6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -22 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

Gesins fotos

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek dan nou maar die voortou neem, en begin met die fotos by die name bring.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/06/2018 - 06:36

Mooi Shaun daai kinders en kleinkinders hou jou seker besig jy is geseënd laat hulle loop soos stroop my maat!

Herman, nou hoekom sal jy so handsome gesig laat toegroei onder 'n baard?  G'n wonder Vonnie hou jou so styf vas nie.yes

Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 14:07

Hier is die mooiste lid van my huisgesin, hy het altyd met sy twee tennis balle op die bean bag in my studeer kamer gesit en my aanstaar as ek probeer werk.

Lang stamboek gehad en sy volle naam was Barnato, of barney soos ek hom genoem het.

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 14:24

Gesie, ek het 'n teef ook gehad, ons het altyd 'n waglys van mense gehad wat van hulle afstamelinge wou koop!

Het hom ook soms uitverhuur, en was hy nie bietjie trots op daai diens wat hy kon verskaf nie!!!

Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 14:26

Ek kry g'n niks fotos van Petra nie, ek dink die kamera breek elke keer as ek haar wil afneem?

Hier is maar solank ekke, soek nog vir een van die beter helfte.

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 19/06/2018 - 14:42

Kyk nou net die mooie oom Arie, my skerm het dit survive. smiley.

Ek dink ek het lank terug gelees dat oom gese het een van die moelikste dinge wat oom gedoen het voor oom permanent begin kamp het was om oom se honde op te gee.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/06/2018 - 14:55

Nee kyk, hier is handsome manne op die forum!

Arie, ons het 'n swart Staffie gehad, Basjan, wat ons ook so moes uitleen.   Daarna het ek en Colin so "tan" een gehad, net so mooi.   Sy naam was Schumie, vernoem na Schumaker, die resiesjaer.  O, ek was lief vir daai twee honde!!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus