Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -11 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -19 hours ago

Lekker ou Bosveld

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Petra bietjie uitgeneem vir 'n lekker ete by die Spens, lekker Eland fillet, met rys en 'n lang sousie, vrek lekker.

Kom ons terug by die wa staan hier 'n groot sak lemoene op die stoep. Kom buurman en vertel my hier het 'n dametjie met 'n LR bakkie ingekom met die bak vol sakke lemoene.

Blykbaar is die mark oorstok en toe kom deel sy verniet hier uit, by elke kamp 'n sak neergesit!!

Vertel my toe ook dit is nie lemoene nie, weet nie wat noem mens dit nie, maar dit is 'n kruis tussen 'n lemoen en nartjie, baie lekker!

Ek noem dit maar 'n Narmoen?

Kyk die wereld het ok maar hulle eie goed hier, van geel waatlemoen, rooi lemoene [kara kara] jaar lemoene en nou nog narmoene.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 14/07/2018 - 18:09

Julle moet lekker lemoene eet Arie.  Ek bedoel narmoene.  

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 15/07/2018 - 09:06

Arie, dit kan dalk Satsumas wees.  Of Clementines.   Hulle het albei meer lyf, soos 'n lemoen, maar skil makliker, soos 'n nartjie.   

Ja, die markte raak dikwels oorstok met lemoene, dan kry die boere omtrent nie 'n prys nie.  Hier in die Ooskaap het boere al bakkie vragte in lokasies gaan uitgooi op die grond, sodat mense hulself kan help.   Of Addo se olifante kry dit.

0
Richardsbaai
Profile picture for user Stefan

Stefan

Sun, 15/07/2018 - 10:00

Ek is weer geleer dat 'n navel is 'n pitlose lemoen.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 15/07/2018 - 12:20

Nee, 'n Navel is 'n opregte lemoen, geen nartjie in hom.smiley    As jy wil seker maak jou lemoen gaan soet wees, koop Navels.   Dit kan pitte hê maar daar is al pitlose kultivars.   Satsumas was altyd die kruising tussen 'n lemoen en nartjie, maar daar is ook al ander kultivars ontwikkel.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 15/07/2018 - 12:55

Daai satsumas, of narmoene is vrek lekker, veral as mens dit verniet kry, dit was 'n lekker verasing!

Die afgelope dae hier was weer eet en eet en lekker kos. Vrydag die jukskei braai gehad, Saterdag lekker Eland filette by die spens ge-eet, gisteraand vir ons 2 kilo prawns op die kole gesit met Mexikaanse rys, en nou so pas terug van die restaurant by Tsippise.

Begin met WARM piri piri hoenderlewertjies [so warm die sweet het van my voorkop af geloop] toe lekker bees rump en afgesluit met sticky puding en room. Lekker verby.

Vanaand sluit ons die naweek af met vetkoek!

Bessef elke dag maar weer hoe geseend is ons hier in SA.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 15/07/2018 - 15:05

Arie sien jy om op rus te wees en te kamp word daar mooi gesorg virrie pensionnnss 

0

Arie, hulle noem daai goete Clementines, my buurman van Eden park toe ons daar gestaan het boer daar naby Letsilele en ons het daai lekker narmoene of whatever daagliks present gekry by hom.

Heerlik soet en skil lekker af, naartjie op steroids!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus