Petra bietjie uitgeneem vir 'n lekker ete by die Spens, lekker Eland fillet, met rys en 'n lang sousie, vrek lekker.
Kom ons terug by die wa staan hier 'n groot sak lemoene op die stoep. Kom buurman en vertel my hier het 'n dametjie met 'n LR bakkie ingekom met die bak vol sakke lemoene.
Blykbaar is die mark oorstok en toe kom deel sy verniet hier uit, by elke kamp 'n sak neergesit!!
Vertel my toe ook dit is nie lemoene nie, weet nie wat noem mens dit nie, maar dit is 'n kruis tussen 'n lemoen en nartjie, baie lekker!
Ek noem dit maar 'n Narmoen?
Kyk die wereld het ok maar hulle eie goed hier, van geel waatlemoen, rooi lemoene [kara kara] jaar lemoene en nou nog narmoene.
Arie, dit kan dalk Satsumas…
Arie, dit kan dalk Satsumas wees. Of Clementines. Hulle het albei meer lyf, soos 'n lemoen, maar skil makliker, soos 'n nartjie.
Ja, die markte raak dikwels oorstok met lemoene, dan kry die boere omtrent nie 'n prys nie. Hier in die Ooskaap het boere al bakkie vragte in lokasies gaan uitgooi op die grond, sodat mense hulself kan help. Of Addo se olifante kry dit.
Arie, sover ek weet die…
Arie, sover ek weet die lemoen wat gekruis is met nartjie word Navels genoem. Baie lekker !!
Nee, 'n Navel is 'n opregte…
Nee, 'n Navel is 'n opregte lemoen, geen nartjie in hom.
As jy wil seker maak jou lemoen gaan soet wees, koop Navels. Dit kan pitte hê maar daar is al pitlose kultivars. Satsumas was altyd die kruising tussen 'n lemoen en nartjie, maar daar is ook al ander kultivars ontwikkel.
Daai satsumas, of narmoene…
Daai satsumas, of narmoene is vrek lekker, veral as mens dit verniet kry, dit was 'n lekker verasing!
Die afgelope dae hier was weer eet en eet en lekker kos. Vrydag die jukskei braai gehad, Saterdag lekker Eland filette by die spens ge-eet, gisteraand vir ons 2 kilo prawns op die kole gesit met Mexikaanse rys, en nou so pas terug van die restaurant by Tsippise.
Begin met WARM piri piri hoenderlewertjies [so warm die sweet het van my voorkop af geloop] toe lekker bees rump en afgesluit met sticky puding en room. Lekker verby.
Vanaand sluit ons die naweek af met vetkoek!
Bessef elke dag maar weer hoe geseend is ons hier in SA.
Sien jy Arie
Arie sien jy om op rus te wees en te kamp word daar mooi gesorg virrie pensionnnss
Arie, hulle noem daai goete…
Arie, hulle noem daai goete Clementines, my buurman van Eden park toe ons daar gestaan het boer daar naby Letsilele en ons het daai lekker narmoene of whatever daagliks present gekry by hom.
Heerlik soet en skil lekker af, naartjie op steroids!
boer daar naby Letsilele…
boer daar naby Letsilele
Frik, wie is dit ?
Willem, sy naam is Wikus as…
Willem, sy naam is Wikus Swart as ek reg onthou, ook kampeerders.





Nar moene
Julle moet lekker lemoene eet Arie. Ek bedoel narmoene.