. Ek dra so aan haar oor.
Ek voel skoon verlore so alleen by die huis.
die fout....
....is dat ek mos die sensitiewe ou is!!!!
Ek eet geen kerrie, of enige brand speserye nie. Met moeite sal ek 'n gemmerkoekie afsluk met koffie.
So gaan eet ons ontbyt/middagete by Cape Dry in Montagu. Bestel toe ewe lekker varktjop[s] en chips. Die eerste fout, daar was nie 'n "s" op spyskaart nie!!! Die 2de probleem was, dit smaak na knoffel!!!! So skuins oorkant my sit 'n jong dame, en sy kom vra----wat pla my, sy sien ek is ontevrede. Ek verduidelik toe vir haar, die bestuurderes, dat die spyskaart geen melding van knoffel op die vark maak nie. Sy noem toe dat hulle net knertsie knoffelbotter opsit. Wel, seg ek vir haar, die hele tjop smaak daarna en dit walg my. Sy bied toe aan om my bord te neem en oor te maak sonder knoffel. Nogal heel tegemoedkomend, maar ek het nie aanbod aanvaar nie. Bloot omdat dit Marie se verjaarsdag was, en sy al amper klaar ge-eet was.
So is ek nou maar gesnaard, sal nie sê ek ry 'n besluitelose wit Hilux nie.
Kruger NP....
....se naam bly onveranderd. Ek het nounet die berig in die citizen gesien. Volgens die relevante departement/ministerie is die naam verskans in wetgewing, en geen aansoek/motivering was ingedien om dit te probeer verander nie.
Dus, gaan ek volgende jaar Mei steeds KrugerNP toe, en gaan 'n paar aande in Skukuza kampeer
Terugvoering
Die "baas" is terug op haar pos by die huis. 'n CT-skandering het gewys dat sy 'n erge graad van osteoporose het - wat volgens die spinale chirurg verantwoordelik is vir haar erge rugpyn van tyd tot tyd. Gelukkig het die MRI-skandering geen addisionele probleme uitgewys nie. Sy's opdrag gegee om haar stil te gedra - dus is huis-skoonmaak en ander dergelike take nou myne.![]()
die baas.....
....moet jy dan met handskoene hanteer, en sorg dat sy nie swaar take doen nie. Ek is saam dankbaar dat daar nie ander erger probleme is nie.
Tog interessant dat die kwaal meestal by blanke vrouens wat skraal van postuur is, voorkom. Dis nou volgens Dr Google.
Welkom by die stille klub genaamd huisskoonmaak brigade. Ons praat nie by braaivleis aande daaroor nie![]()
![]()
Ek het nog altyd gewonder ...
... waar die naam "bergwind" vandaan kom vir die warm winde wat ons Kapenaars van tyd tot tyd beleef. Dit is 'n algemene term vir die warm winde, maar hoekom word dit "bergwind" genoem? Ons het in 1976 in Swellendam gewoon en gedurende (veral Mei) het ons sulke warm winde ervaar. Hier waar ek nou woon (in Kleinmond) ervaar ons dit selde, maar wel af en toe.
Hakkel fout
Chris, probeer om 1 om te maak en kies edit. Dan vee jy alles net uit. Dalk werk dit
olifante oppad na Kgalagadi !!!
Ek sien in Maroela media 'n berig wat meld dat 4 olifante opgemerk is in die Zutshwa streek van Botswana. Hulle is nou so 70km vanaf die oorgrenspark se grens. Daar word spekuleer dat die migrasiepatroon dalk aan die verander is.
Wel, ek hoop hulle draai om en bly uit die park uit. Daar is alreeds te veel olifante in nasionale parke.
Ongewone diere in Kgalagadi
Daar was al by geleentheid 'n olifant in Kgalagadi. As ek reg onthou het veldwagters slegs die spore gekry. Nog iets raars wat al daar gekry is was wildehonde en bobbejane. Ekself het eers na heelwat besoeke vir die enigste keer vlakvarke gesien - naby Grootkolk. Ek het ook by Grootkolk my eerste koedoes in die park gesien - en later, tydens dieselfde besoek weer by Marie se Gat. Iets wat ek egter nog nooit in die park gesien het nie (en wat by geleentheid in groot getalle na die SA gedeelte van die park trek) is elande. 'n Ander rariteit wat my al te beurt geval het was om 'n spierwit bleeksingvalk te sien - by Unie-end se piekniekplek.
My hart hunker om weer 'n uitgebreide besoek aan Kgalagadi te bring - maar dit is ongelukkig onwaarskynlik.





Chris B
Sjoe ou maat, ek het gou gaan soek op internet. Daar is omtrent 9 tipes dementia, die een so sleg soos die ander. Ek hoop die mediese manne maak nie 'n fout en jaag onnodig spoke op nie.
Sterkte