Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

N ernstige vraag

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Ek het gedog ek vra die manne en mannine hier op die Forum .Ek is nou al 4 jaar op pension en het nog nie aan soek gedoen vir Staats pension .Om in daai lang ry te staan by "Home Affairs skrik my heel af .Nou hoor ek mense se dat as jy eindom besit ,reeds n Maatskappy pension kry jy nie kwalifiseer om Staats pension te trek .Is dit n wolhaar storie of nie , soos ek gese het sien nie kans om in daai lang ry te gaan staan en dan weg gewys word oor die gerugte .Help asseblief die lede wat kennis dra daarvan

Groete

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/04/2018 - 06:08

Dassie sover my kennis strek is dit nie 'n wolhaarstorie nie en kwalifiseer iemand wat reeds 'n inkomste het, nie vir 'n staatspensioen nie.  Staatspensioene is bedoel vir die armste van arm bejaardes met geen inkomste nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 26/04/2018 - 07:29

Dassie as jy eiendom besit en n ander inkomste het  NEE 

Aan die ander kant daar is so baie wat dit wel eis op n oneerlike manier selfs mense wat nooit bygedra het tot die land se inkomste nie...  

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 26/04/2018 - 08:02

Dassie jy kan gaan probeer en kyk wat sê hulle, ek het ook gaan probeer en my aansoek terug getrek.

My rede, volgens my sal ek moet lieg, en as hulle my uitvang, gaan ek aan die korste ent trek. 

Daar is twee plekke waar ek maar liewer "true lover" speel, my huwelik en SARS.

SASSA, sover ek weet,  is gekoppel aan SARS.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/04/2018 - 08:07

Ek is nou so 8 jaar op pensioen, en ook al so dan en wan aan die staatspensioen gedink.

Het eendag bietjie op hul website gaan rondloer, dit wil vir my lyk of mens wel kan kry al het jy vaste eiendom en ook 'n inkomste, dit hang af van die waarde va die eiendom en die hoeveelheid inkomste.

Petra besit geen eiendom en het geen pensioen of inkomste vasn bellegings nie, sy het omtrent niks gewerk van ons getroud is nie, maar volgens die website word ons gesamentlike inkomste en die waarde van die eiendom word gelyk tussen ons gedeel en volgens daai kwalifiseer nie een van ek of sy nie?

die web is egter baie onduidelik en ek het nog nie regtig sekerheid nie?

Sal ook graag dit wil ontvang, na al die jare se helse klomp belasting betaal.

Sal bly wees as hier dalk 'n persoon is wat die regte informasie het en met ons kan deel?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 26/04/2018 - 08:24

Jy kan aansoek doen MITS jy nie van enige ander STAATSINSTELLING toelae of pensioen kry nie. Daar is duidleike reël aan verbonde. 

Daar is maksimum bedrae betrokke, wat eiendom werd is, wat se ander rente inkomste jy verdien, is jy binne of buite gemeenskap van goedere getroud, dan word die syfers effe verander.

Dassie, ek sal later vandag vir jou die info probeer e-pos, wat insluit al die dokumentasie jy benodig. Hoop ek kry wel aanhegsel gelaai. Mens kry die info op SASSA se webtuiste, behoorlik uiteengesit.

JY mag dalk verminderde bedrag kry, na gelang van jou totale finansieëke posisie.

Ekself is besig om my goedjie reg te kry, en te gaan toustaan .

Arie, ekskuus, lees nou eers jou plasing, ek stuur later na jou persoonlike e-pos adres toe.

O gaats, ek sien die info is 'n hele 10mb, weet nie of hy maklik gaan stuur nie, ek sal probeer die skakel plaas vir die aflaai direk vann webblad.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 26/04/2018 - 08:51

My broer het 'n familielid gevat om aansoek te deon. Terwyl hy daar staan vra die beampte hom wat van hom. Hy vertel toe dat hy pensioen kry en vertel hom die bedrag. die beampte vertel hom toe dat hy kwalifiseer ook vir die staatspensioen. En hy besit ook 'n huis.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 26/04/2018 - 09:11

My skoonpa verdien ook 'n karige spoorweg pensioen en het die ouvrou gevat vir haar aansoek. Die beampte vra hom toe ook "en wat van jou Oubaas". Hy vertel toe sy storie met pensioen en toe vra hulle vir hom hoeveel dit is en wat van sy medies? Hy se toe dat hy dit ook uit die "pensioen" betaal. Hulle het hom toe vorms laat voltooi en hy het vir 3 maande toe 'n verminderde bedrag ontvang. Kry nou al seker so 3 jaar die volle bedrag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/04/2018 - 09:48

'n Vriend van ons het gegaan.  Dit was ontsettend baie werk, hulle vra baie goed en alles moet net reg wees, anders begin die proses van voor af.   Jy mag 'n huis besit, solank jy self daarin bly, dan word dit nie in ag geneem nie.  Jy mag tot 'n sekere bedrag in geld hê, ek dink dit is so net onder R2 miljoen.  Dan kyk hulle na jou huidige inkomste en uitgawes.   Van alles op jou bankstaat moet jy bewyse gee.   En briewe kry van mense of instellings om dit te bevestig.  Die ou kry ook 'n verminderde bedrag nadat hy maande lank daaraan gewerk het.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 26/04/2018 - 11:43

Hier is die nuutste syfers/vereistes.

Ek kry nie die skakel geplaas nie, maar het vir Arie gestuur, dalk kan hy vir WilSur aanstuur, en Willem kan die skakel/link plaas vir die ander inligting.

Indien jy goed voorbereid gaan, met die regte inligting, en jou plaasslike kantoor is goed beman, is dit blykbaar nie te moeilik nie.

Ja, die bankinfo asook die SARS is gekoppel aan jou ID nommer, en  jy kan nie maklik wegkom met wit leuentjie nie. Ek glo ook nie dis waaroor dit gaan nie.

Ek hoop hierdie kan help.

.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/04/2018 - 12:04

Nee sorry, die hele adress was daar maar nadat ek gesafe het is dit weg??

Ek sal vir voorie en Willem e pos, glo hulle is baaaaie slimmer as die dom ou man.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 26/04/2018 - 13:09

Ek sal maar vir ons "land en volk" werk tot ek dood neerslaan.

Dit is waarvoor ek op die aarde gesit is.

Om die VOLK te dien na die beste van my vermoee

smiley

 

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 26/04/2018 - 16:14

Dis wat van die Forum so n lekker plek maak .Ek se baie dankie vir al die lede wat ge-antwoord het .Ongelukkig vir my is my bates baie meer as die bedrae wat sal maak dat ek kwalifiseer .Om te dink na 41 jaar se werk en belasting betaal kan ek nie n sent eis nie maar burgers wat nie eers in die land gewees het nie kan nou lekker pension trek .Maar niemand het gese die lewe is regverdig nie so ja sal maar berus met my lot

 

Groete

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/04/2018 - 16:29

Dassie, ek kry jou en myself nou so jammer, ek kom speel sommer saam met jou in daai GROOT sandput!

Sit maar met dieselfde, lyk my dis net die wat nooit gespaar het en vir hul oudag gesorg het wat nou skep.

Ironie is dat ons wat wel gespaar het, het nog belasting op daai spaar geld betaal ook!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus