Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
More almal, julle moet 'n…
More almal, julle moet 'n gatskop laaste Vrydag van 2017 geniet, klaar tee gedrink dankie.
Stoffel geniet jou laaste verlof dag.
Daar is hy
More julle die koffie loop soos stroop sien laaste intermagog aangeteken in boeke loop op Anton rond julle moet n gatskop dag he en Deon geniet die ry afpak en kamp
More almal
Ek hoop almal voel fris en gesond vanoggend.
Anton, hoe drink jy dan Milo, my maat? Die draad laat net koffie en tee toe. Selfs die verkleurmannetjies kan nie glo wat hulle sien nie. Lolla het daai Milo ingepak vir die kabouters, nou staan en drink jy dit op. Ek dink daai rowwe buurman van jou moet jou vasvat!
Geniet julle Vrydag. Die jaar is in sy doodsnikke, maak die beste van die paar dae wat oorbly.
Deon, julle moet lekker kamp…
Deon, julle moet lekker kamp.
Anton, nou wat sou die kleur van daai verkleurmannetjie vir ons seg?
Goeie môre !
Goeie môre aan almal !
Anton, lyk my jy is al ge-"train" om stil te sit as iemand op jou kop sit !
(Ons hou duim vas - daar is weer gerugte dat ons op nuwejaarssdag dalk 'n buitjie reën kan verwag !)
Goeie more Len! 'n man moet…
Goeie more Len! 'n man moet maar stil sit ja ![]()
Môre almal…
Môre almal.
Lekker dag vir almal.
Weer laasnag so n paar druppels reen gehad
Goeie more Deon en almal. …
Goeie more Deon en almal. Ons het ook 'n heerlike reen nag gehad en alles is vars en skoon vanoggend (behalwe ek
)
Ek dink vandag gaan ons weer baaaaie warm kry.
Geniet dit! 1 dag 16 hr en 25 min tot 2018!
Goeie more. Hier in…
Goeie more. Hier in Cenrurion het dit lekker gereen.
Tuinvullis klaar weggery. Koffie en beskuit was ook lekker. Gaan nou n tweede een drink.
Lekker dag
Goie more mensies hier uit…
Goie more mensies hier uit Bloemfontein. Nog net n paar dae dan gaan die gesie ook n slag weer kamp.
O Ja, vrinne daar in…
O Ja, vrinne daar in Pietersburg se dit reen lekker daai kant.
Klaar kanp gemaak by…
Klaar kamp gemaak by Bloekompoort. Môre oggend gee hulle ontbyt vir R10 ( JA TIEN RAND) n kop. Die wat al hier gekamp het sal weet dat dit n oordentlike ontbyt is. Gewoonlik vir R35 maar dit is mos oujaar more..........
Die plek het baie verander vandat ek laas hier was...... Sal n paar fotos neem......
More Gesie, Freda, Dusty! …
More Gesie, Freda, Dusty!
Deon julle moet lekker uitspan en dans!
Gees een van die dae. Julle moet geniet!
Segekok, geniet dit daar by…
Segekok, geniet dit daar by Bloemkompoort. Ek hoop die daar kom weer 'n faaaaiiiit oor Bloemkompoort nie. Dit is mos waar alles begin het met ons onlangse dramas op die ander forum.![]()
![]()
Ja, dit is nou 'n goeie prys vir 'n lekker brekfis. Bestel sommer twee!
Kamp die oujaar lekker uit en die nuwe een in. Onthou net om eerbaarlik te bly.![]()






Môre aan almal…
Môre aan almal.
Lekker reen gehad deur die nag (20mm).
Vanoggend gaan ek ook gou my laaste paar goedjies doen . Ons ry more oggend Bloekompoort toe.
Lekker dag vir almal. ( Dit is die laaste vrydag van 2017 Geniet hom erg)