Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Vision 100AH deep cycle batteries ??

Secunda
Submitted by Sleep nou on

More Deon ,Andre en ander forum lede wat hier lees en die Vision battery ken vertel vir my asb is dit n goeie gehalde deep cycle battery soos van julle weet doen ek my huiswerk vir die kamp innie bos.Ek gesels ook more met Led and beyond die bos roep en ek poer poer nog rond. Dankie vir julle terug voer

Dankie vir jou raad Len. Voordeel van  jou yskas en vrieskas werk op gas. Soos jy die fotos van my opset sien gebruik ek 200 watt solarpanel om battery vol te hou vir 12v yskas/ vrieskas, ligte, selfone ens. Rede ek 200 watt solarpanel gebruik is battery vol te hou op onweer dae. 150 Watt is nog bietjie te swak vir onweer dae. Lekker kamp by Eiland

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 23/05/2018 - 16:31

Len, het jy enige veranderings aan jou bestaand bedrading moes maak om die inverter te kon akkomodeur, of is dit net 'n geval van "plug ' play" ?

Ek sal graag meer wil weet, ek oorweeg ook so iets vir my alarm en yskas terwyl ek ry.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 23/05/2018 - 18:18

Baie dankie Deon, ek waardeer jou hulp.?

Dit blyk, uit die twee artikels,dat dit nie werklik vir my die uitgawe gaan regverdig nie. My karavaan se batery is nie op 'n laaier as ek gehaak het nie, en dan kan die batery dalk dood trek teen die tyd dat ek die movers nodig ky.

Ry in elk geval nooit verder as 500 kilometers per dag nie, en het nog nooit met ontvriesde kos gesit nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 23/05/2018 - 18:28

My invertertjie is 'n "plug 'n play" model wat geen ingewikkelde bedrading benodig nie.  Dit word bloot aan 'n 12V stroom iewers gekoppel (so naby aan die battery as moontlik) en walla, jy kan jou elektroniese komponente met 220V laai !

0

Johann L ek het n inverter in my Defender gesit julle weet mos die battery is onder die sitplek so lekker naby die battery en het dik kabel na agter laat loop waar ek dan die karavaan se kabel kan inprop en sodoende kan ek die yskas laat loop terwyl ek ry .By jou bestemming is die yskas lekker koud en dit help ook as ek kamp skuif in die Kruger en jy moet ver ry dan bly die yskas koud .

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 23/05/2018 - 19:01

Len, ek het so paar vrae, 

1. Indien ek so inverter sou kry (pure sinewave), moet ek die uitset krag  (220V) deur die gewone bedrading na die karavaan se 220 V vat,

2. Moet jy, sodra jy by 'n oord / huis of waar ook jy krag inprop, eers die inverter ontkopel?

Ek sal  net moet gaan seker maak my yskas trek min genoeg krag, in sê, 6 uur se sleep, om nie die batery te pap vir die movers te trek nie? 

Andersins moet ek maak soos Deon sê,die batery laai terwyl ek sleep.?

0

Johan L , google by "wiring of dubble battery sisteem". Ek het my bakkie van battery af tot agter by die hak met twee 16mm welding kabel installer met Anderson plug. By die bakkie se battery moet 12V slave soloniod (relay) met 80 Amp fuse  installeer om te verhoed dat vrieskas nie krag nie wanneer bakkie afgeskakel is. Ek het van Middelburg tot by Tuinroete met boswa gsleep sonder probleme en vrieskas nog vries gebly.

0
Pretoria

leeu

Thu, 24/05/2018 - 10:39

Dis 'n lekker onderwerp om oor te gesels want hier is nie een persoon wat dieselfde behoeftes het nie, so dit is baie interesant om te hoor wat elkeen voorsien vir krag in sy wa/ voertuig. Ek het 'n kragboks laat bou en 'n Ctek laaier ingesit, met proppe vir verskillende applikasies, maar noudat ek weer 'n gewone pad karavaan het, verander my behoeftes.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 24/05/2018 - 10:49

Hi oom Leeu, stem saam, lees die draad met aandag. Soos al voorheen vir oom Seg gesê het. Als met solar en off grid vat my aandag. Dit is iets wat ek rerig wil doen en dink aan my planne voor ek aan die slaap raak aan die aand. 

Nie net vir my wa nie, maar ook vir die huis. 

Op die oomblik is dit net planne maak en leer op oom Google soveel ek kan. Met die onlangse huis koop is die finansies nog nie daar nie, maar as ek die huis paaiement gewoond geraak het en weer genoeg opgespaar het is dit sulke tyd.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 24/05/2018 - 11:57

Netjies, ek hou van die meter. As ek my ding gaan doen, gaan ek baie metertjies insit. Dit is vir my lekker om te sien wat aangaan.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 24/05/2018 - 12:51

Ai tog maar 'n man leer vrek baie op die draad!

Ek is so spyt my dae van regtig off road kamp is verby, deesdae sulke nice goed op die mark ek raak skoon jaloers.

Ons het nog begin met so seil kassie onder die watersak om jou botter nie te loperig te kry nie, vleis was altyd 'n probleem en koue bier iets wat nie bestaan het nie?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 24/05/2018 - 19:17

Dit is verseker 'n baie interesante draad, ek lees ook elke inset, en beplan.

Sover, dink ek, ek gaan 'n lekker sterk draad vanaf die altenator na die no 2 sok aan lê. Van daar af na die batery se positief, die negatief is mos reeds gekoppel.

Daarna 'n inverter soos die van Willem en Len, moet nog net uit vind wat maak jy as jy op 220V koppel? 

Nie dat ek wil off grid gaan nie, maar ons beplan om volgende jaar bietjie te toer. Dit sal net help as die yskas koud bly terwyl ek sleep.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 24/05/2018 - 19:26

Johann as jy op 220v koppel is daar nie n probleem nie, ek so dit net nie doen as die wa aan die voertuig gekoppel is nie. 

Verder sal ek seker maak dat daar nie krag na die spaar punt toe gaan as die voertuig nie loop nie anders kan dit die bat. baie vinnig papvtrek as jy by die Spar stop.

Kyk ook mooi na die waardes van die inverter en dit wat die yskas benodig vir die aanskakel slag.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 24/05/2018 - 20:42

Dankie Deon, wat ek aan dink is juis om die draad vanaf die altenator te bring, so behoort die krag af te wees as die kar af gesluit is? 

Okay, dan beteken dit dat ek met omtrend R800 gaan reg kom, die bedrading sal ek self doen. Die 300watt inverter van Midas behoort voldoende te wees, my yskas trek 150watt?

0
Meyerton

Segekok

Thu, 24/05/2018 - 20:46

Johann ek dink jy moet dalk kyk na bietjie groter vir die inverter. Met 150w kan jy dalk 150x 3 moet hê om die yskas te start vir daai kort oomblik.

0

Johann L is waar wat Segekok se 150w gaan dalk bietjie te lig wees .Ek het n 800w inverter in my Landie en hy laat dat yskas loop dat hy na sy ma verlang .Ek ry ook so  al die pad Kruger toe vanaf Durban  direk gekoppel en hy verskaf 220v na die yskas as ek by my bestemming kom is die yskas lekker koud 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus