Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Sanparks berig
Vanaf Sanparks se blad
⚠️ Kruger Rainfall UPDATE ⚠️ Ref: 16/3/2026 - KNP
Monday, March 16, 2026, Rainfall
MEDIA RELEASE - For immediate release
LATEST PERSISTENT RAINFALL AFFECTING ACCESS IN THE NORTH OF KRUGER NATIONAL PARK
The central and northern regions of the Kruger National Park (KNP) are currently experiencing flooding conditions which is affecting access to several camps. Due to substantial rain received from both outside and inside the park, the river levels have risen sharply. Rivers along the Shingwedzi and Luvuvhu systems have increased and are expected to continue fluctuating in the coming days as further rains are expected this week.
The park received exceptional rains in January this year, therefore the catchments remain extremely saturated and vulnerable to sudden increase in river flow. Although the Shingwedzi river is rising, it is not at a stage that evacuation process for guests and staff in the camp is required. However, management is monitoring the Shisha stream near Babalala/Sirheni which is pouring out to the tar road.
All access gates and camps in the southern part of the park are operational whilst Biyamiti Bush Camp is accessible only via Crocodile Bridge side (open from S25 intersection). There is currently no access to S114.
Phalaborwa Gate, Olifants Rest Camp as well as Letaba’s filling station, the Elephant Hall and shop remain operational in the north of the park. In the central parts, the Orpen Gate including Tamboti and Maroela as well as Orpen and Satara Rest Camps are open.
Visitors are urged to remain alert and to adhere to the signage on the roads as most gravel roads in the north and central of the park are temporarily closed. The following tourist facilities are also affected:
Punda Maria Gate
Pafuri Gate
Giriyondo Border Gate including Makhadzi Picnic Site
Sirheni, Bateleur and Shimuwini Bush Camps
The Letaba High Level Bridge is still inaccessible with the repair work suspended until further notice.
Roodewal Bush Lodge
Balule Satellite Camp
Talamati Bush Camp
SANParks continues to monitor the situation closely and will communicate any changes as they occur. The safety of guests, staff and infrastructure remains the organisation’s highest priority.
Ends - South African National Parks (SANParks).
JP Louw: SANParks Head of Communications and Spokesperson.
Media enquiries:
Reynold “Rey” Thakhuli: General Manager: Communications, Kruger National Park. Tel: 013 735 4363, Cell: 073 373 4999 or Email: rey.thakhuli@sanparks.org
Please read before asking a question on this post.
I DO NOT WORK for SANPARKS. I AM A PROFESSIONAL GUIDE AND SHARING FOR THOSE WHO DO NOT HAVE ACCESS TO INFORMATION. Information shared from Official SANPARKS Sources ONLY AND CAN CHANGE AT ANYTIME SHOULD THERE BE A REASON
Geert...
Ek lei af dat hierdie berig deur die "gids" êrens geplaas was.
Die genoemdes JP Louw en Rey Thakhuli is defnitief verbonde aan Sanparke.
Ek het vir laasgenoemde 'n epos gestuur laas Sondag, en het nog nie 'n antwoord ontvang nie.
Hierdie berig meld wel dat Satara reeds oop is. Van my vriende beweer dat Sanparke hulle aanbeveel het om hulle bespreking vir Julie te skuif of te kanselleer. Baie verwarrend.
Luvuvhu rivier ????
Volgens my padkaart kruis die R523 die genoemde rivier, wes van Thohoyandou. Dalk is dit waar die pad/brug weggespoel het.
R523 en R524
Volgens my boek kom die R523 van Wyllie's poort na Thohoyandou, en aan na Mhinga, waar dit in die R524 inloop, net voor Punda-hek..
Die R524 kom van Louis Trichardt, loop neffens onder T...dou verby ook na Punda hek. By T....dou is daar baie kort verbinding tussen R523 en R524.
Dus kan die feite tog korrek wees.![]()
Ek het nog nooit van Punda-hek gebruik gemaak nie.
reën in/om Kruger
Sjoe, ek wonder wanneer gaan die geweldige reënweer wyk. Ek sien op die nuus dat die Limpopo dele, aangrensend aan die willetuin, alweer wegspoel. Daardie water is dus oppad na Kruger-Noord toe.
Punda-hek
Ons het hierdie toegangshek in die laat '80's gebruik toe ons vir Paasnaweek op pad was na Punda Maria. Erens anderkant Thohoyandou het 'n taxibestuurder aan die slaap geraak en agter in Daan se bakkie vasgery. So het ons nie die aangenaamste herinneringe aan daardie pad nie.
In 2022 en ongeveer 'n jaar later in 23 het ons ook in Punda Maria gekamp. Albei jare moes ons brandstof aanvul en in albei gevalle was die vulstasie se kaartmasjien buite werking. Met feitlik geen kontant tussen my en Daan het dit gelol (ons moes Messina haal). Die petroljoggie het voorgestel dat ons iets by die winkel gaan koop en dan so kontant kry vir brandstof. Die winkel kon ons nie help nie, gevolglik moes ons buite die wildtuin gaan brandstof soek - Punda-hek uit tot in Mhinga na 'n baie dodgy vulstasie. 'n Nuwe stasie was in aanbou - ek skat so 10km buite die hek wat waarskynlik by nou reeds voltooi is. In 2023 het ons maar deurgedruk tot in Shingwedzi. Lang storie, maar eintlik wil ek net aanraai dat, indien iemand in Punda Maria brandstof moet aanvul, hou vir veiligheid kontant byderhand. Dit kan ook net werk indien die paaie herstel is en brandstof nog beskikbaar is....![]()
Vanaand oor 'n maand slaap ons in Satara.
Sanparks update
⚠️Kruger Camps, Gates and Bridge Update⚠️
19 March 2026
PLANNED RE-OPENING AND STATUS UPDATE OF FLOOD DAMAGED CAMPS IN NXANTSENI (KNP) as @ 19 MARCH 2026
______________________________________________________________
GATES:
1. Phalaborwa Gate – open
2. Punda Maria Gate – open
3. Pafuri Gate – open
4. Giriyondo Border Post – closed; expected opening once the HL Bridge open and the road has been graded.
5. Pafuri Border Post – open
DAY VISITOR SITES:
1. Masorini – Open
2. Olifants – Open
3. Letaba – Closed
4. Makhadzi – Closed
5. Mooiplaas – Open
6. Shingwedezi – Open
7. Babalala – Open
8. Pafuri Day Visitor Site – Open
9. Punda Maria EE Centre – Open
OVERNIGHT HIDES:
1. Sable Hide – Closed; expected opening – 15 May 2026
2. Shipandane Hide – Closed; expected opening – May 2026
CAMP SITES:
1. Tsendze – Open
2. Balule – Closed; expected opening mid July 2026
BUSH CAMPS
1. Sirheni Bush Camp – opened after January floods and closed again since the recent rains due to accessibility.
2. Bateleur Bush Camp - open
3. Shimuwini Bush Camp- closed; expected opening1 September 2026
MAIN CAMPS:
1. Shingwedzi Rest Camp -open
2. Olifants Rest Camp -open
3. Mopani Rest Camp – Open with restaurant still under construction and envisaged to be fully operational by end May 2026
4. Letaba Rest Camp – Open: Shop, Filling Sation & Elephant Museum
Expected opening in a phased approach of the following facilities:
Tourism facilities partially opening by 5 May 2026 (Facilities not severely damaged) Circle A, B, C, Family Cottages, Guest Houses and line room.
02 June 2026 (Restaurant fully operational)
01 August 2026 (moderately damaged facilities)
02 November 2026 (severely damaged facilities. Camp to be fully
operational).
BRIDGES
Letaba HL Bridge – Closed; expected opening 23 March 2026
Letaba LL Bridge – Closed; expected opening July 2026
Dankie, maar wat is dit?
PLANNED RE-OPENING AND STATUS UPDATE OF FLOOD DAMAGED CAMPS IN NXANTSENI
Ek moes nou eers vir Andries Immelman gaan vra:
The Nxanatseni region is the northernmost management region of South Africa's Kruger National Park, bordered by the Limpopo Province to the west and Mozambique to the east.
Boere Kruger
Dankie Geert en Chris S, nou is ons weer opdatum met status.
My vriend in Maroela is omtrent gelukkig met wild. Hulle het omtrent alles, veral katte, gister gekry langs teerpad na Olifants toe.
Vanoggend die groot trop leeus, insluitend die wit wyfie, waar Maroela se grondpad aansluit by die teerpad na Orpen en Satara..
Wie gaan binnekort wildtuin toe?
Ek lees nou die draad om op hoogte te kom wie wanneer by die wildtuin inboek. Op die draad sien ek net 3....Wessel sin, Wildehont sinwat ek hoop gaan realiseer en myne. Dan weet ek Rona klok in minder as n maand in by Satara en oom Len het n bespreking by Letaba gedurende Augustus. Enige iemand anders wat se datums ek mis? Voel of daar heelwat minder is as vorige jare.
Kruger besoekers of dan nie
Ek weet net dat Chris B amptelik nie sy gewone laaang kuier in Kruger die jaar mis. Hy gaan dalk in April 'n paar dae daar verwyl terwyl hy waf vir visums.
Yip ...
... ek wag nog vir klarigheid t.o.v. die afhaal van my visums na my besoek aan die Roemeense ambassade op 16 April. Hopelik kan hulle binne die volgende week vir my 'n aanduiding gee van wanneer ek my paspoorte/visums kan kom afhaal na ons besoek op 16 April. Indien dit in die week daarna is, oorweeg ek om 'n paar dae wildtuin toe te glip terwyl ons moet wag vir die afhandeling van die dokumente. Sou dit langer duur, sal ek waarskynlik eerder terugkeer huistoe en dit per koerier laat aflewer.
My beplanning sal behels dat ek Vrydag 17 April tot in Tzaneen ry om by my ou vriend te gaan oornag. Dit blyk dat daar tans plek beskikbaar is in Mopani, Satara, Skukuza, Pretoriuskop en Berg-&-Dal (dit moet toegeruste akkommodasie wees, want ek kan nie 'n klomp goed saamry indien ons met die Honda gaan nie). Ek dink daaraan om dalk 2 aande elk in Satara en Skukuza te gaan bly. Maar ek sal eers weet nadat ek terugvoering van die Roemeense ambassade gekry het.
Tyd sal leer
Dalk verbaas die ambassade jou, en julle kan vinnig die dokumente kry. Dan is Klein Kariba dalk julle oornag plek
![]()
Ek wag nog vir die amptelike "confirmation" dat ons aansoeke "validated" is. Tot dusver het ek slegs onderstaande ontvang.
Your applications were validated and you received appointments for the 16th of April, between 14:00-15:00 (for both of you). It could take a while for you to receive the actual confirmations from e-visa on your e-mail address.
Dus - wag ek nog soos 'n uil op 'n kluit alvorens ek finale besluite t.o.v. ons Pretoria-toe ganery kan maak.






Hernude skade
Ek is bekommerd dat die hernude reën weer groot skade aan die infrastrukture gaan aanrig. Ek dink byvoorbeeld aan die opvullings by die Letaba brug, wat nog nie eers heeltemal voltooi is nie.
My vriend kamp in Maroela, en hy sê dit is vreeslik die stroom plastiese bottels, kanne en sakke wat invloei met die Timbavati rivier. Dis gemors uit die omringende nedersettings.