Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
More almal, dankie tee was…
More almal, dankie tee was lekker.
Stoffel julle moet mooi ry en geniet die naweek, so ook almal wat wegaan die baweek.
Hier ook niks gereen laasnag nie, maar vandag dig toe getrek met goeie reen vooruitsig.
Freda, ek sien die mense…
Freda, ek sien die mense hier langsaan by CP soek jou met 'n seer hart. Ek het gese ek sal jou gou kom roep. ![]()
Dagsê !
Dagsê almal !
Wow, gister was 'n snikhete dag hier by ons in Brackenfell, 38º ! Vandag se voorspelling is weer in die 30's maar hopelik nie so kwaai soos gister nie. Vanoggend vroeg, nog voor die son naby my swembad gekom het, was die swembadwater 30º - seker nog van gister se hittegolf.
Ek sien Willem vorder goed oppad Hartenbos toe, hulle was al vroeg vanoggend by Kroonstad en mik nou vir Gariepdam daar naby Colesberg.
Môre almal. Mooi dag vir…
Môre almal. Mooi dag vir almal.
Doen van oggend die tuin roete....saam met die grassnyer...
More Deon en die res…
More Deon en die res.
Gaan nou koffie maak en dan regmaak vir die pad.
Lekker Saterdag vir elkeen
Goeie more aan almal. Deon…
Goeie more aan almal. Deon jy moet lekker gras sny. Dusty veilig ry en groete aan jou suster - geniet ![]()
Lekker dag vir almal!
Goeie more aan almal, wil…
Goeie more aan almal, wil net noem dat jaareind partytjies n euwel is en dat ek nooit weer drink nie, LOL, aai tog.
Wens die wyfie word nou…
Wens die wyfie word nou wakker, haar koffie smaak altyd lekkerder as myne
Goeie more Gees!
Wens die wyfie word nou wakker,
dalk moet jy vir haar van jou slegte koffie maak, in die bed, sodat sy kan wakker worre ![]()
More oom Voorie, ag ja, kom…
More oom Voorie, ag ja, kom ek maak vir haar n koppie java, wie weet, dalk kry ek n bonus daarvoor.
hehehe - toemaar, jy is…
hehehe - toemaar, jy is nie alleen nie. My wyfie lê ook elke Saterdagoggend lekker laat. Ek sit maar hier op die stoep, drink alleen koffie, lees forum en kyk hoe die budgies paar.
More almal
Lyk my daar is 'n sameswering hier vanoggend tussen Gees en Voories. Die een praat van 'n bonus en die ander een van paar en albei sluit 'n wyfie in. Hmmmm, ek wonder maar net.![]()
Nouja, ten minste hoef ons nie vandag te kyk hoe die Springbokke verloor nie. Die Blitsbokke kon nog nie in die Kaap wen nie, hoop hulle kry dit reg die naweek.
Vanaand gaan ons na die 70ste verjaarsdag van 'n vriendin.
Sedert laat gisteraand waai die wind 'n hond uit 'n bos hier in die Baai. In die nag het ek my soms verbeel en kamp langs die see. Dit het soms so klapgeluid gemaak soos 'n brander wat breek.
Julle moet 'n lekker Saterdag hê. Sny daai gras netjies Segekok, hou lekker partytjie Dusty, Gees en Voories, julle twee moet maar elk 'n pilletjie drink. Vir Gees se kopseer.
Goeie more, of middag, almal…
Goeie more, of middag, almal.
Lyk my party mense gaan gras sny, terwyl ander iets anders probeer.
O ja, dankie die tee was lekker.
Len, dankie vir die terugvoer ivm Willem
Saterdag middag tennis jaar…

Saterdag middag tennis jaar afsluiting braai met n paar biere.
Dankie Len, ons vertrou…
Dankie Len, ons vertrou hulle ry rustig, veral na die sweer wat gedreineer is, klink dit my Willem is haastig?
Anton, Lolla moet die tennis geniet, en jy die goue koue.
Ons gaan nou by die kinders braai, so ek vat genoeg Coke saam, gaan maar so twee botteltjies Millers ook inpak, net in geval ek dors word.?
Alle lede.
Julle moet 'n lekker rustige Saterdagaand saam jet Noddy geniet, ek gaan nou nie vannaand inskakel nie.
Good morning South Africa!
Yes, yes. Wie is al wakker? Vyf uur en ek is al besig met my opvolg koppie koffie!
Gister was ons van 5 uur die middag by ons vriendin se partytjie, lekker gesels en geëet maar so na 9 alweer terug by die huis. Bed toe met 'n boek, lees een bladsy en slaap. Nou weer hopeloos te vroeg uitgeslaap en hier sit ek. Ja, ja, ek weet die jong laaities gaan vir my sê dit is die ouderdom. En julle is reg! Geniet maar julle lekker kuier en lekker laat slaap, terwyl julle kan. Eendag, wanneer julle by daai stadium kom, onthou daai tannie Freda, van die forum, se woorde. Dan stoot ek lankal daisies op! ![]()
Nou moet jul almal 'n heerlike Sondag geniet, voor die nuwe werksweek begin.





More vrinne
Bly om te sien julle was geselserig vanoggend terwyl ek nog "ingelê" het.
Dusty het darem 'n wegbreek maar dit lyk of ons ander by die huis is die naweek. O ja, en Wilsur is seker oppad Hartenbos toe, hy het mos gesê hy klok Sondag daar in?
Ek wens van die stil lede wil ons vertel waar hulle gaan kamp vir die Kersvakansie. Ek gaan nou 'n draad open en kyk of ons bietjie antwoorde kry. Hou duimvas!