Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -53 minutes ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -10 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Thu, 12/04/2018 - 07:21

Ek was 2 weke laas daar om werk te doen aan die ou lady. Projek staan nou bietjie want dit kos my teveel om te ry elke keer en die kompleks het my aansoek afgekeur om haar voor my dubbel motorhuis te laat staan. sad Ek weet nie of sy reg gaan wees vir Mei se kamp nie. crying

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/04/2018 - 07:27

Ai Gerhard, dit is nou 'n neukery die komplekse met hul komplekse.

Mens moet seker maar probeer verstaan dat hulle die plek netjies ens. wil hê, maar wragties, om te verhoed dat jy jou eiendom by jou wil hê, is vir my bietjie onregverdig.

Probeer weer en kyk of hulle dit nie wil heroorweeg nie.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Thu, 12/04/2018 - 07:35

Dis net 1 persoon in die kompleks wat so dwars trek nou. Sy gun die huurders niks nie. Ons gaan maar moontlik trek volgende jaar na 'n los staande huis waar ek my goed kan by my hê, intussen gaan ek langer vat nou om die ou lady klaar te maak.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 12/04/2018 - 08:03

Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend.   Hopelik het al die staarsiekte lyers bietjie later geslaap vanoggend.

Ons karavaan het ook altyd voor ons een garage gestaan in ons kompleks.  Maar 3 huise van ons af woon 'n vrou en sy het twee groot afdakke in haar jaart wat sy gladnie gebruik nie.   Sy het aangebied dat ons ons karavaan daar kan trek.  Ons is baie in ons noppies daaroor.

Harry, die Kaap het baie lekker speserye.   Ek het al baie speserye daar gekoop en dan gesoek in die Baai maar jy kry dit nie hier nie.

Colin se seun kom vanaf die Kaap vandag, hy gaan die naweek aan die Iron Man hier deelneem.  Hy slaap net vanaand by ons en ek gaan spesiaal vir hom vandag beesstert kook.

Nouja, geniet julle dag.   Hoop alles loop reg vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 12/04/2018 - 10:35

Het sopas goeie nuus gekry.

Tydens geboorte het Danika "subarachnoid" bloeding op die brein op gedoen. 'n Sonar is geneem en dit wys niks. 'n MRI het dit gewys en is na 'n neuroloog verwys.

Neuroloog het dit onder soek en gesê dat dit op die stil brein is en dat dit na 'n paar maande sal verdwyn. Moet egter na 'n paar maande weer 'n MRI doen net om te bevestig.

Dank die hemelse Vader daarvoor

0

Anton

Dit is Walker Bay spices en Froggit produkte.

Ek mag dit egter NIE noord van Meyerton verkoop nie asook  ook nie Potch en Klerksdorp nie. Maar wel Heidelberg. Daar is n ander agent wat daai areas doen.

Ons sal maar kyk of ons (Yvonne) die projek kan maak werk.

Dink die naam Froggit het haar seker getrek. Sal seker nou Froggy moet her doop na Froggit, He He

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/04/2018 - 01:16

Goeie more mense, hier vanuit die staar siekte hoofkwartier, sit nou met 'n ma se beker tee en growwe beskuit,lekker.

Dit is Vrydag, julle moet, wanneer julle wakker word, julle dag geniet.? 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 13/04/2018 - 02:59

More Johann. en al die ander wat ook nog gaan kom koffie dring.

Ek het ook die staarsiekte. maar ek gaan maar die tyd produktief gebruik en begin werk.  

Mooi dag vir almal.  gaan groot en geniet die naweek wat voorlê.  

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 13/04/2018 - 04:05

Goeie more.

Jip, die staarsiekte is nie n lekker iets nie.

Vrydag is alweer met ons. Geniet elkeen die dag en ook die naweek

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 13/04/2018 - 05:14

Goeiemore, al die vroegopstaners en laatslapers.   

Ek sluip maar stilletjies hier in my huis rond vanoggend, want soos ek gister genoem het, ons het 'n kuiergas.   Ek moet ook vroeg my dinge doen vanoggend, ons gaan na 'n begrafnis in Jeffreys  en moet al voor 9.00 ry.

Geniet julle dag, dit is mos naweek!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus