Ek begin sommer die gesprek vir manne en manninne wat van die sport[s] hou.
Ek sien gister dat die wegspringrooster, bepaal deur 'n tydtoets, as volg lyk
Plekke 1 en 2 ----Ford Raptor v8
Plekke 5 en 6----Toyota
Blykbaar was daar 'n laat onttrekking van 'n 2.4 Hilux 4x4 vanaf 'n dorpie in Africa du Sud.
Camel Trophy
28 jaar gelede was daar gevra vir persone wat aan die destydse " Camel Trophy" wil deelneem. Synde Neef ñ passie het vir avontuur, skryf ek in.
Ek ken mos ń landrover, het goeie ondervinding in die hantering van modder, sand etc. Self is ek baie fiks en glo ek redelik sterk. Natuurlik baie fotogenies met ń baard en poniestert. Pa lyk soos Camel man.
So kry ek ñ oproep vir die uitdunne, man wat onderhoud voer is heel aangenaam, en dit wil klink of ek uitdunne gaan bywoon. Laaste vraag, " hoe oud is jy" 40 sê ek. Ai tog is sy antwoord, te oud. Vertel ek hom dat ek meeste jong lat se gat sal skop, stem hy saam, hy is selfde ouderdom, maar L Rover soek jong manne.
Beter jy het kanselleer Chris. Kan jy dink dat jy dalkies die jong klomp gaan ore aansit.....Net daar het jy ń Dakar Hilux losgeslaan...met ń v8... en petrol voucher vir 5 jaar.
As ek soveel ...
... bollie aanjaag met 'n standaard 2.4 diesel 4x4 in die sand/duine - kan jy jou voorstel watse stront ek met V8 sal aanvang.
Neef, met jou voorkoms dink ek kan jy steeds die jong Camel manne ore aansit.
die Camel manne....
....ore aansit OF verskrik ????![]()
Laat my dink toe ek vir Gym-instrukteur vra, watter masjien moet ek inspan om die poppies te beindruk. Seg hy, verkieslik die OTM in portaal!!!![]()
![]()
SA deelnemers??
Afgesien van die 4 spanne wat met opgepompde Hiluxe, vanuit SA [?] deelneem, is daar SA spanne wat met ander voertuie, soos gespierde Rangers deelneem.??
Ford doen goed
ai tog, al moet ek dit nou noem, na 3 trajekte behoort die eerste 5 podium plekke aan Ford.![]()
Die Hiluxe gaan van môre af met "solids" bande ry, hulle kry net te veel papwiele
Hilux ongehoorsaam
Die ouens wil nie luister nie. Volgens nuusberigte het die ouens maar weer sleg deurgeloop onder papwiele.
Ek kyk nie die tydren nie, volg net die koerantberigte. Daarvolgens is daar 'n Duster [Dacia] tans na 4 trajekte in die 2de plek. Nee, die voorloper is nie die 2.4 Hilux van Suid Afrika nie.
Ek verstaan die SA 2.4 HiLux…
Ek verstaan die SA 2.4 HiLux moes omdraai om hulle voorste buffer te soek, die het glo verlore geraak langs die pad?. Glo iets te doene gehad met 'n ongemanierde sand duin wat skielik innie pad gespring het.
Maar die verwagting is dat die 2.4 nou beduidend beter behoort te presteer noudat die voorste invalshoek beter is!
Defender
Stephan Peterhansel is besig om kringe om die Toyotas en Fords te ry in die standaardklas voertuig kategorie met die Defender. En die Price vrou is knap agter hom. Sal dít nou die tonge loswoel as die magtige Land Cruiser sneuwel voor die Britse aanslag. Heimlik hoop ek hulle hou tot die einde, maar dit sal ernstige gebede benodig. Wessel... kan jy hulle uithelp
??
Herman...
...moet nou nie sulke versoeke rig nie ou maat. Ek het so bietjie gedink, en ek gaan so antwoord;
Kom ons, en die wat ook so voel, rig eerder 'n paar ernstige gebede dat die vreeslike brande daar onder in bedwang kan kom. Dat vêrdere huise, diere en lewensverlies nie gebeur nie.
Ek sukkel om die skielike uitbreek van brande vanaf Stellenbosch, Hermanus omgewing, Mosselbaai streek tot by Kouga sommer net so skielik gelyk plaasvind. Is dit net ek wat sinies agterdogtig is.
Nou hoe kry jy ñ Landrover…
Nou hoe kry jy ñ Landrover Defender se performance op die Dakar en veldbrande bymekaar Wessel ??
Uitslae na 1ste week
Ek sien dat die top 10 verdeling as volg lyk;
DACIA:3 plekke beklee, en wel ook die 1ste plek
Ford Raptor: 4 plekke
Hilux GR: 2 plekke
Ek sukkel om die "stock" groep se resultate te vind. Waar soek jy Herman?
Toyota's sukkel
Ek sien dat die Land Cruisers darem nou die 3de en 5de plekke beklee, Plekke 1, 2 en 4 behoort nog aan die LR Defenders.
Die Hilluxe spartel nog verwoed, en hopenlik verbeter hulle posisies tot die einde. Herman se Stoffer en die Raptors skof nog letterlik stof in hulle luginlate.
Skielik wonder ek, ruil hulle net na elke skof filters?
Peterhansel het so twee…
Peterhansel het so twee skofte terug tyd verloor met ñ waaierband wat gebreek het, en ñ dag later ñ CV koppeling. Hy was in 1ste possisie. Laas toe ek gekyk het, was die Defenders uuure voor die LC 300's. Lyk my die twin turbo 4.4l v8 is ń rowwe bliksem.
Finale uitslae
Ai tog, daar loop dinge sleg skeef vir Toyota!!!!
Behaal darem plekke 8 tot10 teenoor Ford se 2de en 3de plek. Die wenner is sowaar 'n Dacia, is dit nie 'n Duster [Stoffer] nie???
In die ander afdeling het die LR Defender's omtrent die Land Cruiser pakslae gegee, met plekke 1,2 en 4. Die LC kon darem 3de en 5de plekke behou.
Mens moet ook byvoeg dat…
Mens moet ook byvoeg dat Ford nou maar die 2de keer deelneem aan die Dakar...glad nie sleg vir die "Rookies" om 2de, 3de EN 5de plekke te haal nie. Moet ook net byvoeg dat Dacia eintlik maar Renault is. Maar gelukwense aan Dacia, hulle het dit terdeë verdien. Wat LC teenoor LR aanbetref is ek verbaas, maar dit lyk of die Indiese eienaarskap positief is vir LR. Nou vir die begin van die F1 seisoen in Maart waar groot veranderinge die jaar inskop, nie net wat reëls aanbetref nie maar ook Audi en Cadillac wat die jaar deelneem en ons ou vriend Max V en sy Red Bull span wat nie meer Honda enjins gebruik nie maar oorskakel na Ford...bring herinneringe terug van die 60's en 70's se Ford Cosworth enjins wat byna alles oorheers het.
BF Goodrich....
....is toe nie so "good" die jaar nie. Ek lees op/in Maroelamedia dat BF met nuwe bande vir Toyota vorendag gekom het vir die afgelope tydren.
Die resultaat was 64 papwiele oor die 8000km, en blykbaar die doodsteek gewees tussen wen en vrot eindig.
Ek dink dis baie kortsigtig om so 'n moordende tydren in te gaan met onbeproefde bande.





Ironies
Ek stel nie eens belang in enigiets wat met motor-wedrenne of "rallies" te doen het nie.
Daarom dat ek maar onttrek het.