Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -2 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -14 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -15 hours ago

Junie - Algemeen saam klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

.Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 04/06/2026 - 06:46

Ons aarde is nat in die Weskaap. Die afgelope 36uur is 120mm gemeet by my en nog reën word vir die hele dag voorspel. 

Gelukkig het die son geskyn so vir 4dae voor die reën en het ons lekker warm dae gehad. Orals lê bome wat omgeval het. Gelukkig was ons krag net af vir so 5ure. 

Kry die mense jammer want jy kry nie meer droë hout te koop nie.

Het 'n video gesien wat fietsryers in Meiringspoort geneem het na die onlangse vloed en volgens berigte is dit nie so sleg soos die 1996 vloed nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 04/06/2026 - 07:34

Ons is jammer oor die skade en ongerief wat die reënweer veroorsaak, maar baie dankbaar dat damme hopelik daarby baat. 'n Tyd gelede het ek iets gelees van 'n El Niño wat op pad is en hoop maar dat die weervoorspellers dit hierdie keer ook verkeerd het.

Ek dink baie aan Neef Herman. Miskien het ek iets misgelees en vertrou net dat hulle Eskom-probleem uitgesorteer is.

Sterkte met die koue winter wat voorlê. Sonder droë hout kan dit nogals lol. Skink maar Milo of OBS en klim terug in die bedlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 07:59

Ek wonder skielik, val daai reën darem op plekke waar dit wel in damme kan inloop.

Ek weet vir 'n feit die Breërivier en Riviersonderend, wat in eersgenoemde invloei, loop net see toe. Nog al die jare vandat ek as kind daarin geswem het.

Die grond is nou al so versadig, dat alles seker maar net wegvloei.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 04/06/2026 - 09:55

Ons en die area afgesny. Die grondpad wat onlangs herstel is het weer weggespoel so ek reken weer so week. 

Gisteraand was ons Landbou social groep in rep en roer. 2 Voertuie het oor die Swartberg pas gekom voor die groot reen begin het, so mooi ent gevorder maar toe by n drif gekom op pad na Calitzdorp wat onbegaanbaar is. Omgedraai en op pad terug vind hulle dat daar nou ook ń onbegaanbaare driffie is.

Gelukkig cell sein gehad, die het ook doodgegaan deur die nag. Vanoggend is hulle opgelaai. 2 jong manne wat die situasie geniet.

Nou sit ek weer voor die kaggel saam my brak. Ouma se AGA is gister aangesteek. Huisie is lekker warm. Dink met hartseer aan die duisende families wat  nou kniediep in die water staan. Somtyds is die lewe nie heeltemal regverdig nie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 04/06/2026 - 10:14

Tuinroete dam het gisteraand begin oorloop. Kamanassie en Stompdrift damme loop reeds oor. Beervlei loop ook oor. Glo eerste keer sedert 2000.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 12:14

...ek moes nou eers my padkaartboek en google-kaarte raadpleeg om die 2 damme op te spoor. 

Daar is selfs 'n netjiese woonwa/oord genaamd Stompies by die Stompdriftdam.

Beervlei ken ek, paar keer verby hom gery, was meestal droog gewees. Beervlei is blykbaar uitsluitlik vir vloedvoorkoming gebou.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 12:32

Ek kyk nou 'n video "flood damage in Baviaanskloof" gemaak van Uniondale na Sturdis toe.

Daai mense het baie skade. Ek dink die afstel van my Baviaanskloof besoek in Augustus, was 'n wyse besluit.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 16:36

Na aanleiding van Herman se warm en knus opmerking hierbo, wonder ek;

Hoe sou die land uitgesien het indien 'n ander regering aan bewind gebly het? Sou die impak van bevolkingsgetalle weens aanwas, en invloei van naburige lande op skole, werkverskaffing, dienslewering en veral huisvesting noemswaardig beter gewees het. 

Laat ons nou maar eerlik wees, daar is selfs in die wonderskone, goedbestuurde Kaapstad metropool ook maar baie wat in haglike omstandighede probeer droog bly.

Moontlik sou die voorkoming van bedrog, korrupsie tot beter fondsaanwending gelei het, wat dan tot beter lewensomstandighede kon lei. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 04/06/2026 - 17:37

en soos belowe, hier's my storie. My bussie is as swaarvoertuig geregistreer. Daarvoor het ons albei die nodige lisensies, maar moet elke 2 jaar ons Prdp's hernu. Myne verval einde Julie en as ek dink wat 'n beslommernis dit die laaste keer was wil ek nie weer dieselfde pad loop nie - te lank en vervelig om hier te skryf - van geen vingerafdrukke tot oogtoetse, net om agter te kom ek moes net omkoopgeld aangebied het, en alles was reg....

Voordat ek weer die "criminal centre" se smal trappies, 3 verdiepings, ses maal moet aantree en die polisie my al by die naam ken, kom die gedagte by my op - probeer om my bussie te laat herregistreer (GVM verlaag). Iewers kry ek toe die nommer van 'n man wat omskakelings kan doen. Baie seker van sy saak en die bedrag vir sy diens, aanvaar ek dit met graagte. Dit is 'n maandelange proses met die eerste opdrag: Gaan weeg die bussie (Middelburg toe) en e-pos die weegbrugsertifikaat. Dit is toe ook presies wat vandag gedoen is. Net om laatmiddag 'n antwoord te kry van sy kantoor - "the NRCS no longer allow such applications".

'n Dame en haar man wat ombouïngs doen het vir my die e-pos adres gegee van 'n persoon by die NRCS wat hiermee werk. Ek het nou vir die persoon 'n brief geskryf en sal waarskynlik môre weet wat kan en wat kan nie. Google sê ook dit word nie eintlik gedoen nie......crying

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 17:45

...ek hou duim vas, MAAR net dalk moes jy laas jaar die tyd met die ombou opsie begin het.

Anders bak koek en gemmerbier, en "charm" jou pad op met die trappies vir PDP.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 17:47

Wil net inlig dat die epos van Mopani tans buite werking is. As julle ook wil staanplek nommers bespreek in Tsendze, moet julle maar dit telefonies doen. 

Die nommer is 023 735 6536.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 04/06/2026 - 18:12

Sterkte Herman.  Vannaand maak ek kos so tussen kos maak, glas wyn en die forum is ek besig.

Sterkte.  Jip die manne kry koud hier.  Ek was verstom.  Hier is so n mannekie, Angelo, wat drom dag kom kos haal.  Maar ons kos raak minder want dit is net ek en Navigator.  Ek se toe die maar min.  Angelo se toe, Meneer wat jy my gee is baie goed.  Toe dink ek hoe bevoorreg is ons.  So ja die manne kry koud. 

Rona, kry n Fleetline.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 04/06/2026 - 18:21

Miskien moet Neef eerder sy mond toemaak en sy cellfoon afsit.  My inset het absoluut niks met politiek te doene nie. Dit gaan oor medelye. Kinders wat gebore word onder n stuk plastiek, en wie se kans om van daar te presteer bitter skraal is. Dit.. was nie hulle keuse nie. Miskien het die hoër hand ń plan, maar ek hoop dit verloop en eindig regverdig vir al die kindertjies.

Groetnis.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 04/06/2026 - 18:28

Nee man. 

Toe ek weer lees het ek wragtag n spelfout gemaak.  Dit moet lees.  Ek se toe dis maar min..  

Ek se toe die maar min

Ek wil nog eendag daai AGA stoof kom bekyk... 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/06/2026 - 19:53

...nee man, ons deel mos soms diepe denke. Ek weet jou inset spruit uit medemenslikheid. Daarvan getuig jou vele getuienisse van omgee, soos Pointer se huis.

Ek het bloot gewonder of daardie situasie wat jy skets, enigsins anders kon wees onder 'n ander bestel. 

Ek het dan seker jou inset verpolitiseer, en bied my verskoning aan.

Ek is die een wat my bek moet toehou, en vingers van sleutelborde af. Afgelope week by kerk ook oor die kole gehaal oor iets wat ek kwytgeraak het. Seker maar onwetend 'n witgepleisterde grafsteen geskuif.wink  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 04/06/2026 - 21:00

Goeie Hout.  Jy en Navigator is welkom. As jy so eerlik en lekker met Angelo kan gesels, sal ons goed oor die weg kom.

Als reg ou Wessel, julle bly onder stresvolle omstandighede en ek glo stellig dit beïnvloed mens se gemoed. Jy sal my pâl bly deur dik en dun.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 06/06/2026 - 19:18

Ons was vandag weer terug by die SAL museum in Germiston. Ons was op daai spesiale toer gewees waar jy oral ingaan waar normaalweg nie kan nie. Dit was n besondere interesante toer gewees, veral die Boeing 747 wat hulle opstart en ons in die cockpit gesit terwyl die kaptein alle knoppies en toerusting verduidelik het. Die kaptein het regtig toe toer met passie aangebied. Van die Cockpit is ons af met n hatch na kontrolle toerusting area en ook binne in die cargo area. As jy n vliegtuig liefhebber is, gaan vir hierdie toer. Om hier te beskryf hoe dit was is onmoontlik....jy moet dit self ervaar. Hulle doen net 6x toere per jaar en neem 3x 3 persone op n toer. Volggende is begin Augustus Dis vrek interesant

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 06/06/2026 - 19:51

Ai Geert.  Jy is so bevoorreg.  Op Ysyterplaat kry jy met n Schakelton sonder enjins.

Maar toe ek in London gewerk het, was ek by "battle of britain".  kan nie meer die dorp onthou.  World famous university.  Toe staan ek onder n B52 en n Concorde.

Ek sal dit ook nooit vergeet.  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus