Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
As ek so na die foto's kyk ...
... lyk dit na die suidelike approach wat weggespoel het.
Tydsame proses...
....om die korrekte kontrakteur volgens Plascon kleurkaart te vind. Dan moet hy eers die toerusting gaan koop, nadat 80% van tenderbedrag uitbetaal is.
Dalk moet hulle sommer daai Hoedspruit boere kry om gou reg te maak. Die manne het reeds 15 Januarie, met Sanral goedkeuring, 'n brug bruikbaar tussen Swadini en Hoedspruit gemaak, binne 'n dag!!!
Op Sanparks se blad gekry
â ïžCamps Updateâ ïž
24 January 2026 #KrugerFloods2026
Main Camps
Punda Maria - Open 25 Jan
Pafuri Border Camp - Closed
Shingwedzi - Closed to overnight guests. Only day visitor site open from 25 Jan. Shop, restaurant and fuel station closed. Day visitors to bring own food, soft drinks/water and ensure they have enough fuel
Mopani - Closed
Letaba - Closed
Olifants - Closed
Satara - Closed to overnight guests. Open for day visits. Restaurant and shop open
Orpen - Open 25 Jan
Skukuza - Open
Lower Sabie - Open
Pretoriuskop - Open
Crocodile Bridge - Open
Berg-en-Dal - Open
Bush Camps
Sirheni - Closed
Bataleur - Closed
Shimuweni - Closed
Talamati - Closed
Mbiyamiti - Closed
Satellite Camps
Balule - Closed
Tsendze - Closed
Tamboti - open for overnight guests
Maroela - open for overnight guests
Malelane - Open
Private Camps
Boulders - Closed
Roodewal - Closed
Gates
Pafuri - Closed
Punda Maria - Open 25 Jan
Phalaborwa - Closed. Only SANParks guided drives to start 25 Jan.
Orpen - Open only for overnight guests to the camp, Maroela and Tamboti, emergency services and essential deliveries
Paul Kruger - Open
Phabeni - Closed
Numbi - Open
Malelane - Open
Croc Bridge - Open
Picnic Sites
Babalala - Closed
Tshokwane - Open for guests traveling from Lower Sabie and Crocodile Bridge
Mundzandzeni on S36 - Open to guests from Orpen side
H14 & H9 open for limited travel, but treat roads as dead ends.
Rede vir toe kampe
Dankie Geert
Ek wonder wat is redes vir sekere kampe se "toe" status. Byvoorbeeld, Satara is slegs oop vir dagbesoekers. Dit beteken dat mens padlangs, van watter kant af, daar kan kom. Dalk is die probleem riool, elektrisiteit en brandstof???
'n Volledige padverslag/status per roetenommer sal baie insiggewend wees.
Kruger maak oop
Volgens 'n swak nuusberig op Sanparke se webblad, begin fasiliteite en kampe weer beskikbaar kom. Die karige berig meld;
Phalaborwa hek is oop, of gaan die week nog open
Mopanie ruskamp oop teen Vrydag, behalwe die swembad.
Satara ruskamp is oop
Letaba en Shingwedzi area nog toe/onbegaanbaar
Wat baie meer sinvol sal wees, as vermeld word watter verbindingspaaie vanaf watter hekke, na watter ruskampe begaanbaar is.
Hopenlik teen Meimaand, sal mens darem seker verby Letaba area kan beweeg, hetsy van Satara, Mopani, en P.Borwa hek af.
Wildekus?
Gegewe die skade wat aan infrastruktuur in die Krugerwildtuin aangerig is deur die vloede en veral die deel wat ons wou besoek in Julie swaar getref het, begin ek alternatiewe oorweeg. Onthou, dis nie net die paaie wat beskadig is nie. Van die kampe was ook onder water, en twee van hulle is juis op ons bespreking (Letaba en Shingwedzi). Dink net aan wat dit gedoen het aan geboue en ondergrondse dienste. As dit net een kamp was kon ân gefokusde poging dit makliker regruk.
Daar moet eers opgeruim word voordat ân skadebepaling gedoen word en spesifikasies vir herstel oogestel kan word. Sanparke het nie eers die interne kapasiteit om basiese onderhoud te doen nie, en die kontrakteurs wat dit namens hulle doen se scope of works sal nie die omvang en tipe werk wat verlang word insluit nie.
