Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -9 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -9 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -9 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -9 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -10 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -10 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Meyerton

Segekok

Fri, 29/12/2017 - 06:58

Môre aan almal.

Lekker reen gehad deur die nag (20mm). 

Vanoggend gaan ek ook gou my laaste paar goedjies doen . Ons ry more oggend Bloekompoort toe.

Lekker dag vir almal.  ( Dit is die laaste vrydag van 2017 Geniet hom erg)

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 29/12/2017 - 07:30

More julle die koffie loop soos stroop sien laaste intermagog aangeteken in boeke loop op Anton rond julle moet n gatskop dag he en Deon geniet die ry afpak en kamp

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 29/12/2017 - 07:32

Ek hoop almal voel fris en gesond vanoggend.  

Anton, hoe drink jy dan Milo, my maat?   Die draad laat net koffie en tee toe.   Selfs die verkleurmannetjies kan nie glo wat hulle sien nie.   Lolla het daai Milo ingepak vir die kabouters, nou staan en drink jy dit op.   Ek dink daai rowwe buurman van jou moet jou vasvat!

Geniet julle Vrydag.  Die jaar is in sy doodsnikke, maak die beste van die paar dae wat oorbly.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/12/2017 - 09:07

Goeie môre aan almal !

Anton, lyk my  jy is al ge-"train" om stil te sit as iemand op jou kop sit !

(Ons hou duim vas  -  daar is weer gerugte dat ons op nuwejaarssdag dalk 'n buitjie reën kan verwag !)

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 30/12/2017 - 06:33

More julle staadmakkers gister aand n groot elektriese storm in Secunda gehad so 20 mm ook gereen julle almal moet n lekke dag he Deon ry mooi ,Johann geniet daai lam oppie spit bere maar vir my so stukkie met n vetjie asb. Koffie loop soos stroop

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 30/12/2017 - 06:33

Goeie more Deon en almal.  Ons het ook 'n heerlike reen nag gehad en alles is vars en skoon  vanoggend (behalwe ek surprise​​​​​​)

Ek dink vandag gaan ons weer baaaaie warm kry. 

Geniet dit!  1 dag  16 hr  en 25 min tot 2018!

0
Centurion

Dusty

Sat, 30/12/2017 - 07:17

Goeie more. Hier in Cenrurion het dit lekker gereen.

Tuinvullis klaar weggery. Koffie en beskuit was ook lekker. Gaan nou n tweede een drink.

Lekker dag

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 30/12/2017 - 07:52

Ek hoop ons gaan ook reën kry, al is dit net 'n bui of twee.  Ek was netnou in my tuintjie en dit is droog, droog.   

Julle mense moet almal 'n heerlike Saterdag geniet.   Die wat kamp, laat die vure hoog brand.

 

0
Meyerton

Segekok

Sat, 30/12/2017 - 09:46

Klaar kamp gemaak by Bloekompoort. Môre oggend gee hulle ontbyt vir R10 ( JA TIEN RAND) n kop.  Die wat al hier gekamp het sal weet dat dit n oordentlike ontbyt is. Gewoonlik vir R35 maar dit is mos oujaar more..........

Die plek het baie verander vandat ek laas hier was...... Sal n paar fotos neem......

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 30/12/2017 - 09:59

Segekok, geniet dit daar by Bloemkompoort.   Ek hoop die daar kom weer 'n faaaaiiiit oor Bloemkompoort nie.   Dit is mos waar alles begin het met ons onlangse dramas op die ander forum.laughlaugh

Ja, dit is nou 'n goeie prys vir 'n lekker brekfis.   Bestel sommer twee!

Kamp die oujaar lekker uit en die nuwe een in.   Onthou net om eerbaarlik te bly.wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus