Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -52 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Nou reën dit lekker!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Hier in Hartenbos het die son vanoggend geskyn.  Vanmiddag het die wolke begin oortrek en donderweer begin.  En nou reën dit lekker.   Heerlik!

Ons wou 'n pot op die kole maak vanaand.  Colin het hom nou begin op die gasstoof in die tent.  Wat is nou lekkerder as dit?   Kos op die stoof, 'n glasie in die hand, lekker rugby kyk en reën op die dak?   Dis darem swaar om so te suffer as jy kamp ne? wink

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 05/05/2017 - 18:57

Dit was een harde bui reën wat 'n rukkie aangehou het en toe is alles verby.   Die lug lyk nog steeds na reën so hopelik kom daar nog.

Nou gaan ons die Cheetahs kyk.

Frans, jy het die oulikste gesiggies!

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 05/05/2017 - 19:13

Wanneer ry julle vanaf die huis?   En wanneer sal julle op Glentana wees?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 05/05/2017 - 19:41

Freeda, ons plan is om DV Sondagoggend hier te ry, en so by 3uur se kant op Victoria Wes te wees vir oorslaap. En dan Maandag so by 12/1uur se kant in Glentana te wees.

Die Maandag daarop (15de) behoort kinders weg te wees, dan sal ons begin rondloop.

Ek moet net van die dêm siekerigheid ontslae raak, wil nie weer 2015 se vakansie-siekbed gaan deurmaak nie!!!

Smileys kom van internet, nou al so 120 in stoorkamer!!! Kyk na die Groot 5!!!!

.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 05/05/2017 - 21:46

Frans, julle moet mooi ry en geniet daai rus kansie.

Ek is opgewonde vir julle.  Geniet die afwagting en klaar pak!  Dit is amper nog net een slapie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 06/05/2017 - 08:38

Hoop julle geniet die ryery ook, die oorslaap in Victoria Wes.  Dis mos alles deel van die vakansie.   Kuier baie lekker saam met die kinders volgende week.  Ek sou nie omgegee het as ek my kinders hier saam met my gehad het nie.crying   My seun het toe gister ons tyd 13.00 in NZ arriveer.  Hy klink baie opgewonde en positief.

Nog net een slapie vanaand.yes

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Sat, 06/05/2017 - 18:53

Freda, ek glo daardie kinders wat weggaan vat aan mens. My skoonseun wat oorlede is, is vandag 3 jaar. Met ons vorige besoek aan hierdie spesifieke plek by Glentana, was ons so 6 dae daar, toe hy oorlede is, en ons moes terugkeer. Mens kom nie maklik oor sit nie, maar, die Liewe Heer sal krag gee.

Nou-ja, kar gepak, alles reg en op plek, nou bed toe en more is DIE DAG!!!

.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 06/05/2017 - 19:01

Freda, ons is dankbaar jou seun het veilig gevlieg, stetkte met die verlange wat nou gaan begin. 

Hoop die reen wat daar val bring verligting vir die omgewing se boere.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 06/05/2017 - 19:35

Frans, my hart gaan uit na julle vandag met die herdenking van jou skoonseun se dood.  Ek gun dit vir jou en Linda dat julle hierdie keer 'n heerlike vakansie gaan hê, julle verdien dit regtig.  As julle in daai gepakte kar klim, moet julle afskakel, ontspan en geniet elke oomblik.

Dankie Johann, die kind het my al 'n paar keer gebel.    Ek dink hy voel  jammer vir sy ma.smiley  Vanoggend het hy wattsups gestuur, dit is toe aand by hulle, hoe hy braai daar anderkant.  Weet nie vir wie hy almal gebraai het nie, dit was ribbetjie, hoender, wors en steak.  'n Hele hoop vleis.  Hy bly voorlopig by 'n kollega wat hy ken, so vir 2 maande, terwyl hy sy eie huis soek.  Heel moontlik het hulle vriende oorgenooi.  Sy vrou en kinders is nou nog in ons huis in die Baai tot einde Julie.  Dan kom haal hy hulle almal.  Dit sal dan die groot afskeid wees.  Sy nuwe werk begin reeds Maandag, maar hul gee hom 10 dae om sy voete te vind voor hy inval.

Die reën het ongelukkig nie aangehou nie.  Vandag was warm, maar dit raak koud in die aande.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 08/05/2017 - 15:45

Freda, Ek het darem so 13:30 een koud Tafel Lager op see_stoepie geniet, maar kon windjie voel pluk aan die lyf, snaaks, onder teen die water beter, darem voete in vrek koue water kon afspoel! Ryery goed, sal later uitwy. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 08/05/2017 - 15:57

Ek is bly julle is veilig hier!   Ek hoop julle is gerieflik en gaan lekker bly.  Ja, dit het vanmiddag begin koeler word, nadat dit vanoggend nogal warm was.  Ek moes self 'n rukkie terug iets warm gaan aantrek.  Ek dink die aand- en oggendkoue van die winter tree nou aan.

Colin het vanmiddag gaan visvang en sou my bel as hy 'n vis kry vir aandete......   Wel, ek het nog nie 'n oproep ontvang nie.wink    

Geniet jul kuiers hierdie week, ons kontak mekaar in volgende week.  Groete vir Linda.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 08/05/2017 - 16:25

Dêm, Ek dog nou Colin het die visvang storie nou uitgesort, Ek lees jy vertel hy het gaan kyk, en gaan vang, en laai toe wragtag myne ook in!!!!! Waar gaan ons vis kry wat geevang wil word?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2017 - 18:51

Terug by Freda se gekaapte onderwerp (soms deur haarself gekaap !)

Ons wag nog op reën, maar die voorspelling sê Donderdag is die dag  -  ons hou duim vas !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 08/05/2017 - 19:28

Frans, Colin het toe besluit om te wag tot vandag.  Hy het net na Kleinbrak se rivier gegaan, mooi prawns gekry by die verkopers.  Hy sê die stompies het net die heeltyd sy aas afgebyt, geen ordentlike byt gekry nie.  Ek sal maar vis in Mosselbaai gaan koop.laugh

Lennie, ja, jy moet mens ook altyd in die bek ruk.wink   Dit lyk darem of "kaap" nie so 'n groot sonde is op Kampforum nie.yes   Die manne verlei my ook om dit te doen, ek is nie die enigste skuldige nie.    Ons kyk nou net na die weerberig en hou saam met jou duimvas dat die reën gaan kom.  Regtig, dit moet nou gebeur.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 09/05/2017 - 11:00

Ek hoop regtig julle mense kry gou-gou goeie reen daar in die Weskaap.

Ek lees vanoggend op die nuus dat die Faure reservaat daar net 20% vol is en dat reen baie nodig is.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus