Ek het gedog ek vra die manne en mannine hier op die Forum .Ek is nou al 4 jaar op pension en het nog nie aan soek gedoen vir Staats pension .Om in daai lang ry te staan by "Home Affairs skrik my heel af .Nou hoor ek mense se dat as jy eindom besit ,reeds n Maatskappy pension kry jy nie kwalifiseer om Staats pension te trek .Is dit n wolhaar storie of nie , soos ek gese het sien nie kans om in daai lang ry te gaan staan en dan weg gewys word oor die gerugte .Help asseblief die lede wat kennis dra daarvan
Groete
Dassie as jy eiendom besit…
Dassie as jy eiendom besit en n ander inkomste het NEE
Aan die ander kant daar is so baie wat dit wel eis op n oneerlike manier selfs mense wat nooit bygedra het tot die land se inkomste nie...
Ja het ook oor dié ding…
Ja het ook oor dié ding gewonder ? Ook gehoor as jy meer as R300,000 in 'n belegging het mag jy nie eis nie ?
Dassie jy kan gaan probeer…
Dassie jy kan gaan probeer en kyk wat sê hulle, ek het ook gaan probeer en my aansoek terug getrek.
My rede, volgens my sal ek moet lieg, en as hulle my uitvang, gaan ek aan die korste ent trek.
Daar is twee plekke waar ek maar liewer "true lover" speel, my huwelik en SARS.
SASSA, sover ek weet, is gekoppel aan SARS.
Ek is nou so 8 jaar op…
Ek is nou so 8 jaar op pensioen, en ook al so dan en wan aan die staatspensioen gedink.
Het eendag bietjie op hul website gaan rondloer, dit wil vir my lyk of mens wel kan kry al het jy vaste eiendom en ook 'n inkomste, dit hang af van die waarde va die eiendom en die hoeveelheid inkomste.
Petra besit geen eiendom en het geen pensioen of inkomste vasn bellegings nie, sy het omtrent niks gewerk van ons getroud is nie, maar volgens die website word ons gesamentlike inkomste en die waarde van die eiendom word gelyk tussen ons gedeel en volgens daai kwalifiseer nie een van ek of sy nie?
die web is egter baie onduidelik en ek het nog nie regtig sekerheid nie?
Sal ook graag dit wil ontvang, na al die jare se helse klomp belasting betaal.
Sal bly wees as hier dalk 'n persoon is wat die regte informasie het en met ons kan deel?
Jy kan aansoek doen, MITS
Jy kan aansoek doen MITS jy nie van enige ander STAATSINSTELLING toelae of pensioen kry nie. Daar is duidleike reël aan verbonde.
Daar is maksimum bedrae betrokke, wat eiendom werd is, wat se ander rente inkomste jy verdien, is jy binne of buite gemeenskap van goedere getroud, dan word die syfers effe verander.
Dassie, ek sal later vandag vir jou die info probeer e-pos, wat insluit al die dokumentasie jy benodig. Hoop ek kry wel aanhegsel gelaai. Mens kry die info op SASSA se webtuiste, behoorlik uiteengesit.
JY mag dalk verminderde bedrag kry, na gelang van jou totale finansieëke posisie.
Ekself is besig om my goedjie reg te kry, en te gaan toustaan .
Arie, ekskuus, lees nou eers jou plasing, ek stuur later na jou persoonlike e-pos adres toe.
O gaats, ek sien die info is 'n hele 10mb, weet nie of hy maklik gaan stuur nie, ek sal probeer die skakel plaas vir die aflaai direk vann webblad.
My broer het 'n familielid…
My broer het 'n familielid gevat om aansoek te deon. Terwyl hy daar staan vra die beampte hom wat van hom. Hy vertel toe dat hy pensioen kry en vertel hom die bedrag. die beampte vertel hom toe dat hy kwalifiseer ook vir die staatspensioen. En hy besit ook 'n huis.
My skoonpa verdien ook 'n…
My skoonpa verdien ook 'n karige spoorweg pensioen en het die ouvrou gevat vir haar aansoek. Die beampte vra hom toe ook "en wat van jou Oubaas". Hy vertel toe sy storie met pensioen en toe vra hulle vir hom hoeveel dit is en wat van sy medies? Hy se toe dat hy dit ook uit die "pensioen" betaal. Hulle het hom toe vorms laat voltooi en hy het vir 3 maande toe 'n verminderde bedrag ontvang. Kry nou al seker so 3 jaar die volle bedrag.
'n Vriend van ons het gegaan…
'n Vriend van ons het gegaan. Dit was ontsettend baie werk, hulle vra baie goed en alles moet net reg wees, anders begin die proses van voor af. Jy mag 'n huis besit, solank jy self daarin bly, dan word dit nie in ag geneem nie. Jy mag tot 'n sekere bedrag in geld hê, ek dink dit is so net onder R2 miljoen. Dan kyk hulle na jou huidige inkomste en uitgawes. Van alles op jou bankstaat moet jy bewyse gee. En briewe kry van mense of instellings om dit te bevestig. Die ou kry ook 'n verminderde bedrag nadat hy maande lank daaraan gewerk het.
Hier is syfers
Hier is die nuutste syfers/vereistes.
Ek kry nie die skakel geplaas nie, maar het vir Arie gestuur, dalk kan hy vir WilSur aanstuur, en Willem kan die skakel/link plaas vir die ander inligting.
Indien jy goed voorbereid gaan, met die regte inligting, en jou plaasslike kantoor is goed beman, is dit blykbaar nie te moeilik nie.
Ja, die bankinfo asook die SARS is gekoppel aan jou ID nommer, en jy kan nie maklik wegkom met wit leuentjie nie. Ek glo ook nie dis waaroor dit gaan nie.
Ek hoop hierdie kan help.

SASSA Pensioen
Hier is die skakel soos deur Oom Frans aan my gestuur, vertrou dit help jou Dassie en ander, hou my ook asb op hoogte, so ekstra R1000 of so is altyd welkom?
Nee sorry, die hele adress…
Nee sorry, die hele adress was daar maar nadat ek gesafe het is dit weg??
Ek sal vir voorie en Willem e pos, glo hulle is baaaaie slimmer as die dom ou man.
Dit was reg Arie…
Dit was reg Arie.
Die is een vir die aflaai - http://www.easydocmerge…^BYU^xdm101&s1=53176079933
Arie die forum sny hom so af…
Arie die forum sny hom so af sodat ons nie al die onnodige letters ens. hoef te sien nie - Tegnologie ![]()
Ek sal maar vir ons "land en…
Ek sal maar vir ons "land en volk" werk tot ek dood neerslaan.
Dit is waarvoor ek op die aarde gesit is.
Om die VOLK te dien na die beste van my vermoee
![]()
Ai Oom Harry,onthou net ek…
Ai Oom Harry,onthou net ek is ook maar net volk, so stuur maar so bietjie aan asb!
Baie hartlike dank
Dis wat van die Forum so n lekker plek maak .Ek se baie dankie vir al die lede wat ge-antwoord het .Ongelukkig vir my is my bates baie meer as die bedrae wat sal maak dat ek kwalifiseer .Om te dink na 41 jaar se werk en belasting betaal kan ek nie n sent eis nie maar burgers wat nie eers in die land gewees het nie kan nou lekker pension trek .Maar niemand het gese die lewe is regverdig nie so ja sal maar berus met my lot
Groete
Dassie, ek kry jou en myself…
Dassie, ek kry jou en myself nou so jammer, ek kom speel sommer saam met jou in daai GROOT sandput!
Sit maar met dieselfde, lyk my dis net die wat nooit gespaar het en vir hul oudag gesorg het wat nou skep.
Ironie is dat ons wat wel gespaar het, het nog belasting op daai spaar geld betaal ook!!





Weet ook nie
Hoop jy kry n antwoord ou dassie