Ons moes verlede jaar ons Krugerwildtuin toer kanselleer, en as ons dit weer moet doen die jaar wil ek ân alternatief hĂȘ. Ek wou nog altyd Wildekus toe gaan, en dit begin nou na ân opsie lyk. Ek sal net eers moet kyk wat vaste verblyf kos. Ek is nie seker dat ek die Kavango so ver wil sleep tot daar en dan nog op twyfelagtige roetes daar wil sleep nie. Ek sal eers nog navorsing moet doen om te kyk wat die beste benadering gaan wees, en dan kyk of daar plek beskikbaar is.
Wildekus
Dit is ook al vir baie jare op my wenslysie. Ek het nog altyd gedink om dit met 'n besoek aan die Baviaanskloof en die Rhodes-omgewing te kombineer. Hopelik kan dit realiseer met my Atlantis-model - dit is nou as ons twee oues die gesondheid (selfs lewe) behou. Ek het eintlik té veel plekke op my emmerskoplysie - soos Tankwa Karoo, Richtersveld, Caprivi (om maar enkeles te noem).
Besige wenslys daai! JammerâŠ
Besige wenslys daai! Jammer ons oues het nooit innie ou dae besef dat ons die Caprivi verniet, verblyf en kos ingesluit sowel as goedkoop bier en OBS, kon besoek met Oom PW se toeriste klas lugvervoer (ook bekend as 'n Flossie!) ingesluit.
Grootwind...
...ons kon ook saam met daai toergeselskap 'n ent in Angola ook voetspore gaan los het.
Jislaaik, wat 'n verspeelde kans, ons kon na hartelus gaan 4x4 speel het, alles op SARS se rekening![]()
Maat van my, nie op dieâŠ
Maat van my, nie op die forum nie, gaan ek dink in Maart, in Knysna wegtrek met sy Explorer en LandRover. Wildekus, Natal en dan Kruger toe. Satara en Skukuza kampe.
In ons jong jare toe kinders voorskool was, was die Wildekus ñ gewilde bestemmimg gewees. Al die pad van Witbank met Landy gery. Die hotelle, meestal ou skool rondawel akkomodasie, was onverbeterlik met Nanny's vir die kinders.
As dit nog net halfpad so is, is dit puik.
Wildehont KNP
Ek weet Satara was toe agv basiese dienste nie beskikbaar was nie....water en elektriesiteit. Soos Wessel noem is kamp reeds oop. Op Sanparks se aanlyn besprekings stelsel wys alle kampe beskikbaar vanaf Februarie....glo nie hul sou besprekings neem as hul nie basiese dienste kon lewer nie. Paul Mulder reis ook tans die wildtuin vol...hy sal 1ste handse ervaring kan oordra. Lees ook op Sanparks se facebook blad oor mense se terugvoering wat tans daar is....glo nie daar hoef kommer te wees oor parke wat nie kan lewer nie....veral 5 naande nog voor jul gaan.
Maar my2c
Ek hou duim vas
Dankie Geert. Ek is al seker agt jaar (of langer) nie meer op Facebook nie so ek is ân bietjie agter die tyd. Die skade wat hierdie vloede aangerig moet egter astronomies wees, en die minister het reeds aangedui dat hulle nie die fondse het om dit te herstel nie. Die Noorde (wat al deel is wat ons besoek) is ook baie erger getref en my logika sĂȘ vir my dat hulle fokus op die Suide sal wees waar besoekersgetalle baie groter is. Solank die paaie egter begaanbaar is, sal hulle seker die kampe stelselmatig oopmaak. Gelukkig is daar hopelik minder wat kan skade ly in ân kampterrein as in hutte of rondawels.
Sanparks
Vanaf Sanparks se facebook blad
Ref: 9/2/2 â 26 â KNP
Friday, January 30, 2026 Update 1of/ 1
MEDIA RELEASE
For immediate release
UPDATE ON ROAD AND TOURISM CAMP ACCESS FOLLOWING SEVERE WEATHER CONDITIONS IN KRUGER NATIONAL PARK
While conditions have improved and key assessments have been completed, several areas remain affected in the Kruger National Park. For safety reasons, a few access restrictions and closures remain in place as recovery and repair work continues.
At this stage Phalaborwa Gate will open for Day Visitors as of Saturday, 31 January 2026. Guests are requested to note that Day Visitors entering through Phalaborwa Gate may travel only up to Satara Rest Camp. Pafuri Gate is open. However, the Pafuri Border Post remains closed.
Letaba and Olifants Rest Camps remain closed, while Mopani Rest Camp is open and can only be accessed through Punda Maria Gate, not Phalaborwa Gate.
Guests are urged to bring own supplies as the restaurant in Mopani Rest Camp is closed. Only the shop and restaurant are open at Shingwedzi Rest Camp, the rest camp is still closed until further notice.
The only bush camp that is open in the north is Bateleur. Other bush camps such as Sirheni, Shimuwini, Tsendze remain closed.
South of the park, the Sabie River and Sand River Bridges are now accessible. Visitors may travel from Skukuza to Satara and Lower Sabie via H1-2, joining H12 and H4-1 and may also use Skukuza to Lower Sabie via Tshokwane Picnic Site and H10.
Access to Lower Sabie from Skukuza is only via Tshokwane Picnic Site through H10 road.
Both Tshokwane and Nkhuhlu Picnic Site are now open with limited menu options. Boulders Bush Camp is Closed.
Orpen Gate remains closed until further notice.
Visitors are urged to follow official SANParks communication platforms for the most up-to-date information and to adhere strictly to all travel restrictions currently in place.
SANParks thanks all visitors and stakeholders for their patience, understanding and cooperation during this recovery period.
Further updates will be communicated as the situation evolves.
Ends
Issued by: JP Louw,
SANParks Head of Communications and Spokesperson
For media enquiries, please contact: Rey T Thakhuli, GM Communications, Kruger National Park, Tel 013 735 4363 Mobile: 073 373 4999 email: rey.thakhuli@sanparks.org
Herstelwerk in die wildtuin
Wessel se skrywe van 23/01 het betrekking (op die kontrakeur): "Dan moet hy eers die toerusting gaan koop, nadat 80% van tenderbedrag uitbetaal is".
Of dalk nie....
Vanoggend op ons GPF gelees van "Yellow CAT grader. Stolen... between Witbank and Delmas. 05:55 this morning" met 'n foto ter illustrasie daarby.
Dit het my dadelik laat wonder waar iemand beplan om hierdie massiewe masjien te gebruik waar niemand gaan vrae vra nie, met ook geen polisie teenwoordigheid in die omgewing nie. KNP??
Knp
Vanaf Sanparks se facebook blad
â ïžKruger Camps Update â ïž
31 January 2026 11h00 #KrugerFloods2026
Main Camps
Berg-en-Dal - Open
Crocodile Bridge - Open
Letaba - Closed
Lower Sabie - Open
Mopani - Open 30 Jan. Limited units available, fuel shortage and no diesel, restaurant closed, shop still awaiting deliveries. Can only be accessed through Punda Maria gate, not Phalaborwa gate. Guests to bring own supplies.
Olifants - Closed
Orpen - Open
Pafuri Border Camp - Closed
Pretoriuskop - Open
Punda Maria - Open
Satara - Open. Guests are advised to use Phalaborwa Gate for access. No access from Orpen Gate.
Shingwedzi - Closed to overnight guests. Day visitor site open from 25 Jan. Restaurant open 07h00-16h00. Shop open.
Skukuza - Open
Bush Camps
Bataleur - Open
Mbiyamiti - Closed
Shimuweni - Closed
Sirheni - Closed
Talamati - Closed
Satellite Camps
Balule - Closed
Tsendze - Open 2 Feb
Tamboti - Open for overnight guests
Maroela - Open for overnight guests
Malelane - Open
Shipandani Hide - Closed
Private Camps
Boulders - Closed
Roodewal - Closed
Gates
Croc Bridge - Open
Malelane - Open
Numbi - Open
Orpen - Open only for overnight guests to the camp and Maroela and Tamboti, emergency services and essential deliveries
Pafuri - Open
Paul Kruger - Open
Phabeni - Open. Guests to use S3 & S4 to connect to Pretoriaskop and Skukuza
Phalaborwa - Open 31 Jan with restrictions. Day visitors entering through Phalaborwa Gate may travel only up to Satara Rest Camp.
Punda Maria - Open
Picnic Sites
Afsaal - Open
Babalala - Open
Makhadzi - Closed
Mooiplaas - Open 2 Feb
Mundzandzeni on S36 - Closed
Nkuhlu - Open. Access from H-12 to H4-1. No access from or to Lower Sabie
Nwanetsi - Open
Pafuri - Closed
Skukuza Day Visitors - Open
Tshokwane - Open
Shops
Punda Maria - Open
Shingwedzi - Open
Letaba - Open 3 February
Giriyondo border gate - Closed
Pafuri border post - Closed





Foto's
Letaba brug