Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!
Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.
Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.
Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?
So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!
Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.
Lekker om so te kan kamp
Ek is seker hier is baie mense wat wat sal wil gee om so te kan kamp. Ek beny julle . Gelukkig hou jy ons mos op hoogte van waar jy is .
Weet oom Arie, ek sal wat…
Weet oom Arie, ek sal wat wil gee om so vry soos julle te wees. Ek werk na daai kant toe.
Om permanent te kamp is…
Om permanent te kamp is seker die beste besluit wat ons nog gemaak het.
Nee sorry, die tweede beste, beste was toe ons besluit het om te trou!
Ek hoop ons kamp julle weer…
Ek hoop ons kamp julle weer eendag raak, Arie. Staan julle nog by 3 berge, en is Claudé nog daar?
Leeu nee Clyde is al so twee…
Leeu nee Clyde is al so twee maande terug weg erens Kaap toe.
Ons is nou al n maand by Manzi Maningi, baie lekker hier.
Was lekker om julle te ontmoet en hoop om julle weer erens raak te kamp!
Dankie Arie, sterkte daar en…
Dankie Arie, sterkte daar en stuur groete vir Tannie Petra.
Oom Arie ek het hierdie…
Oom Arie ek het hierdie draad geskuif na die Permanent Kamp forum Indeks.
Arie se kamp program
Shit, en ek het nog belowe om te kom draai, sal maar moet wag vir volgende jaar as julle weer hier bo is.
Ek sal ook graag so wil kamp.
Willem ons sal weer einde…
Willem ons sal weer einde van die jaar by Drie Berge wees voor ons Mabalingwe toe gaan.
Van daar af of Tsipise of Zimbabwe.
Arie se kamp program
Sal dan beslis 'n draai kom maak, geniet dit Arie, groete aan Petra.
Hallo Koos!
Arie. sien julle op Richardsbaai. ons klok op 3 Junie daar in.
Hallo Koos. Dis lekker om weer van jou te hoor! Geniet die kamp!
Hi Voortrekker
Was bietjie van lyn af. Ontvangs hier op Swadini nie altyd van die beste nie, dis frustrerend dan maak ek maar die tablet toe voor ek dalk my eie tablet vernietig.
Koos, ons sal seker so by…
Koos, ons sal seker so by die 3de Mei inboek.
Heelwat van ons pelle is al daar - Apie, Jurie, Nick, Jan, en Roelf is nog in Mosambiek maar sal ook binnekort daar wees.
Sien uit om julle daar te sien, sal ook lekker wees om weer jukskei en adventure gholf te speel!
En so stap die tyd aan!…
En so stap die tyd aan!
Arie en Petra, ek hoop julle het 'n goeie laaste stukkie pad ingekry vandag en dat julle veilig by Drie Berge aangekom het?
Dit is 'n lekker tyd van die jaar om hier in ons geweste kamp te kom opslaan en bietjie die see sout en vog af te kom was met lekker bosveld reën.
Ek hoop julle slaan 'n lekker kamp op en ons sien julle binnekort daar!





Lekker Arie
Op ons ouderdom is dit lekker om gemoedsrus te hê oor sulke dinge. Dit is vreemd dat Drie Berge nie vooruitbetaling soek nie, mens sou dink hulle verwelkom dit. Ons betaal altyd ons 50% deposito dadelik en dan so week of twee voor die tyd die balans. Net ingeval van onvoorsiene omstandighede en jy dalk 'n "refund" moet kry.