Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -31 minutes ago
Pretoria November 2026 Geert -33 minutes ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/04/2018 - 21:49

Willem, nee ek het nie agtergekom dat dit noodwendig meer rook nie.  Wat ek wel weet dit maak lieflike kole en het daardie 36 dae in die Wildtuin heerlik gebraai en vuur gemaak met die hout wat spotgeoedkoop was.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/04/2018 - 09:09

Net omdat dit 'n gesukkel is om hierdie draad lewendig te hou, wil ek julle op die hoogte bring dat volgende Sondag so tussen 8 en 9vm behoort ons weer soos die gebruik is, hier by Touwsrivier te parkeer vir ontbyt.  Geen bybedoelings nie, ek sê maar net :-

.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 05:28

Net indien julle vergeet het, dis nog net vyfkeer dat ek in ons bed in die huis slaap en daarna slaap ek in die Exclusive se bed !  Hou dit asseblief ingedagte.

(Verskoon tog maar, ek weet ek kan net oor vier goed gesels, die reën hier in die Kaap, die Kruger Wildtuin, my Exclusive en...........................raai 'n bietjie wat is my vierde gesogte onderwerp ?)

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 05:38

Jo, Lennie, nou laat jy my dink.   Die vierde?   Ek weet die Pathfinder (nie die bakkie nie) is ook na aan jou hart, maar ek glo nie dit is dit nie.   Jy praat nie gewoonlik oor onder die belt stories nie, so ek glo ook nie dis dit nie?   Hartenbos het gekom en gegaan, so ek glo nie dit is dit nie?   Dalk om die forumlede uit te trap oor hulle nie genoeg deelneem nie?  Nee, ek glo ook nie dit is dit nie.  Op die oomblik is jy in hopeloos te 'n goeie bui om jou daaroor te kwel.

Ag nee deksels man.  Ek dog ek ken jou al teen die tyd maar nou het my kop toegeslaan.   Sal verder dink.........

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 06:48

Freda, jou eerste wonder was reg, my Pathfinder is my hart se punt  -  dis nommer vier !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 07:47

Willem, daar's net 4 !  Nou het jy my aan die wonder oor my 5de een !

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 09:01

Natuurlik is dit "Kampforum"  -  my tyd is nou nie meer verdeel op forums nie en nou spandeer ek gans te veel tyd net hier.  En as dit nog by ons reën moet ek dit vir my vriende vertel.  En as ek amper oppad Wildtuin toe is, wil ek mos my vriende jaloers maak.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 24/04/2018 - 13:11

Len wil jy nie asb vir ons jou roete wat jy gaan ry mooi uiteensit nie....  Ek het so n paar spykers wat dalk jou rit kan vertraag...  Dan sal ons nie so jaloers wees nie.....

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/04/2018 - 14:08

Skerp Deon, jy laat ky nou ook dink, ek is nie ver van die N1 af nie,

Ek het so n paar spykers wat dalk jou rit kan vertraag.

Len, hoe laat en op watter dag verwag jy om naby Parys verby te ry, sal jou graag wil ophou? 

Nee kyk, ek dink daai Pathfinder en Exlusive se bande gaan nou, vandag nog, vol skuim rubber teen hoë druk gepomp word.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 24/04/2018 - 14:38

Ek sal nogal daarvan hou om hom te ontmoet....  Glo nie hy wil my ontmoet nie(devil)..

As hy nou mooi vir ons sy roete uit een sit met tye ens.. kan ons hom dalk in die beskawing verwelkom....

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus