Hier in Hartenbos het die son vanoggend geskyn. Vanmiddag het die wolke begin oortrek en donderweer begin. En nou reën dit lekker. Heerlik!
Ons wou 'n pot op die kole maak vanaand. Colin het hom nou begin op die gasstoof in die tent. Wat is nou lekkerder as dit? Kos op die stoof, 'n glasie in die hand, lekker rugby kyk en reën op die dak? Dis darem swaar om so te suffer as jy kamp ne? ![]()
Ryery!
Freeda, ons plan is om DV Sondagoggend hier te ry, en so by 3uur se kant op Victoria Wes te wees vir oorslaap. En dan Maandag so by 12/1uur se kant in Glentana te wees.
Die Maandag daarop (15de) behoort kinders weg te wees, dan sal ons begin rondloop.
Ek moet net van die dêm siekerigheid ontslae raak, wil nie weer 2015 se vakansie-siekbed gaan deurmaak nie!!!
Smileys kom van internet, nou al so 120 in stoorkamer!!! Kyk na die Groot 5!!!!
Frans, julle moet mooi ry en…
Frans, julle moet mooi ry en geniet daai rus kansie.
Frans, julle moet mooi ry en…
Frans, julle moet mooi ry en geniet daai rus kansie.
Ek is opgewonde vir julle. Geniet die afwagting en klaar pak! Dit is amper nog net een slapie.
Veilig ry, Frans en Linda
Hoop julle geniet die ryery ook, die oorslaap in Victoria Wes. Dis mos alles deel van die vakansie. Kuier baie lekker saam met die kinders volgende week. Ek sou nie omgegee het as ek my kinders hier saam met my gehad het nie.
My seun het toe gister ons tyd 13.00 in NZ arriveer. Hy klink baie opgewonde en positief.
Nog net een slapie vanaand.![]()
Amper
Freda, ek glo daardie kinders wat weggaan vat aan mens. My skoonseun wat oorlede is, is vandag 3 jaar. Met ons vorige besoek aan hierdie spesifieke plek by Glentana, was ons so 6 dae daar, toe hy oorlede is, en ons moes terugkeer. Mens kom nie maklik oor sit nie, maar, die Liewe Heer sal krag gee.
Nou-ja, kar gepak, alles reg en op plek, nou bed toe en more is DIE DAG!!!


Freda, ons is dankbaar jou…
Freda, ons is dankbaar jou seun het veilig gevlieg, stetkte met die verlange wat nou gaan begin.
Hoop die reen wat daar val bring verligting vir die omgewing se boere.
Frans & Johann
Frans, my hart gaan uit na julle vandag met die herdenking van jou skoonseun se dood. Ek gun dit vir jou en Linda dat julle hierdie keer 'n heerlike vakansie gaan hê, julle verdien dit regtig. As julle in daai gepakte kar klim, moet julle afskakel, ontspan en geniet elke oomblik.
Dankie Johann, die kind het my al 'n paar keer gebel. Ek dink hy voel jammer vir sy ma.
Vanoggend het hy wattsups gestuur, dit is toe aand by hulle, hoe hy braai daar anderkant. Weet nie vir wie hy almal gebraai het nie, dit was ribbetjie, hoender, wors en steak. 'n Hele hoop vleis. Hy bly voorlopig by 'n kollega wat hy ken, so vir 2 maande, terwyl hy sy eie huis soek. Heel moontlik het hulle vriende oorgenooi. Sy vrou en kinders is nou nog in ons huis in die Baai tot einde Julie. Dan kom haal hy hulle almal. Dit sal dan die groot afskeid wees. Sy nuwe werk begin reeds Maandag, maar hul gee hom 10 dae om sy voete te vind voor hy inval.
Die reën het ongelukkig nie aangehou nie. Vandag was warm, maar dit raak koud in die aande.
Welkom Frans
Ek is bly julle is veilig hier! Ek hoop julle is gerieflik en gaan lekker bly. Ja, dit het vanmiddag begin koeler word, nadat dit vanoggend nogal warm was. Ek moes self 'n rukkie terug iets warm gaan aantrek. Ek dink die aand- en oggendkoue van die winter tree nou aan.
Colin het vanmiddag gaan visvang en sou my bel as hy 'n vis kry vir aandete...... Wel, ek het nog nie 'n oproep ontvang nie.
Geniet jul kuiers hierdie week, ons kontak mekaar in volgende week. Groete vir Linda.
Reën................
Terug by Freda se gekaapte onderwerp (soms deur haarself gekaap !)
Ons wag nog op reën, maar die voorspelling sê Donderdag is die dag - ons hou duim vas !
Frans en Lennie
Frans, Colin het toe besluit om te wag tot vandag. Hy het net na Kleinbrak se rivier gegaan, mooi prawns gekry by die verkopers. Hy sê die stompies het net die heeltyd sy aas afgebyt, geen ordentlike byt gekry nie. Ek sal maar vis in Mosselbaai gaan koop.![]()
Lennie, ja, jy moet mens ook altyd in die bek ruk.
Dit lyk darem of "kaap" nie so 'n groot sonde is op Kampforum nie.
Die manne verlei my ook om dit te doen, ek is nie die enigste skuldige nie. Ons kyk nou net na die weerberig en hou saam met jou duimvas dat die reën gaan kom. Regtig, dit moet nou gebeur.
kaap en Kaap...............
Ek stem saam Freda, die "Kaap" hier waar ons woon is nie 'n groot sonde nie - dit is nogal lekker hier !
Ek hoop regtig julle mense…
Ek hoop regtig julle mense kry gou-gou goeie reen daar in die Weskaap.
Ek lees vanoggend op die nuus dat die Faure reservaat daar net 20% vol is en dat reen baie nodig is.







Ai dit klink mos nou na die…
Ai dit klink mos nou na die lewe, om so te kan dit en dir reen te hoor, veral as dit in so droe gebied is.
Julle moet dit vreeslik geniet??