Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dan maak hy rusie met dié een dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?"
Een aand klop die padda weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?" "Ek weet nie", sê Noag. "Maar ek sê jou wat! Moreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!" "Oo", sê die padda en bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al daarvan gesê?"
Hehe laaank gedink en toe…
Hehe laaank gedink en toe vinnig gedink ![]()
Wil net al die jongmense op…
Wil net al die jongmense op die forum reg help. Noag het wel in n ark gevaar en nie n motorboot soos beweer word nie.
Ja, 'n grootbek kry jou…
Ja, 'n grootbek kry jou dikwels in die moeilikheid. Vra my, ek weet! ![]()
Wie was Noag? Hy moes voor…
Wie was Noag? Hy moes voor my tyd gewees het ken hom glad nie. Maar ek neem aan die man moes baie lief gewees het vir diere..





Haha, die padda het vinnig…
Haha, die padda het vinnig gedink, mooi man.