Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -52 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

FORUM STORIE - *@!$%*@!!

Submitted by Admin on
Forums

 FREDA:

Ai, Anton, baie dankie vir alles wat jy gedoen het.  Die kampforum het vir 'n tydjie geblyk om so 'n groot sukses te wees en dit moet vir jou baie teleurstellend wees om te sien hoe dit vou as gevolg van die dekselse spammers.   Jy het so baie werk en ure daar ingesit.

 Laat ek julle vertel, Vrydag middag toe Philip my se iets is nie lekker op die forum nie toe dog ek dit is seker net weer so 'n vinnige 502 bad gateway error of iets, of dalk weer die verdomde 402 php.post not found error waar mens nie insette kan lewer nie, want hulle word baie gou uitsorteer.

Hier teen Vrydagaand 8pm, so 6 ure later, toe sit ek met my hande in my hare.  Oom Frans was redelik saam in die geveg en ek self was Sat 2am bed toe, nadat ek 3 x 16 reekse spammers moes afveg - nou hoe veg jy spammers af  as jy nie eens as admin kan inlog nie!??  - en dan as die spammer nog op jou eie admin profiel begin snert insette lewer!

Wel, teen 2am was hulle almal weg, maar die forum was nog glad nie reg nie, en ons het 36 ure se data ook verloor!

Ek het glad nie lekker geslaap Vrydag nag nie, rondgerol en slegte drome gehad, my kop was gaar.  Toe ek my oe Sateroggend 6:30 am oopmaak, toe tref die realiteit my!  Die FORUM!! -   hy is in sy moer!

Soos FREDA hierbo noem, al daai ure en werk om dinge aan die beweeg te kry. ...  ek kon nie opgee en dit alles net laat vergaan nie.

So deur die Saterdag oggend begin ek toe met die idee speel oor KampBlad.  Ek weet kampBlad se plaform,Drupal8, is baie sterk en het ook fasilitiete om 'n Forum te bou.  (hierdie plaform is powerfull)  En toe begin ek die Forum hier bou.   Saterdag het ek so 15 ure ingesit en Sondag weer 15 ure.  Ek het die drade begin oorbeweeg en besluit om teen Maandag middag die nuus bekend te maak en die forum aan 10 lede beskikbaar te maak.  Maandag het ek weer amper 8 ure spandeer om drade oor te beweeg.  Ek wil darem he die bekende onderwerpe en alles wat ons so saam gebou het die laaste 5 weke moet behoue bly!

Vanoggend toe ek 6am inlog en ek sien daai 2 spammers wat hulle k@k kom plaas het, toe weet ek na al my twyfel dat ek KampBlad se forum gaan oopmaak aan almal en die ander Fluxbb platform gaan toemaak!

Mense..... ek het afgetjop die laaste 3 dae en my hele linker hand is in die form van 'n PC muis -  maar hier waar ek nou sit moet ek se -  DANKIE SPAMMERS!

Ek is bly dit het gebeur en dat ek so gedruk was om alles oor te bou en hier op KampBlad te plaas.  Hierdie platform is be-F !!    Dit is meer modern, foto's kan direk geplaas word.  Alles is nou Een en hoef ek nie inligting tussen 2 plaforms te beweeg en "LINK" ens nie.   Fluxbb het sy plek gehad, dit was 'n baie vinnige manier om 'n nuwe platform neer te sit en almal bymekaar te kry -  dit was eers 3 weke later dat ek met Drupal begin speel het en dit moes leer ken -   en nou is ons hier.  

Ek persoonlik glo dit is alles positief!  Ek glo julle sal dit hier geniet en dat die plaform ook beter gaan werk vir almal!  

Weereens baie dankie vir julle ondersteuning -  En soos daar voorheen gese was -  die Forum is nie die platform nie - die FORUM is die MENSE!

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 05/04/2017 - 13:22

Baie dankie vir jou harde werk Anton

Dit word opreg waardeer.

