Ons het afgelope naweek weer gaan inloer by een van ons gunstelinge. Ons het dit sommer n lang naweek gemaak...Donderdag vertrek en Maandag terug gekom. Ons het op een van hulle nuwe privaat ablusie staanplekke gestaan. Die warmwater swembad is nou ook onderdak en is toegebou. Fasiltiete sois gewoonlik alles baie netjies en skoon
Daai steak!!
Ek het dit ook dieselfde kyk as Wessel gegee. Maar nou ja - smaak verskil. Persoonlik soek ek dit net so 'n bietjie gaarder - steeds pienkerig in die middel.
En dan lyk daai pad vir my maar moers stowwerig?? Maar dit lyk na 'n bakgat kampeerterrein.
Dinokeng kampe....
...is letterlik legio!!! Te veel om op te noem. ek ken slegs van Willemsrus en Almega. Daar is baie kampe binne die groter dinokeng, gaan op google maps, vergroot en die name sal opkom.
Ongelukkig is baie slegs bereikbaar met 'n grondpad De Wagendrift, wat meestal ongeskik [geskud] vir 'n padwa is. Ander oorde is regte boskampies, sonder elektrisiteit.
Na Almega is dit heelpad teerpad.
Geert sal moet help, hy ken Dinokeng soos palm van sy hand.
Ek hoop nie julle is te laat om te bespreek nie.
Johann L
Dinokeng Resort is die oord met al die groot supertubes. Hulle privaat ablusie staanplekke oor Desember is R1100 per nag en R820 per nag vir gemeenskaplike ablusies.
Die plek hierbo waar ons nou was is Dinokeng Camp and Leisure Lodge. Hulle gemeenskaplike ablusie staanplekke is R600 n nag oor Desember en privaat ablusie R700.
So die tariewe wat julle het is vir gemeenskaplike ablusies. Julle moet net seker maak julle bespreek by die regte plek. Ek dink jul kinders praat hier van Dinokeng Resort....kinders hou van daai supertubes
Betaal vir entertainment
Ja Johann...mense betaal baie vir entertainment. R820 is eintlik heel billik....vriende van ons het plek gekry by ATKV Buffelspoort onder daai skadunette anderkant die rivier....R1670 n nag...oord is vol





Braaidag
Ons het gisteraand n plankie steak braai gehou om Nasionale Braai dag te vier