Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Len, kry maar gerus vir jou…
Len, kry maar gerus vir jou dit is jou beurt om KNP toe te gaan, ek gaan September met die Penta.
Dan gaan ek jou weer jaloers maak.
Willem...............
Willem, nee ek het nie agtergekom dat dit noodwendig meer rook nie. Wat ek wel weet dit maak lieflike kole en het daardie 36 dae in die Wildtuin heerlik gebraai en vuur gemaak met die hout wat spotgeoedkoop was.
Net omdat............
Net omdat dit 'n gesukkel is om hierdie draad lewendig te hou, wil ek julle op die hoogte bring dat volgende Sondag so tussen 8 en 9vm behoort ons weer soos die gebruik is, hier by Touwsrivier te parkeer vir ontbyt. Geen bybedoelings nie, ek sê maar net :-

Net indien ..................
Net indien julle vergeet het, dis nog net vyfkeer dat ek in ons bed in die huis slaap en daarna slaap ek in die Exclusive se bed ! Hou dit asseblief ingedagte.
(Verskoon tog maar, ek weet ek kan net oor vier goed gesels, die reën hier in die Kaap, die Kruger Wildtuin, my Exclusive en...........................raai 'n bietjie wat is my vierde gesogte onderwerp ?)
Jo, Lennie, nou laat jy my…
Jo, Lennie, nou laat jy my dink. Die vierde? Ek weet die Pathfinder (nie die bakkie nie) is ook na aan jou hart, maar ek glo nie dit is dit nie. Jy praat nie gewoonlik oor onder die belt stories nie, so ek glo ook nie dis dit nie? Hartenbos het gekom en gegaan, so ek glo nie dit is dit nie? Dalk om die forumlede uit te trap oor hulle nie genoeg deelneem nie? Nee, ek glo ook nie dit is dit nie. Op die oomblik is jy in hopeloos te 'n goeie bui om jou daaroor te kwel.
Ag nee deksels man. Ek dog ek ken jou al teen die tyd maar nou het my kop toegeslaan. Sal verder dink.........
Dit het ek darem dadelik…
Dit het ek darem dadelik geweet, die 5de een is wat my aan die raai het ![]()
Willem....
Willem, daar's net 4 ! Nou het jy my aan die wonder oor my 5de een !
Kan ons 'n paar voorstelle…
Kan ons 'n paar voorstelle maak, Len? ![]()
Natuurlik........
Natuurlik is dit "Kampforum" - my tyd is nou nie meer verdeel op forums nie en nou spandeer ek gans te veel tyd net hier. En as dit nog by ons reën moet ek dit vir my vriende vertel. En as ek amper oppad Wildtuin toe is, wil ek mos my vriende jaloers maak.
Len wil jy nie asb vir ons…
Len wil jy nie asb vir ons jou roete wat jy gaan ry mooi uiteensit nie.... Ek het so n paar spykers wat dalk jou rit kan vertraag... Dan sal ons nie so jaloers wees nie.....
Skerp Deon, jy laat ky nou…
Skerp Deon, jy laat ky nou ook dink, ek is nie ver van die N1 af nie,
Ek het so n paar spykers wat dalk jou rit kan vertraag.
Len, hoe laat en op watter dag verwag jy om naby Parys verby te ry, sal jou graag wil ophou?
Nee kyk, ek dink daai Pathfinder en Exlusive se bande gaan nou, vandag nog, vol skuim rubber teen hoë druk gepomp word.
Johann dalk moet ons vir Len…
Johann dalk moet ons vir Len n verwelkomings ding reel daar op die grens tussen die Vrystaat en Gauteng....
Ek sal nogal daarvan hou om…
Ek sal nogal daarvan hou om hom te ontmoet.... Glo nie hy wil my ontmoet nie(
)..
As hy nou mooi vir ons sy roete uit een sit met tye ens.. kan ons hom dalk in die beskawing verwelkom....
Julle is baie jaloers ne???…
Julle is baie jaloers ne???
Toemaar ekke okke!





Verskoon tog vir dié wat…
Hahaha - ek onthou dié foto het baie lawaai gemaak.