Jy het baie meer "guts" as ek. Ek kan nie sukkel nie, dan begin ek goed gooi en skop en tel maar later al die stukke op en gooi in die asblik. :)

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/04/2017 - 20:59

Toe ek hierdie opskrif in die Indeks sien, dog ek dit is nou die eerste forumlid wat sy gaai gewip het en koebaai gesê het !  Gelukkig was dit nie !

Soos jy self gesê het Anton, nou kan jy 'n bietjie skuur aan hierdie platform om dit perfek te maak  -  dit is reeds naby perfek !

Is jy tevrede met die sekuriteit op hierdie nuwe platform dat spammers nie maklik weer kan toeslaan nie ?

0

Len ek moet ook eers bietjie slaap in kry en gaan kyk hoe gaan dit met my vrou en kinders.   

Watse hackers?   hahahahahaah -- nee mens sal nie weet voor die klomp gemors seker hulle luck try nie - spammers gaan nie sommer hier inkom nie.

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Thu, 06/04/2017 - 06:49

Hiert julle Klomp Werfhoenners,

Traai ek Woensdag my luck om aan julle te praat en daar wil hierdie laptoppie nie eers oopmaak op Kampforum nie.

Dog ek so by myselwers -- ek het mos nie soveel poef gepraat dat ek tot in die buitenste ruimtes verban is nie. 

Agv my elektroniese gestremdheid soek ek onmiddelik met die goed die fout by myself maar niks wil werk nie. Los toe maar uit en gaan sit en Martie Martelgat daar in my hoekie.

Gee my beste vanoggend en hier is die Bende. Thanks Dankie Pragtig. Sorry as julle my wou wegjaag maar hier is ek weer.

Anton van my kant af ook BAIE BAIE dankie vir al die ure en frustrasies wat jy moes deurwerk om ons ou spulletjie op die lug te hou.

Hoop SPIDERMAN en sy maatjies se hande verander in vishoeke en hulle familiejewels begin jeuk.

Soos gesê gaan ek nou vir 'n rukkie van die lug af wees maar seblief, as julle dit weer oorweeg om van my ontslae te raak laat weet my net van die rede daarvoor by andresmit@dlsys.co.za -- my werk adres so moenie rondfoeter -- dis 'n Nasionale sleutelpunt en SASS hou jou dop hier. HeHEHE

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 06/04/2017 - 09:07

André, ek het nie geweet korporaals in die Weermag kry ook vakansie nie  -  is hulle dan nie voltyds op vakansie nie ?

Ek sien namens jou al so lank uit na jou vakansie, wanneer is die vertrekdatum en waar is die eerste stop ?

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Thu, 06/04/2017 - 09:48

Nee man Len -- hoe bedoel die Meneer dan nou.

Innie Army kry jy verlof volgens die hoeveelheid werk wat jy doen -- iemand dink ek doen baie want ek kry lekker baie verlof.

Spring hier weg - 

Gariepdam 1 nag , Willows 2 nagte, Keurbooms 2 nagte, Hartenbos 4 nagte, Van Zyls 4 nagte, Leentjiesklip 5 nagte, Ceres, Karoo park 1 nag elk , Bloem 2 nagte en dan huistoe.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 06/04/2017 - 10:46

Oom Voorie, baie dankie vir al jou harde werk en min slaap, lyk my ek sal darem die ding baas raak?

Kyk as ek vir Petra kon baasraak kan ek seker enige iets baas raak?

0

Ek hoop nie LOLLA lees hier nie...

Ek se altyd, om kinders groot te maak is harde en moeilike werk,  maar om my vrou groot te maak is nog harder en moeiliker.   hardloop.....koes.....

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 07/09/2018 - 18:56

En hier kom ek nou weer op die draad af, 'n jaar en nog 'n bietjie later, is ons weer op 'n nuwe "platform", en die spoed van die ene is baie beter.

Weereens, dankie Anton, ons waardeer dit wat jy doen.yes

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 08/09/2018 - 07:05

Jinne Johann vat jy my nou op 'n "trip down memory lane"  smiley

Dit voel of daar BAIE water in die see geloop het sedert hierdie draad geskryf was.   Ek is hier waar ek vandag sit so dankbaar dat die spammers die ou platform vernietig het, ander sou ons nie hierdie lekker een gehad het nie! yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus