Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 minute ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Noem geen name nie?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

ek wil nie name noem nie maar ek skryf die stukkie vir iemand op die forum wat mal is oor tennis, en dan spesifiek oor 'n sekere Spanjaard.

Die lang lenige donker Spanjaard stap op die tennisbaan, sy houding spreek van totale selfversekerheid.

Sy skuif reg op haar gemakstoel, neem so klein slukkie van haar Cherraz, haar oe is vas genael op daai lyf, sy voel, voel langs haar om die glas op die tafeltjie nee rte sit, sy kan nie vir ‘n oomblik haar oe van die skerm en HOM wegdraai nie.

Dit is warm op die baan, die donker geheimsinnige man is kaalrug, net so klein kort broekie aan, sy soepel spiere beweeg sensueel soos ‘n slang oor sy bors as hy beweeg, die lenige spiere in sy bo-bene en kuite is so styf sy voel of sy kan kitaar speel op dit. Die son bak op sy lyf, as hy die baan loop en inspekteur, daar vewrskyn so fyn lagie sweet op sy bors, dit laat hom glinster in die son, haar asemhaling raak al hoe vinniger, haar fingers vroetel onwilekeurig in haar hare. Dan…… hy draai sy gesig direk na die kamera, dit lyk of daardie donker sensueele oe direk in haar oe inkyk, sy voel of hy daar haar diepste geheime en verlange kan lees. So warm gevoel begin in die seter van haar lyf, dit versprei oor haar hele ligaam en laat ‘n blos op haar wange. Onwilekeurig lek sy haar lippe af, en sit met so fyn glimlagie om haar lippe.  Met so ligte snak en sagte kreun geluid voel, voel sy weer vir haar glas wyn, neem ‘n diep teug, baie dieper as wat sy bedoel het, maar haar hande bewe, haar liggaam verraai haar. Gevoelens wat sy al van vergeet het spoel deur haar lyf, sy het oe vir niks anders nie, net daai oe!!!!

Dan draai hy weg, draai sy sterk rug op haar, sy moet haar weerhou om nie die skerm te storm en haar hande oor daai rug te streel en haar vingers deur sy hare te stoot. Sy voel soos ‘n tienderjarige bakvissie, so hol kol op haar maag, sy is senuweeagtig en gee kort kort so giggle laggie, sy weet sy tree op soos ‘n bakvissie, maar daai lyf………………………?

Uiteindelik begin die wedstryd, sy weet nie of hy goed of sleg speel nie, sy sien net daai spiere orals oor daai sensueele donker lyf, en dan as hy so op sy tone gaan met sy hande bo in die lug, om aft e slaan, en daai klein witbroekie span so styf oor daai twee pragtige boude, sy snak na haar asem, neem rukerig en bewerig nog ‘n sluk wyn, bessef dan die glas is leeg……………….

Ja nee kyk die Tannie like haar tennis!!!

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus