Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -9 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -9 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Vaalpark

Johann L

Wed, 13/12/2017 - 21:31

Mabalingwe is in vir ons, my vrou gaan so bietjie vroeér af kom, dan hoop ons om so teen 14:00 hier te kan weg kom. Dit sit ons so 17:00by Mabalingwe.

0
Centurion

Dusty

Thu, 14/12/2017 - 05:27

Goeie more.

Sonnige oggend en 'n warm dag volgens voorspelling. Sit reeds en tee drink.

Geniet die dag

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/12/2017 - 07:01

Goeie more almal, tee klaar gedrink dankie,  kom net gou more sê en dan, voor die son te erg raak, gras sny.

Julle moet 'n heerlike dag geniet, gooi daai koffie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 14/12/2017 - 07:56

Dit is alweer Donderdag.   Ek sweer, die weke het nie so vinnig verbygegaan toe ek nog gewerk het nie.   Wil Vader Tyd my nou vinnig ouer maak of wat?

Hier het netnou so verdwaalde buitjie reën geval.  Net so om jou uit jou stoel te laat opspring om te gaan kyk of dit waar kan wees.   Die lug lyk bietjie donker en hier is nie wind om dit weg te waai nie, so hopelik word die tuin bietjie natgemaak vandag.

Voortrekker en Johann, julle lyk tog te spiekeries so tesame!   

Len en Arie, waar is julle dat julle so stil is?

Lekker dag vir almal.   Soos Shaun altyd sê, mag hy loop soos stroop.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 14/12/2017 - 09:09

Len en Arie, waar is julle dat julle so stil is?

Goeie More Freda.    Ek dink daar waar Arie kamp by 3 Berge het hy nie 'n goeie sein vir Internet nie, en moet hy dus na die kantoor / swembad toe stap om 'n sein te kry.   Vir die wat al by 3 Berge gekamp het, sal weet dit is 'n entjie se stap soontoe.   Ek dink dus in die gemak van Arie se kampstoel  kan hy nie met ons sit en gesels nie.

Waar Len is weet ek nie -   dink hy kuier by CP?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/12/2017 - 09:33

A-nee-a, lees julle dan nie my kommentaar nie ?  Ek het gister op bl.8 Goeie môre gesê en gereageer op Freda en Deon se gesels oor die 30% reën in PE.

In elkgeval, "Goeie môre !"

 Anton is reg, ek gesels oral waar ek iets interessant vind en het ook lekker gesels op CP oor die Steinhoff-debakel.

Ek sal 'n nuwe draad skep oor my stiller wees op Kampforum.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 14/12/2017 - 10:09

Len, ek het gister gesien jy het saamgepraat oor die weerstorie.  Jy was net vir my oor die algemeen stiller die afgelope week of so.   Ek hou asem op vir daai draad wat jy gaan begin, ek het so idee hier kom 'n ding!  smiley   Ek pleit sommer nou al skuldig.blush

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/12/2017 - 14:58

Haha Dusty, ja ek sny elke Maandag,  en elke Donderdag gras. Ek hou nie van lang gras nie,  en as ek dit weekliks sny, dan sny ek sulke wit kolle?

Johann, klink my jy sny elke tweede dag gras.

Ek het vreeslik baie geite, en tyd?, my tuin het verskriklik verwaarloos die laaste twee jaar met die droogte. Ek is in 'n prosses om van nuuts af tuin te maak.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 18:22

Geen koffie gedrink vandag is nou eers op forum ons hond n Jack Russel van 12 jaar is gister aand voor ons huis verskeur deur n rifrig wat ek voorheen gekla het, Het vanoggend haar uitgesit by veerarts ja maar hartseer 

0

Sleep nou ek is baie jammer om te hoor van jou tragedie as dit 1 van my 3 Jack Russels was is die eienaar en sy rifrug ook vannad in intensiewe sorg gewees ,kyk niemand vat aan my honde dan is dit oorlog

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 18:31

Dassie die ou het sak met niks dan gooi hy die ras kaart ook die spca het reeds paar klagtes gekry kom ons kyk wat gebeur

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/12/2017 - 18:52

Ai tog, Shaun jammer om hiervan te lees,  ek onthou jou vorige skrywe in die verband. 

Nou wil mens ook nie die rifrug iets aan doen nie, dit is die donnerse eienaar se skuld.

Sterkte vriend. 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 18:56

Dankie Johann ja die ou is dik slim agter sy hek hier is blykbaar nou 4 klagte oorie hond wat amok maak ek sal laaik om daai ou eenkant te kry en 5 punt plan uit te voer

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 14/12/2017 - 19:05

Ai, Shaun, ek is bitter jammer daaroor.   Dit is erg genoeg dat 'n hondjie wat jy vir 12 jaar lief gehad het, weggeneem is, maar op so manier.  Maak dit baie erger.  Sterkte vir julle. heart

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus